
Imagine vi jou Afrikaans kry sy “regte” naam. ’n Naam wat praat van hoe wyd die taal rêrig gepraat wôd en van waa dit af kô. Nie ’n naam wat met ’n swaa geskiedenis innie rondte loepie, maa een wat wys hoeveel wôtels, stamme en takke die massiewe boem rêrig het. Of sal ôs maa net vêder stap mettie storie dat Afrikaans is die Baas van die Plaas?
Die anner dag skryf iemand ’n comment oo hoe Kaaps ’n taal op sy eie is, wan dis nogal moeilik om die taal te vestaan in sy geskrewe vorm. Ek was soe heppie om daai comment te lies en toe dink ek maa mense, ôs eie mense wietie ees dattie taal wat hulle praat is ’n “regte” taal met “status” ie. Mense wat dik Kaaps praat, voel hulle praat Afrikaans, en wie kan dan vi hulle blameer om soe te dink? Ek sit vemiddag met ’n dogtertjie wat elke dag by ôs familiehuis ’n draai kô maak, wan hie is daa genoeg plek vi haa om net haaself te kan wies. Sy val in die 8–12-ouderdomsgroep. Sy hou van lies, sê sy, “maa iemand het my library kaartjie gesteel”. Sy bly draai ommie stack boeke wat op my lessenaar staan.
“Kan ek maa ’n boek lies, Olivia?” vra sy toe. Ek trek toe die dunste boekie innie lot uit, en soes ek dit vi haa gie, sê ek toe: “Maa dié is ’n ‘grootmens’-boek. Djy sal sien wanne djy lies dat som vannie woorde wat hulle gebruik, het djy nog nooit van gehoorie. Maa try maa. En kom vra my wanner djy vashak,” sê ek toe.
Ek sien toe hoe sukkel sy mettie lees van daai boekie, en ek roep haa toe en sê ek het iets anners vi haa om te lies. Ek en sy beginne lies toe die Grimm-broes se sprokiesvehale. Sy lies toe, maa dit gat swaa en soes sy die woorde uitklank wat sy gewoond is om elke dag te sê, vra sy my: “Maa hoekô wôd dit soe geskryf?” Sy lag toe toe ek haa vra maa hoekô mag dittie soe geskryf wôd ie.
Sy lies toe die storie vêder hardop en dit voel toe soes sy minner sukkel om die woorde hardop te lies. Dis soes haa stem ligtere klink – of miskien is dit net iets wat my hart na velang. Sebastiaan se woorde kô trug na my toe: “Dis hoekal die mense wat self die taal praat wat tienie kar gat skop.” En soever is dit nog net soe. Sy sê toe sy ken die woorde, maa vra toe wee: “Hoekô wôd dit soe geskryf?”
En waa is daa dan ’n antwoord anners dan om in ’n akademiese tesis te veduidelik hoekô Kaaps, en hoekô dit nou die tyd is vi Kaaps, en hoekô sprokiesvehale in Kaaps, en hoekô die Bybel in Kaaps en soe an. En hoekô ôsie nodig het om te sê ja dis net ’n variasie van Afrikaansie, wan dis vekeerd om soe te sê. Let us be honest about this! Wan Kaaps kommie van Afrikaans affie.
Maa dissie die skryf en vetaal in Kaaps wat my rêrig soe lat dink het oo Kaapsie. Dis met daai comment wat in Afrikaans geskryf was dat ek vi myself wee kô realise dat Afrikaans issie my moedertaalie. Afrikaans is soes ’n twiede of dêre taal wat ek as babatjietyd af geleerit. My moeder se taal is Gariep-gemix-met-Kaaps, en my opgroeitaal is Kaaps, maa nêrens op skool was ek in een van dié tale geleerie. Ek het ’n Afrikaans-les gehad elke dag waa ôs gedigte en “trappe van vergelyking” geleerit, maa daa is min wat ek kan onthou van dit. Ek het gesukkel om daai Afrikaanse comment te vestaan, net soes ek sukkel om Nederlands en Duits te vestaan. Ek moes dit ’n paa kee lies voo ek die betiekenis gekry het. En dis daa wat ek rêrig my eie taal se belangrikheid kô vestaan. Dis daa wat dit huis toe geslat het vi my.
Ek kan nou vestaan hoekô som skrywers, en anner taalkundiges wat saam my op uni gewies het, daai keuse maak om hulle wêk of navorsing volledig in Engels uit te gie, selfs al briek hulle etiese reëls. Wan Kaaps is mos ’n swaa taal om te skryf, en wie wil dan nou in iets skryf wat nog steeds gesien wôd as die straat se taal. Wan baie mense vestaan dittie wanner hulle dit liesie. En volgens baie, wanner djy dit lies moet djy dit hardop lies om daai ritme te kry. Maa ek dinkie dat dit net oorie ritme issie. Wanne mens ’n niewe taal leer, dan is hardop lies en hardop klank maa deel vannie leer van ’n taal.
Ek sien uit na die dag wanne Kaaps status kry om as skoolles gegie te sal wôd. Waa kinners die taal kan leer net soes hulle Afrikaans en Engels leer. Of miskien moet die owerhede mos nou maa net vi Afrikaans en Kaaps bymekaa sit. ’n Gemix van tale, of hoe? Sien dat Kaaps mos nou ’n jong skryftaal is. Maa daa moet sieke baie duidelike grense getrek wôd. Soedat die een nie boe die anner een getrek sal wôd ie. Dis mos nou hoe dit vi allie klompie jare gedoen wôd. Wan Afrikaans kô mos vannie “slawetaal” af. Maa ôs hettie nodig om te discuss hoekô Afrikaans sy status gekry het, en hoekô Afrikaans soe gegroei het en Kaaps maa net daa oppie strate gebly hettie. Ôs sallie nog vêder daaoor blêrie. Wan hie is ôs nou. En vorentoe gat ôs stap. En groei sal Kaaps groei, in skryf en in praat.
Dankie virrie onnersteuning.
Ek is Livy vannie Rive. Bly te kenne.

