Josua 1
2019-06-19"Hou die Boek mettie Wette vi altyd op jou lippe, en meditate oppit dag en nag, soerat djy alles sal onthou ennit net soe sal doen."
Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen
2019-06-05"Klein Klaas het soe goed gevoel, en gedink maa hoe kwaai hy nie moet lyk om met vyf pêre sy veld te ploegie."
1 Johannes 1
2019-06-04"Nou die boodskap wat ôs van sy Seen af gehoorit, is dat God issie lig, en daa issie ees ʼn klein kolletjie donkete in hommie."
1 Johannes 2
2019-05-29"Die wêreld en alles wat oppit is, wattie mense soe na velang, gat vegaan, maa hulle wattie wil van God doen, liewe vi’ iewig."
Bekkie Tjank, lat Caster moet bedank!
2019-05-23"As ’n internasionale institusie kan sê dat ’n vrou van kleur moet haa natuurlike liggaam anpas met dwelms soedat sy kan saam met anner vroumense haloep ... Maa hoekô dan nou net rêrig ’n vrou wat soe behandel wôd, en dit nog ’n vrou van kleur?"
’n Oepe Brief: vestaan jou storie voo djy wil praat van hoe dom ek en my kallidness is
2019-05-20"Mense van kleur liewe nog elke dag in ʼn oorlogsone, en die kallid anties, sustes en kinnes wat julle soe innie gesig gevat het, ôs moet elke dag, elke God-given day, oo die een of anner hurdle spring om net annie liewe te kan bly."
Die wolf ennie siewe kinners: ’n Kinnervehaal deurie Grimm Broes: Deel 2
2019-04-25"Toe hulle by die weiveld kô, toe sien hulle die wolf wat onnerie boem lê en snork lattie boem se takke biewe. Sy’t tot by hom geloep en hom van alle kante af bekyk. Sy’t toe gesien dat daa iets kriewel en druk in sy dikgevriete mag."
Levitikus 2: Die koringoffes
2019-04-25"Die Jirre het vi Moses gesê, “Wanner iemand vi My ʼn koringoffe wil gie, dan moet hy virrie Jirre vannie beste meel gie."
Watter party sal rêrig die sake van Suid-Afrikaners vorentoe vat ennie net volgens rasgroepe nie?
2019-04-18"En dis al wat mense soek. Amal van ôs. Om gehoo te wôd, en raakgesien te wôd, en om te voel soes ôs menslikheid raakgesien wôd."
Levitikus 1
2019-04-16"Die Jirre het vi Moses geroep en Hy’t met hom gepraat uitie tent waarie Jirre annie Israeliete veskynit."
Is kernkrag die antwoord?
2019-04-10"Met Eskom en sy gemôs is daa sieke baie mense wat biesag is om te kyk na alternatiewe maniere om krag te kry."
Ôs het nog “Musk”-saadjies nodag
2019-04-09"En elke jaa soes ek sien hoe Hoerikwaggo brand, dink ek trug an my grootmense se wysheid. Dit moet brand, virrie oud om te vegaan, ennie niewe om op te staan."
Psalm 139
2019-03-27"selfsie donkete issie donke vi U nie,
die nag sal soe helder wies soesie dag,
wantie donkete is vi U soes lig."
Die wolf ennie siewe kinners: ’n kinnervehaal deurie Grimm Broes
2019-03-25"Maa die wolf het sy swat pote tienie venster gesit, ennie kinners het dit gesien en geskrie, 'Ôs gat nog nooit die deu oepmaakie. Djy issie ôs ma nie, wan ôs ma hettie swat pote nie, en jou pote is swat! Djy issie wolf!'"

