Olivia M Coetzee

"Ek is Olivia M. Coetzee, bekent as Livy of Liv depending op wie djy is in my liewe. Ek het my meester graad in Creative Writing klaa gemaak in 2017 by UCT. My eeste boek, Innie Shadows, wot gepublish deu Modjaji Publisher. Connect met my op Facebook hier, of op Twitter hier. Dankie vi jou onnersteuning."

Bybel in Kaaps: Die boek van Rut

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-11-10

"'Ek hettie mans gesê om jou uit te los, ennie lastig te wiesie. En wanne djy dôrs is, gan na die watekruike toe en drink vannie wate wattie wêksmense vi hulle geskep het.'"

Bybel in Kaaps: Romeine 12

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-11-03

"Liewe in vriede met mekaa. Moenie te trots wiesie, maa wies gewillig om te meng met mense wat minner as djy het. Moenie vewaant wiesie."

Waarom die Bybel in Kaaps?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-10-04

"Miskien gie dit mense hoep, mense soes daai vrou wat innie warme son voo daai cash loans gesit en wag het. Miskien kan hulle oek hoep kry ommie liewe differently te sien, as hulle die woord van God kan vestaan in hulle eie taal."

Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 2

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-10-04

"Dit vesieke Ek julle: Wie in my gloe hettie iewige liewe. Ek issie brood wat liewe gie." Lees en luister Olivia M Coetzee se Bybel in Kaaps-vertaling.

Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 1

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-09-14

"Hulle het Hom toe met oepe arms oppie boot ontvang, en toe hettie boot by die land angekom waanatoe hulle op pad was." Lees en luister Olivia M Coetzee se Bybel in Kaaps-artikel.

Die Afrikan droem

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-09-07

Luister hier na Olivia M Coetzee se rubriek – hierdie keer is haar rubriek mondeling en nie geskrewe nie.

Bybel in Kaaps: Die Ôse Vader

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-08-15

"Ôse Vader wat innie hiemel is ..."

Bybel in Kaaps: Die Tien Gebooie

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-07-06

"Djy sallie anner gode het as ekkie. Djy sallie vi jou beeldjies innie vorm van ienige iets wat boe innie hiemel of onner oppie aarde of wat onner innie waters is, maakie."

Dis mos tante Eva se skuld innie Bybel, maa wat van oem Adam?

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-06-21

“En dis ôs amal se plig om dit te maak stop! Soe as djy ken van ’n oem Adam, of djy sien of hoo van oem Adam ennie goed wat hy doen, niem aksie. Al is dit jou pa of jou man, offie pries, dit maakie saakie.”

Luiste-’n-slag-dag

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-06-06

"Soes ek daai oggend op daai stasie gestaan het, het ek gedink an daai vrou wat onner daai trein se wiele gelê het. Ek het gewonner oo haa storie en hoekô sy besluit het om te spring. Ek het gewonne hoekô sy nie wee proebee hettie."

’n Wens vir winter

Olivia M Coetzee Rubrieke 2017-05-10

"En dis wee daai tyd, tyd virrie Kaap se koue om ’n draai te kom maak. Die gawement speculate oorie water wattie winterseisoen gaan bring en baie van ôs is gewarried oorie water wat ôs wee moet in slaap."

Bybel in Kaaps: Die kruisiging van Jesus

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-04-19

"Van twaalfuur tot drieuur toe hettie maan voorie son in gegan ennie hele namiddag wassie land in duisternis."

Die plan om vi Jesus dood te maak

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-04-07

"Oppie eeste dag vannie Fees van Ongesuurde Brood toe kommie dissipels na Jesus toe en vra: 'Waa wil U hê ôs moet gan regmaak vi U ommie Paasmaal te iet?'"

Bybel in Kaaps: 1 Korintiërs 13

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-03-06

"Al praat ekkie tonge van mense of engele,
maa ek hettie liefde nie,
dan is ek maa net ’n stuk klinkende metaal,
of ’n galmende simbaal."

Bybel in Kaaps: Bergpredikasie

Olivia M Coetzee Bybel in Kaaps 2017-03-01

"Innie selle way, laat jou lig voo anners skyn, soedat hulle jou goeie werke kan sien en julle se Vader wat innie hemel is kan veheerlik."

Top