Olivia M Coetzee

"Ek is Olivia M. Coetzee, bekent as Livy of Liv depending op wie djy is in my liewe. Ek het my meester graad in Creative Writing klaa gemaak in 2017 by UCT. My eeste boek, Innie Shadows, wot gepublish deu Modjaji Publisher. Connect met my op Facebook hier, of op Twitter hier. Dankie vi jou onnersteuning."

“Met kroes krulle gan ek nêrens!”

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-05-24

"But hoe relate dié dinge trug na hare toe en hoe kallidvroumense nog steeds hulle kroes krulle afstaan, al maakit hulle hoe siek of arm?"

“Huis, paleis, pandok, sinkhok, varkhok”

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-05-17

"Wie se grond is dit wat nou moet trug gegie wôd? En wat is die implikasies van dit? Hoe gannie gawement measure wie moet grond kry en wie nie?"

Skryf soes djy is

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-04-18

"Al treat mense dit soes ’n straatkind. Dis jou taal dié!"

Bybel in Kaaps: Die tien plae (deel 2)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-04-09

"Toe stiek Moses sy stok oo Egipte uit en toe lattie Jirre ’n oostewind virrie hele dag ennie hele nag waai. Tienie oggend hettie wind die sprinkane gebring."

Bybel in Kaaps: Die tien plae (deel 1)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-03-23

"En met magtige dade van oordeel sal ek my volk, die Israeliete, uit Egipte uit bring. 5 Ennie Egiptenaars sal wiet dat ek God is wanne ek my hand uitstiek oo Egipte ommie Israeliete daa uit te bring."

Bybel in Kaaps: Dawid en Goliat (deel 2)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-02-27

"Hy’t toe sy kierie in sy hand gevat, vyf gladde klippies innie stroempie loep optel ennit in sy slingersak gesit, en met sy slingervel in sy hand het hy narrie Filistyn toe geloep."

Bybel in Kaaps: Dawid en Goliat (deel 1)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-02-21

"Daa was bronsskerms voo sy biene en op sy rug het ’n bronsspies gehang. Die steel van sy spies was soe dik soesie dwarsbalk van ’n weefstoel, ennie ysterlem daavan was siewe kilogram."

Die heroes van Dag Zero

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-02-13

"Hoekô praat niemand oorie feit dat die hele wêreld biesag is om warmer te wôd ennie drinkbare water biesag is om skaarser te wôtie? OK, ek wiet mos nou daa is baie mense, hoge mense wat praat oo die global warming stukkie, maa die mense oppie grond vat dittie kop toe nie, wan dis noggie 'Nuus' ie. Nou wanne gannit dan nuus raak?"

Bybel in Kaaps: Die Hooglied van Salomo (deel 4)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-01-31

"Lat ôs vroeg opstan en na die wingerde toe gan, lat ôs gan kyk offie wingerdstokke bot, offie botsels oep is ennie granateboeme bloei, daa sal ek vi jou my liefde gie."

Bybel in Kaaps: Die Hooglied van Salomo (deel 3)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-01-25

"Sy wange soes die kruiebeddings daa waa die lekke kruie groei, sy lippe is soes lelies, wat drup van mirre."

Bybel in Kaaps: Die Hooglied van Salomo (deel 2)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-12-19

"Jou lippe, o my bruid, proe soes
heuningstroep: heuning en melk
lê onner jou tong ..."

Flakka, die Big Days en Bitcoin

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-12-12

"Parties, niewe klere – Krismisklere – en braaivleis en dop, en fireworks, en armed robberies, en alles wat mal is, en swimming pools, en Krismiskaarte, en cheap Krismisboeme, en cheap Krismisprêsens onnerie cheap boem, en maer Vade Krismisse byrie malls. Dis al wee daai tyd, mense."

Bybel in Kaaps: Die Hooglied van Salomo (deel 1)

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-12-06

"Lat hy my soen, oo en oo soen
met die soene van sy mond.
Wan jou liefde is bieter dan wyn ..."

Vi amal wat voel soesie liewe nie meer wêrt issie

Olivia M Coetzee Poësie 2017-11-23

"Dit lyk vi my Got was nog nooit
in parliamentie.
Hy’t nog nooit geluiste na
die lede van parliament
en hoe hulle stry en
baklei oorie geld wattie
hulle s’n issie."

Kô lat ôs praat

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-11-16

"Praat wêk altyd! As djy vi Malema of Zuma volg en djy wiet die bra is vekeert, praat sam jou kaders. Die ding is dié: amal sienie die punt altytie. Hulle is soe veblind deurie haat en wrok wat hulle dra, dat hulle net plek soek om dit iewers of op iemand uit te haal."

Top