Psalm 139

  • 0

Virrie koorleier. Van Dawid. ʼn Psalm.

1 Jirre, U het my deurgesoek,
en U ken my.

2 U wiet wanne ek sit en wanne ek opstaan.
U ken my gedagtes van vê af.

3 U ken my soe goed, my gan en my kô,
elke oemblik wiet U waa ek is.

4 Voo ʼn woord op my tong kan veskyn,
Jirre, wiet U al klaa wat ek wil sê.

5 U sluit my in van voo en agte,
en U lê U hand van seën boe-op my.

6 Sulke goed is te wonnelik vi my,
dit is te hoeg vi my om rêrig te vestaan.

7 Waa sal ek kan gan
om van U gies weg te kô?
Of waahien sal ek kan gan om van U
teenwoordigheid af weg te kô?

8 As ek opgat hiemel toe, dan is U daa,
as ek my ʼn bed loep maak en lê
daa onner innie doderyk, dan is U daa.

9 As ek opstyg oppie vlêke vannie dagbriek,
as ek moet gat bly annie annerkant vannie siee,

10 selfs daa sal U hand my lei,
U regtehand sal my vashou.

11 As ek moet sê, “Maggie donkete my ooweldig
ennie lig nag wôd om my,”

12 selfsie donkete issie donke vi U nie,
die nag sal soe helder wies soesie dag,
wantie donkete is vi U soes lig.

13 Wan U self het my diepste wese gemak,
U het my gevorm in my ma se baarmoeder.

14 Ek loof U ommat U my
soe spesiaal en wonnerlik gemaakit.
U wêke is wonnerbaa,
ek wiet dit alte goed.

15 My biene wassie van U weggestiek nie
toe ek daa gemaak was innie stille plek,
toe ek anmekaa gesit was daa innie dieptes vannie aarde.

16 U oë het my ongevormde liggaam gesien,
allie dae wat ek moet liewe was in U boek opgeskryf
nog voorat een van hulle daa was.

17 U gedagtes is baie kosbaar vi my, o God!
Hulle is soe baie!

18 As ek hulle moes tel,
sou hulle meer wies as sandkorrels!
Wanne ek wakke skrik, dan sal ek nog steeds by U wies.

19 As U nettie slegtes sal uitroei, o God!
Gat weg van my af, julle moodenaars!

20 Hulle praat van U met slegte planne,
u vyande misbruik U naam.

21 Moet ek hulle nie haat wat vi U haatie, Jirre?
Moet hulle my nie walg wat tien U wil opstaanie?

22 Ek het niks anners as haat vi hulle nie,
wan U vyande is my vyande.

23 Kyk my deu, God, en ken my hart,
toets my en ken my onrustige gemoed.

24 Kyk of daa ienige sondige neigings is in my,
en lei my oppie iewige pad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top