Ôs het nog “Musk”-saadjies nodag

  • 0

Ek het recently die biografie van Elon Musk beginte lies. Die Suid-Afrikaner wat nou rockets bou in Los Angeles. Die man wat biesag is om ’n rocket te bou nie net vi ruimtereisegersie, maa rockets wat kan elke dag mense en goedere die wêreld uit vlieg. Dink jou in om vir ’n nawiek te gat kuier oppie maan, om Maandagoggend wee trug te wies by jou boring wêk. Dis mos nou siekerie iets wat in ôs leeftyf gat gebeerie, maa ’n mens kan mos maa droem. Hy’s self oek biesag om elektriese karre te maak, en een van die goedkoopste karretjies sal jou ’n halwe miljoen rand trugsit, maa ééndag sal dit alle sense maak om soe ’n kar te besit.

Wat vi my uistaan van Musk, is dat hy ’n bietere wêreld wil bou nie net vi die rykste mense op die aarde nie, maa vi amal. Sy droeme is groot, en soe moet ôs amal sinne wies. Die een ding wat Musk gekry het, en wat ôs blerrie nodig het, is mense wat buite die boks kan dink. Mense wat soes Musk kan dink ommie liewe te veanner vi amal in Suid-Afrika, Afrika, en miskien oekie wêreld. Maa hoe gat ôs daa uitkom wanne onnerwys en opvoeding, volgens my, die êgste ly in Suid-Afrika?

Ek wonner of parli se mense ooit gedink het hoeveel tyd en geld hulle môs op hulle fensie klere, en karre, en army troepe, ennie res lat staan en wag innie Kaapse hoofstraat, soes hulle wag vi Jesus se twiede koms.

Ek het wel besef om te kla oo die goed bring niemand nêrens nie. En Musk sal saam my stem oo kla. Die way hoe hy die liewe ankyk, is mettie gedagte dat as djy soek na iets en djy’t ’n skip nodig om tot daa te kô en as daa nie een beskikbaar issie, dan moet djy beginte bou an dit. Maak nou nie saak hoe lank dit jou vattie, of wat dit vattie.

Maa wat anners is daa om oo te praat in die land vol belofte maa min plek?  ’n Plek wat soe mooi is van sien, maa die wortels wat al lankal beginte vrot het. Hulle sê ’n boem sal lank boe die grond bly, al is dit al dood, al het die wortels gevrot, dit sal bly staan. Iets te doen met wetenskap en massa of soe iets.

Daa was kinners wat in een van Belhar se skole in tente moes sit en lee. Vi hulle was daa ’n opsie gecreate. Die onnies hettie net die kinners weggedjaagie. Niee, hulle het gedink annie grotere prentjie. ’n Mens kannie dieselle sê oorie Onnerwysdepartement se terugvoering oo dittie. Maa ek wil vi die onnerwysers sê, “Well done, you deserve a Gold Star.” Wan hulle issie soot mense wat die land se weefstof gat help herstel, sulke mense wat die boks heeltemal vetrap ennie liewe sien as ’n uitdaging.

Ek gloe met my alles dat die mee ôs aandag skenk an ôs se toekomstige leiers, soes daai kinners wat moes les kry in ’n tent, sal dinge vebieter vi amal. Wan die ding is dié, dis moeilik vi mense om ou gedagtes oorie boks te ontlee, wan hulle is dan nou soe lekke gewoond an die boks dat hulle dit sien as hoe dinge moet wies, die normaal!

Maa miskien is die veanneringe klaa biesag om onner ôs voete te gebee, maa wat dit swaa maak om te sien, is dat al wat djy oppie TV sien, is net vewoesting, al wat djy hoo oppie radio is vewoesting, en al wat djy lies innie koerante is net vewoesting. Die ou mense het altyd gesê dat vir ’n saadjie om in ’n boem te groei moet dit uit sy dop uit bars. Daa moet beweging wies, dis hoe dit groei. Elke jaa brand die Hoerikwaggo, dis soes klokslag, wanne die Suid-Ooster waai ennie son stiek. Ek het gelies hoe die Khoi die brande vannie berg vestaan het. Hulle sê dit moet brand soedat die oud kan weg en niewe plante wee kan op. En elke jaa soes ek sien hoe Hoerikwaggo brand, dink ek trug an my grootmense se wysheid. Dit moet brand, virrie oud om te vegaan, ennie niewe om op te staan. Soe, dis sieke oukei vi nou larrit voel soes ôs annie brand is, maa die reën moet kô.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top