Olivia M Coetzee

"Ek is Olivia M. Coetzee, bekent as Livy of Liv depending op wie djy is in my liewe. Ek het my meester graad in Creative Writing klaa gemaak in 2017 by UCT. My eeste boek, Innie Shadows, wot gepublish deu Modjaji Publisher. Connect met my op Facebook hier, of op Twitter hier. Dankie vi jou onnersteuning."

Afrikaans, die baas van die plaas?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-12-13

"En groei sal Kaaps groei, in skryf en in praat."

Bybel in Kaaps: Abram en Lot

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-11-27

"Lot het toe sy oë op geslat en narrie hele Jordaanstreek gekyk, hy’t gesien dat daa oral oogenoeg water was soesie tuin vannie Jirre, soesie land van Egipte soes djy Soar toe gan. Dit was voorie Jirre vi Sodom en Gomorra vewoes het."

Reguit boempies sonner respek

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-11-22

"Dis ʼn skok en ʼn sêdness om te sien hoe die skole deesdae in ʼn toestand is, en mee soe die kinnes. Toe ek op skool gewiesit, was daa maa oek sulke goed, maa daa was nettie smartphones ommie goed te recordie."

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes (deel 2)

Olivia M Coetzee Fiksie 2018-11-15

"'Waa sien djy ’n duif?' vra sy stiefma toe vi hom. 'Maa oek lekke dom, nuh! Ienige mens kan sien dis die son wat tien die skoorstienpotte skyn.' Maa Hansie hettie vi haa kop toe gevattie, en vêder angegan ennie stukkies brood soes hulle geloepit innie paadjie gegooi."

Summe specials en hot deals

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-11-15

"Ek dra hoep vi ’n bietere toekoms in my are. Wan ek sien dan hoe ek die internet gebruik om my eie liewe te vebieter. En ek gloe mos maa altyd, as ek dit kan doen, wat is vekeerd mettie neks pesoon om oek soe te kan maak."

Die P-woord is ’n Kaapse vetaling vannie V-woord.

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-11-05

"Nou om dié te vetaal sê iets innie lyn van voëltjies sing vroegoggend voorie kat. En die gesegde betieken dat as djy te vroeg celebrate dan gan djy veloo. Maa as dit in Kaaps geskryf moes wôd, of selfs in sogenaamde Standaardafrikaans, dan gat dit heeltemal iets anners betieken."

Hansie en Grietjie: ’n sprokiesvehaal geskryf deurie Grimm broes

Olivia M Coetzee Fiksie 2018-10-31

"Naby ’n groot bos het daa ’n arm houtkappe en sy vrou gebly, saamit sy twie kinners. Die seun se naam was Hansie ennie meisie se naam was Grietjie. Hulle was baie arm en het maa gestruggle om te iet elke dag."

Bybel in Kaaps: God maak ’n vebond met Noag

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-10-24

"Vi veetag dae wassie vloed oppie aarde, en soesie water meeder geraakit, het dittie ark hoeg boe die aarde opgelat styg."

Bybel in Kaaps: Die boosheid vannie wêreld

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-10-18

"Wan kyk, Ek gan ʼn watervloed oorie aarde bring om alles wat onnerie hiemel liewe te venietig, elke skepsel wat liewensgies in het. Alles wat oppie aarde is, sal vegaan. Maa Ek sal met jou ʼn vebond oprig: djy moetie ark ingan, djy en jou seuns en jou vrou ennie vroue van jou seuns."

Daa’s ’n roering

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-10-11

"Uncle Ramaphosa se hare raak elke dag al hoe meedere gryser. Hulle sê wanne ’n skip sink dan vlug die rats. Soe, ôs sieke dâm nog okay, wan daa is noggie ’n geskarrel innie gawementie. Of is daa?"

Bybel in Kaaps: Rigtes 16, Simson en Delila

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-10-10

"’n Tyd daana het hy velief geraak op ’n vrou innie Sorekvallei, en haa naam was Delila."

Makataan se anner naam

Olivia M Coetzee Rubrieke 2018-10-03

"Die anner dag, toe hoo ek pe ongeluk hoe mense praat vannie lekke makataankonfyt. Die ding is dié, though: die woord “makataan” wassie gebruikie ..."

Bybel in Kaaps: Genesis 3, die slang

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-09-25

"Nou die slang was mee uitgeslape dan ienige een vannie anner wille diere wat die Jirre God gemaakit. Die slang het toe virrie vrou gesê, “Het God rêrig gesê, ‘Julle maggie van ienige vannie boeme innie tuin ietie’?"

Sprokies in Kaaps: Sneeuwit ennie siewe dwergies (deel 3)

Olivia M Coetzee Fiksie 2018-09-19

"Toe Sneeuwit sien hoe lekke rooi en sappig die appel is, toe water haa mond vi dit. En toe sy sien dattie vrou die een helfte vannie appel iet, toe kon sy dittie mee langer hou nie. Sy’t toe die giftige helfte vannie appel by die vrou gevat."

Bybel in Kaaps: Genesis 4, Kain en Abel

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2018-09-17

"Toe vra die Jirre vi Kain, 'Waa is jou broe, Abel?' 'Ek wietie,' het hy geantwoord. 'Is ek my broe se oppasser?'"

Top