Levitikus 1

  • 0

Vooskrifte vannie brandoffe

 1 Die Jirre het vi Moses geroep en Hy’t met hom gepraat uitie tent waarie Jirre annie Israeliete veskynit. 2 Die Jirre het gesê, “Djy moet virrie Israeliete sê, ‘Wanne een van julle virrie Jirre ʼn offe wil gie, ennie offe is ʼn dier, dan moet hy ʼn bies of ʼn skaap of ʼn bok gie. 3As sy offe ʼn bies is, dan moetit ʼn gesonde bul wies. Hy moetie bul bring voorie tent waarie Jirre annie Israeliete veskyn soedatie Jirre die offe van hom kan anvaar. 4Dan moet hy sy hand oppie kop vannie offedier sit, soedatie Jirre sy offe kan anvaar en sy sondes kan vegiewe. 5Dan moet hyrie bul net daa voorie Jirre slag, ennie priesters vannie nageslag van Aäron moetie bloed na die altaar toe vat ennie bloed tienie altaar spat, die altaar wat voorie tent is waarie Jirre annie Israeliete veskynit. Hulle moet dit oral rondommie altaar spat.

6 Die pesoon wattie offe gie, moetie bul slag en hy moetie vleis in stukke sny. 7Die priestes vannie nageslag van Aäron moet vuu maak oppie altaar en hulle moet hout oppie vuu pak. 8 Hulle moet dannie stukke vleis oppie houtvuu sit wat oppie altaar is, hulle moet oekie kop ennie vet oppie vuu sit. 9 Die pesoon wattie offe gie, moetie pote ennie binnegoed was ennie prieste moet dan alles oppie altaar vebrand. Dit is ʼn brandoffe wat met vuu gemaak is, en dit ruik lekke virrie Jirre.

10 “Wanne iemand ʼn skaap of ʼn bok gie om ʼn brandoffe te wies, dan moet hy ʼn ram gie sonner ienige siektes. 11Hy moetie ram voorie Jirre slag, langsie noordekant vannie altaar, ennie priestes vannie nageslag van Aäron moetie bloed tienie altaar spat, oral rondommie altaar. 12 Die pesoon moetie kop vannie ram afsny en hy moetie vet afsny. Hy moetie vleis in stukke sny, ennie prieste moet alles langs mekaa oppie vuuhout sit wat oppie altaar is. 13 Die pesoon moetie binnegoed ennie pote was, ennie prieste moetit alles offe en vebrand oppie altaar. Dit is ʼn brandoffe, dit ruik lekke virrie Jirre.

14 “Wanne iemand virrie Jirre ʼn voëlbrandoffe bring, kies dan ʼn tortelduif of ʼn jong duif om te gie. 15 Die prieste moetie duif narrie altaar toe bring. Hy moetie duif se nek omdraai ennie kop oppie altaar vebrand. Hy moetie duif se bloed tienannie kant vannie altaar uitdruk. 16 Daana moet hyrie krop ennie vere vat ennit annie oostekant vannie altaar innie as loep gooi. 17 Hy moetie duif se vlerke ampe afskeu, maa hy moetie die vlerke heel afskeurie. Dan moet hyrit oppie altaar vebrand. Dit is ʼn brandoffe gemaak met vuu, ennit ruik lekke virrie Jirre.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top