Levitikus 2: Die koringoffes

  • 0

1 Die Jirre het vi Moses gesê, “Wanner iemand vi My ʼn koringoffe wil gie, dan moet hy virrie Jirre vannie beste meel gie. Hy moet olyfolie oorie meel gooi en hy moet wieroek daaoo sprinkel. 2 Dan moet hy dit na die priestes vannie nageslag van Aäron bring. Die priestes moet ʼn handvol meel niem saamit ʼn  bietjie vannie olyfolie en allie wieroek. Dit issie deel wattie Jirre moet kry, ennie priestes moetit oppie altaar vebrand. Dit is ʼn  vuuoffe, ennit ruik lekke virrie Jirre. 3 Die res vannie koringoffer wat oobly, moet an Aäron en sy seuns gegie wôd. Dis  ʼn heilige deel vannie vuuoffes wat virrie Jirre gegie wôd. 4 “Wannerie pesoon  ʼn koringoffe wil gie wat hy innie oond gebakkit, dan moet hyrie beste meel gebruik. Dit moet sonner suudieg wies, ronnebroodjies wat met olyfolie geknie is, of roostebrood sonner suudieg waa hy olyfolie op gesmeerit.  5 “Wanne djy  ʼn koringoffe wil gie wat djy op  ʼn bakplaat gebak het, dan moet djy die beste meel en olyfolie gebruik, en daa moenie suudieg by wiesie. 6 Djy moetie brood in stukke briek ennie olyfolie daaoo gooi. Dit is ʼn koringoffe. 7 “Wanne djy ʼn koringoffe wil gie wat djy in  ʼn bakpan gebakkit, dan moet djy die beste meel vat en dit meng met olie.

8 Djy moetie koringoffe bring wat djy soe virrie Jirre gaar gemaakit. Djy moetit virrie prieste gie, ennie prieste moetit oppie altaar offe. 9 Die prieste moetie deel vannie koringoffe niem wattie Jirre moet kry en hy moetit oppie altaar vebrand. Dis ʼn vuuoffe, dit ruik lekke virrie Jirre. 10  Die deel vannie koringoffe wat oo bly moet an Aäron en sy seuns gegie wôd. Dis  ʼn baie heilige deel vannie vuuoffes wat virrie Jirre gegie wôd.

11 Djy moenie suudieg of hiening innie koringoffe sit wat djy virrie Jirre gie nie, wan julle maggie suudieg of hiening in  ʼn vuuoffe virrie Jirre vebrantie. 12 Julle mag suudieg of hiening virrie Jirre gie. Dit issan  ʼn offe van julle beste dinge. Maarit maggie oppie altaar kommie, wannit sallie virrie Jirre lekke ruikie.

13 Djy moet oek sout oo al jou koringoffes gooi. Djy moetie vegiet om sout by jou koringoffes te sittie. Die sout issie tieken vannie vebond met jou God. Djy moet sout gie saamit al jou koringoffes.

14 “Wanne djy virrie Jirre  ʼn koringoffe gie, dan moet dit vannie koring wies wat djy eeste afgesny het, dit moet vars koring wies wat djy gebraai of gestampit. Djy moet dit gie, dit issie koringoffe uitie eeste koring wat djy afgesnyit. 15 Djy moet olyfolie daaby sit en djy moetie wieroek boe-oo sprinkel. Dit issie koringoffe. 16 Die prieste moet dannie deel vannie vars koring ennie olyfolie saamit allie wieroek vebrand ,dit issie deel wattie Jirre moet kry. Dit is  ʼn vuuoffe virrie Jirre.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top