Is kernkrag die antwoord?

  • 0

Met Eskom en sy gemôs is daa sieke baie mense wat biesag is om te kyk na alternatiewe maniere om krag te kry. Ek wiet ek is biesag om te kyk, maa dit lyk maa na nog ’n pypdroem wat net nooit sal kan manifesteer in my hede nie. Sonkrag en windkrag is annie top van my lys, om vi Eskom te help reg te maak wat hulle gebriek het. Ek mien maa, wat soek djy in ’n wêk as djy nie rêrig die wêk kan doen of rêrig visie het vi wat vorentoe lê nie.

Maa dié wat ôs mos nou amal in die donke gat sit en wag vi Eskom om sy vinger uit sy hol uit te trek, is daa mossie te veel wat mens rêrig kan doen innie donke dan grootmensedinge nie. Nou grootmensedinge strek mos van jou kop wat dwaal oo allie geld wat djy nie hettie wat djy moet trugbetaal. Dan is daa die wêk wat djy nie te heppie oo issie, maa djy’s te lygat om rêrig jou droeme te volg, soe elke dag staan djy maa op om wee op jou droeme te gat sit agte ’n komputer, en wêk vir ’n baas wattie rêrig jou sien as mensie, maa as ’n nommer wat moet betaal wôd. Dan is daa die kinners wat djy moet voo sorg, of dis jou ouers, of dis jou troeteldiere wat nou self oek moet op medies wies. En dan is daa miskien, as jy nog tyd het vi die man of vrou wat langs jou lê, ’n bietjie gekafoefel, wat miskien kan lei tot nog proebleme toe.

Dan warrie djy oorie skaduwee wat innie donkerte jou hele liewe kan kô wegdra, nie net die TV wat nou slimmer as djy issie, maa die skottel tien jou dak, ennie duur goed wattie kombuis ennie voohuis vol staan wat djy nog an betaal. Dan warrie djy nog oo die kos in jou freezer, wan oem Jan onner innie pad se hele drie maane se vleis het vrot geraak na sy freezer gat bom het na Eskom vir ’n nog ’n kee die krag afgesit het, wan wat gat djy dan doen, wan jou Woolworthskaat en jou kredietkaat is moeg gekoep. En dan wôd die warries nog êgere, wan nou moet djy warrie oorie 15%-vehoeging wat oek nou sy kop uitgestiek het.

Soe met dié wat Eskom vi ôs bewys dat om sonne krag te sit, help vi niemantie, wonne ek hoe lank die gawement gat vat om vi ôs amal te sê dat die oplossing vi Suid-Afrika kernkrag is. Is drie jaa trug wattie baas van Necsa gebrêk het oo hoe ’n goeie ding kernkrag sal wies vi Suid-Afrika. Ek mien vi iemand om te sê dat daa g’n nut is vi die veskaffing van sonkrag of windkrag nie, wan om sonkrag te maak is daa nie nodig vi onodige klompie mense om wêk te doen nie. Soe om te sê dat sonkrag en windkrag op ’n groot skaal voo te stel in Suid-Afrika gat mos niemand helpie.

En ek vestaan natuurlik dat wêkskepping baie belangrik is in Suid Afrika, maa wat gat dit baat dat daa wêk geskep wôd dee iets wat baie maklik kan skief loep? Kyk maarie ongelukke wat byrie Chernobyl- en Fukushima-kernkragstasies gebeerit.

Kernkrag kan wêk skep, en dit kan die prys wat mens betaal vi krag veminner, dit kan die oplossing wies wat die gawement an beurt gat lat goed lyk, maa tot watter einde?

Die kultuur om dinge te kyk net vi nou en nie wat oo 50 jaa of 100 jaa sal gebeerie, gat annie einde vannie dag ôs lekke annie gat byt. Veskoon my, ek dink dit byt ôs al klaa annie gat. Kyk maa net hoe flenters geskee is Eskom se broek. Dis dié wat ôsie visie het oo wat kernkrag an ôs land gan en kan doenie.

As die leiers net soe ’n bietjie visie kan kry oo wat die afvalstowwe van kernkrag sal doen annie natuur en oek ôs as mense wat om daai kernstasies moet bly, sal hulle miskien sien hoe dit innie long run vi ôs baie duurder sal kos dan om wind- en sonkrag op ’n groot skaal te veskaf. Ôs kan siekerlik an mee kreatiewe maniere dink om wêk te skep in Suid-Afrika. Volgens my is die bou van nog kernkragstasies in Suid-Afrika die begin van die einde. Ek hoep daa is somme vele anner wat kan sien wat ek van praat.

Ek is Livy vannie Rive, dankie vi julle onnersteuning.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top