Trein-evangelis: “God hettie letties en moffies geskape nie!”
2018-09-13"Maa hoekô issit dan net oo die een ding wattie kêk sy mond rek? Die Bybel lê vol van reëls en regulasies van wat mens as Christen mag doen en wat mens nie mag doen nie. En wat djy as mens moet doen om rêrig soes ’n kind van God te liewe. Of lies ôs maa amal ôs Bybel net soes ôs wil?"
Malema sê: “Bring jou AK-47!”
2018-08-30"Wan Mr Malema, jou geskietery stuur ’n vekeere boodskap an jou volgelinge en oek dié wat tien jou party is."
Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 2)
2018-08-21"Toe hulle die kam uit haa hare uit trek, het Sneeuwit wakke geskrik en vi hulle alles vetel wat gebeerit."
Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 3)
2018-08-20"Hy’t toe uitgegan en drie honnerd jakkalse gevang en hulle stêtte twie-twie vas gemaak anmekaa. Hy’t toe ’n fakkel an elke paa stête vasgemaak; hy’t toe die fakkels angestiek ennie jakkalse los gelaat innie graanvelde vannie Filistyne."
Die Zombie Apocalypse
2018-08-15"Die storie van antie Ellen [Pakkies] se struggle wôd op 7 September 2018 landwyd gerelease. Die storie is gebaseer op antie Ellen se liewe en struggle met haa sieen, wat sy finally veloorit deu haa eie hanne."
Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 1)
2018-07-25"Toe antwoortie die spieël: 'My koningin, djy is baie mooi, ek liegie, maa Sneeuwit is baie mooier as djy.'"
Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 2)
2018-07-18"Dis toe die Gies vannie Jirre vi Simson stêk gemakkit dat hy die leeu met sy hanne uitmekaa geskeerit ampe soes dit ’n jong bokkie was."
Bybel in Kaaps: Die storie van Simson (deel 1)
2018-07-18"Die vrou het geboorte gegie an ’n seun en sy naam was gegie Simson. Hy’t opgegroei ennie Jirre het hom gesieën, ennie Gies vannie Jirre het beginte wakke raak binne in hom en hom beginte lei ..."
Bybel in Kaaps: Priedeke 3 en 4
2018-07-04"Twie is bieter dan een, wan hulle kry meedere uit hulle wêk. Assie een val, dan kannie anner een hom optel. Maa kry daai een jamme wat allien is en val en daa is niemand wat kan helpie."
Katrienkie – van hawegirl tot lady deur Cara Blake: ’n resensie
2018-07-03"Vi amal is die healing proeses ’n different ene. But wat Katrienkie vi my gebring het is daai leiding om te sien en te wiet dat ek issie allien in my strugglie. Sy het vi my kô sê sy wiet wat dit is om uit mens se liggaam uit te klim ennit net daa te los waa dit see gekry het."
Sprokies in Kaaps: Rooikappie ennie wolf
2018-06-20"Toe Wolf nou klaa sy lekke brêkfis geïet het, het hy omgedraai en wee trug in Ouma se bed geklim, homself mettie koeberse toe getrek en net daa annie slaap geraak."
Bybel in Kaaps: Priedeke 1 en 2
2018-06-14"Maa nog steeds, toe ek soe alles kyk wat my hanne gedoen het en waavoo ek gewêk het, het alles nog steeds niks bedoelie. Dit was nog steeds ’n gehaloepery agterie wind an."
Bybel in Kaaps: Daniël innie leeukuil
2018-06-04"’n Klip was gebring en oppie opening vannie leeukuil gesit, ennie koning hettie opening geseël met sy seëlring ennie ringe van sy hoofamptenare, soedat Daniël se lot nie veanner kon wôtie."

