Stefaans Coetzee

Stefaans Coetzee is ’n skrywer, radio-omroeper en vryskutresensent. Hy reël die Sanctuary Boekfees in Klerksdorp.

Hy is betrokke by liefdadigheidswerk en as ’n aktivis beywer hy hom vir versoening om brûe te bou. Hy bied gereeld mannekampe aan en is diensbaar by #leefliefde.

Oor kortverhale en hul skrywers

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2023-11-21

"Die onbekende stemme staan nie ’n tree terug vir die groot asems soos Francois Bloemhof, Trisa Hugo, Anzil Kulsen en Gerda Taljaard nie. Dalk is dit bloot onkunde, maar my grootste verrassing sover is die digter Clinton V du Plessis se verhaal 'Bonsai'. Hemel, maar die man kan skryf."

Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies

Stefaans Coetzee, Hestelle van Staden Skrywersonderhoude 2023-11-20

"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."

Openbarend: ’n resensie van Minder as water deur Morné Malan

Stefaans Coetzee Resensies 2023-11-06

"Die denkbeeldige Noord-Kaapse dorpie Bitterwater moet ontruim word om plek te maak vir ’n groot dam, en dis konstabel Cheslin Fielies, verbonde aan die Viooldrif-grenspos, se werk om seker te maak dat die inwoners betyds verwyder word."

Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz

Stefaans Coetzee, Marie Lotz Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."

Stefaans Coetzee in gesprek met Madelein Rust

Stefaans Coetzee, Madelein Rust Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek skryf nooit met ’n film in gedagte nie, maar ek geniet dit regtig wanneer lesers vir my sê my boek lees soos een. Van nature skryf ek baie beskrywend omdat die storie wel soos ’n film in my kop afspeel."

Wat is die kenmerke van ’n goeie fiktiewe sluipmoordenaar?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-10-07

"As jy dié vraag vir Bard op Google vra, gee hy drie punte wat ek as volg opsom: ’n Goeie sluipmoordenaar moet op sy voete kan dink en sy opdrag kan uitvoer sonder om gevang te word. Hy is uiteraard ’n meester op verskeie terreine, onder andere gevegkuns, wapens, vermomming, ensovoorts."

The Great Train Race lok meer as fotograwe

Stefaans Coetzee Leefstyl 2023-10-03

"My seuns het ’n ding vir ou motors, so die Heidelberg Great Train Race is vir hulle paradys op aarde. Dit is net klein David wat in my arms spring en skree toe die ou lokomotief soos ’n draak stoom blaas."

Vaders, vaders: Stefaans Coetzee se oorsig van Innibos se eerste Boekenaweek

Stefaans Coetzee Feeste 2023-09-12

"Van alle boekfeeste wat ek al bygewoon en aangebied het, sal die een my ewig bybly. Nie net oor die tema nie, maar oor die hoeveelheid skrywers wat mekaar se gesprekke bygewoon het."

Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-07-25

"Fourie slaag meesterlik daarin om die leser die heeltyd aan die raai te hou. En jou naels te kou."

VivA gebruik kortverhale om talent te slyp

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-04

"Kortverhaalskrywers het ’n platform nodig. Al bestaan die bundels net uit vyf kortverhale, gee dit die skrywers moed om aan te hou skryf, en vestig hul name in leserskringe."

Skryf ChatGPT deesdae dooie mense se boeke?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-03

"Die vrae wat sedert my vrou se opmerking by my spook, is: Hoekom lees ek boeke deur skrywers (meestal onbekend) wat ’n heelal – ongeag of dit Ludlum, Tom Clancy, Vince Flynn, ensovoorts is – aan die lewe probeer hou, lank nadat die skepper dood is?"

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-29

"Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel."

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-13

"Die skrywer stel gewoonlik sy plot soos ’n ervare bommaker saam – booby trap op booby trap."

Mike Nicol se roman The rabbit hole is trots Suid-Afrikaans, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-02

"Alhoewel Fish, die surfer / privaatspeurder wat dagga smous, my sterk aan Vachss se Burke laat dink, is dit sy newekarakters wat die boek as eg Suid-Afrikaans brandmerk en ’n outentieke geur gee."

Nog gedagtes oor die bemarking van boeke

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2023-02-23

"Voordat ek en Anschen Conradie van #uitdieperdsebek vriende geword het, het ek haar op Lekkerleesboekrak gevolg om te sien wat sy aanbeveel. Haar eerlike indrukke het van haar ’n betroubare bron gemaak."

Top