Stefaans Coetzee

Stefaans Coetzee is ’n skrywer, radio-omroeper en vryskutresensent. Hy reël die Sanctuary Boekfees in Klerksdorp.

Hy is betrokke by liefdadigheidswerk en as ’n aktivis beywer hy hom vir versoening om brûe te bou. Hy bied gereeld mannekampe aan en is diensbaar by #leefliefde.

Spanningsbrekers! Die nege lewens van Mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman: ’n resensie

Stefaans Coetzee Resensies 2024-06-12

"Ja, daar is ’n moord, maar dit is Mevrou Smit se vlymskerp tong en haar intrapslag in die piepklein dorpie, Aronspoort, wat my aan die lees gehou het. Alles aan Die fantastiese Mevrou Smit, van die kleurvolle omslag tot die storie, was vrolik. Net so met haar tweede volwasse roman, Die nege lewens van Mevrou Smit."

Stefaans Coetzee in gesprek met Graham Coetzer, skrywer van Hunting with the Hawks

Stefaans Coetzee, Graham Coetzer Skrywersonderhoude 2024-06-07

"In sy 15 jaar as joernalis het Coetzer mense in die polisie ontmoet wat hulle lewens toewy aan hulle werk, ten spyte van nepotisme, politiese inmenging en min resources."

Nog lesersindrukke en idees oor genres wat ’n versadigingspunt bereik

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-05-27

"Soos enige ywerige leser is ek heeltyd op soek na nuwe stemme, maar dan verwag ek dat daardie nuwe stemme my asem moet wegslaan. Dit is hoe ’n genre groei."

Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-03-19

"Waarvan Gilroy nie wegbreek nie, is sy wenresep om sterk sosiale temas aan te pak. Dit gaan oor meer as armoede en domestic noir. In Bloedsomer vlek hy nie net die tema van afwesige vaders oop nie, hy sny ook in die gedagte van vaders wat liefs afwesig moes wees. Ons kry ook ’n indiepte kyk in die soeke na manwees en ’n verlore siel wat enigiets sal doen om te behoort."

It’s always Friday somewhere in the universe deur Joe Kitchen: ’n resensie

Stefaans Coetzee Resensies 2024-03-06

"'Lees die verdomde boek!' Dit sal egter nie werk nie, tensy die Gordon Ramsay van resensente (lees Joan Hambidge) dit verkondig."

Smaakmakers? In gesprek met Stefaans Coetzee oor sy toekenning

Izak de Vries, Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2024-03-04

Netwerk24 het Donderdag 29 Februarie 2024 die wenners bekendgemaak van talle kategorieë smaakmakers. Stefaans Coetzee is as die wenner aangewys in die kategorie "Boeke met NB-Uitgewers". Hoe voel hy oor die term smaakmaker? Kan ons smaakmakers se besprekings van boeke vertrou? En: Hoe word ’n mens ’n smaakmaker?

Dark Horizon deur James Swallow: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-02-13

"Van die beste spioenasierillers skep spanning deur ’n gewone mens in ’n agent te verander te midde van ’n dodelike samesweringskomplot. Lesers identifiseer makliker hiermee as met die hoogs opgeleide black ops-operateurs, aangesien ons almal daarvan hou as die underdog triomfeer."

Stefaans Coetzee gesels met Marecia Damons oor The Thabo Bester story

Stefaans Coetzee, Marecia Damons Skrywersonderhoude 2024-02-05

"In Oktober 2022 het my redakteur, Nathan Geffen, my eenkant toe in die kantoor geroep en gesê hy wil hê ek moet aan ’n tronkverhaal werk. Die besonderhede was vertroulik en ons moes in ’n aparte kantoor weg van die nuuskamer vergader om die storie te bespreek."

Hoekom voer Christene oorlog as hulle (ons) geroep is om lief te hê?

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2024-02-02

"Ons kla wanneer Christene êrens in die wêreld vervolg word – ons moet waak dat ons nie dieselfde doen nie. Christelike vervolging lei niemand na Jesus toe nie."

Sluipmoordenaars en huursoldate: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-02-02

"Gedurende die 'dooie seisoen' in die uitgewersbedryf, lees ek hoofsaaklik boeke wat ek geniet, maar wurm ook ’n paar onbekende kandidate in. Om nuwe skrywers vir die nuwe jaar te identifiseer."

Die juffrou wat kinders laat droom (en lees!)

Stefaans Coetzee, Lina van der Merwe Skrywersonderhoude 2024-01-23

"Toe ek destyds skool voltooi het, het ek nooit gedink dat ek ’n onderwyser gaan uitnooi vir ’n koffie nie. Nog minder dat ons oor skool gaan praat, maar Lina van der Merwe is nie enige juffrou nie."

Blaas asem in jou skryfwerk deur middel van kortverhale

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2023-12-12

"Jip, ek gebruik skaamteloos Hans se ongekende sukses as lokaas om aspirantskrywers aan te moedig om te skryf. Begin by kortverhale, dit is ’n goeie – maar vrek moeilike – medium om in te oefen."

Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-12-11

"As ek nou regtig braaf wou wees, kon ek dieselfde vraag aan die krimikorps rig. Wat laat ’n skrywer se boeke uittroon bo die res? En (ons fluister dit liewers): Is die beste regtig nog die beste?"

Wie mag resensies/lesersindrukke skryf?

Stefaans Coetzee SêNet-briewe 2023-11-28

"Hierdie debat is broodnodig in die tegnologiese era, veral vir groei in die boekebedryf. Ek ondersteun dus die skrywe, al stem ek uiteraard nie saam nie."

Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-11-22

"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."

Top