Bybel in Kaaps: Die Ôse Vader

  • 5

Matteus 6

Onnerig oorie gebed: Die Ôse Vader

1 Jesus  was iewes op ’n plek biesag om te bid. Toe hy klaa was toe sê een van sy dissipels vi hom: “Jirre, lee ôs hoe om te bid, soes Johannes oek sy dissipels geleerit.”

2 En Hy sê vi hulle: “Wanne julle bid, sê soes dié,

Ôse Vader wat innie hiemel is,

laat u Naam geheilig wôd,

laat u Koninkryk kom.

laat u Wil geskied,

soes innie hiemel,

en net soe oek oppie aarde.

3 Gie ôs vedag ôs daaglikse brood;

4 en vegiewe ôs sondes, soes ôs vi hulle vegiewe wat

 ootrie tienoo ôs.

En lei ôsie in vesoekingie,

maa velos ôs vannie bose.

5 En hy sê vi hulle: “Sê nou een van julle het ’n vrind, en djy gan innie middel vannie nag na hom toe en djy vra, ‘My bra, lien my drie brode, 6 wan ’n vrind van my wat op reis is, het by my angekom, en ek het niks om vi hom te gie nie.’ 7 En jou tjommie sê vi jou van binne af, ‘Moenie vi my lastig vallie! Die deur is al gesluit, en my kinners en ek is al innie bed. Ek kannie nou opstaan net om vi jou dit te gie nie.’ 8 En ek sê vi julle, al sou hy nie opstaan en dit vi hom gie omdat hy sy vrind issie, sal hy tog opstaan en hom alles gie wat hy nodig het, omdat hy anhou vra.

9 “Ek sê vi julle,vra, en dit sal vi julle gegie wôd, soek, en julle sal kry wat julle soek, klop ennie deur sal oep gemaak wôd vi julle.

10 Elke een wat vra, kry; en elke een wat soek, vind, en vi elke een wat klop, sal oepgemaak wôd.

11 Is daa ’n pa onne een van julle wat as sy seun vi brood vra, vi hom ’n stien sal gie? Of as hy vra vir ’n vis, sal hy hom ’n slang gie in plaas van ’n vis?

12 Of as hy vra vir ’n eie, sal hy vi hom ’n skerpioen gie?

13 As julle dan, wat goddeloos is, wiet om vi julle kinners goeie dinge te gie, hoeveel mee sallie Vader innie hiemel nog gie nie? Hy sallie Heilige Gies gie vi dié wat vra.”

Jesus en Beëlsebul

14 Jesus het op ’n kee ’n duiwel uitgedryf uit iemand wat nie kon praatie. Net nadat die duiwel uitgegan het, het die stom man beginne praat, ennie mense het hulle vewonner.

 15 Maa ’n paa van hulle het gesê, “Hy dryfie duiwels uit, maa hy doenit mettie hulp van Beëlsebul, die chief vannie duiwels.

16 En anners, wat Hom wou toets, vra toe vi Hom ’n tieken uitie hiemel uit.

17 Maa hy’t hulle gedagtes geken en vi hulle gesê, “Elke koninkryk wat tienoo ditself vedeeld is, gan te gronde; en ’n huisgesin wat onne hulleself vedeeld is, spat uitmekaa uit. 18 As Satan dan oek met homself vedeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Julle sê mos ek dryf duiwels uit mettie hulp van Beëlsebul. 19 Nou as ek dan deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, hoe dryf julle seuns die duiwels uit? Dus, hulle bewys self dat julle vekeerd is.

20 Maa sien dat ek mettie vinge van God die duiwels uitjaag, dan hettie koninkryk van God mos tot by julle gekom.

21 Wanne ’n stêk man homself goed bewapen en sy huis bewaak, dan is al sy besittings veilig. 22 Maa wanne ’n stêkere man dan hy kom en hom oowin, niem hy allie wapens van hom af waain hy vetrou het, en vedeel sy besittings as buit. 

23 Hy wattie saam my staanie, staan tien my. En wie nie saam met my die skape bymekaa maakie, jaag hulle uitmekaa uit.

24 Wanne die vuil gies uit ’n man uit gan, swerf hy deur droë plekke op soek na sy rusplek. As hy dittie kry nie, sê hy, “Ek gan trug na my huis waa ek uitgegan het.” 25 Hy kom-an trug en kry it skoon en annie kant. 26 Dan gan hy en vat met hom siewe anne gieste wat nog slegter as hy is, en hulle trek in en gan bly daa. Annie einde is so ’n man slegter as wat hy annie begin gewies het.

27 Toe Jesus nog biesag was om te praat, het ’n vrou hard uitgeroep uitie groot groep mense uit, en sy’t vi Hom gesê, “Geseënd issie vrou wat U in haa liggaam gedra het en an haa bors gevoed het!”

28 Maa hy sê toe, geseënd is hulle wattie woord van God hoor en onnerhou.

Die tieken van Jona

29 Toe die mense anmekaa saamgedrom het, het Hy vi hulle gesê: “Die is ’n slegte geslag. Hulle vra vir ’n tieken, en daa sallie ’n tieken gegie wortie, behalwe die tieken van Jona, die profeet. 

30 Wan soes Jona ’n tieken was virrie mense van Nineve, soe sallie Seun van die mens dit wies vir die geslag.

31 Die koningin vannie suide sal oppie oordeelsdag opstaan saam mettie mense van vandag, en tien hulle getuig. Wan sy het vannie uithoeke vannie aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luiste. En hie staan een wie grote dan Salomo is! Die mêse van Nineve sal oppie oordeelsdag opstaan saam mettie mense van vedag en tien hulle getuig. Wan hulle het dan hoekal oppie prediking van Jona hulleself bekee.

En hie staan Een wat grote is as Jona!

Die lig vannie liggaam

33  ’n Mens stiekie ’n lamp an en sittit dan weg in ’n kelde of onner ’n emmerie. Niee, djy sit dit op ’n staander, soedat die mense wat binnekom, die lig kan sien. 34 Die lamp vannie liggam issie oeg, dis hoekô wanne jou oeg goed is, issie res van jou liggam vol lig; maa wanne jou oeg sleg is, issie res van jou liggaam oek vol donkerte.

35 Dis hoekô djy moet oppas dattie lig wat in jou is nie donke issie.

36 As jou hele liggaam vol lig is, en as daa nie ’n stukkie donke issie, sal dit heeltemal opgehelder wies, soes wanne ’n lamp jou met sy skynsel ophelder.

  • 5

Kommentaar

  • Theresa Hills

    Ek is DRINGEND op soek na 'n Khoisan/Griekwa/Naro-bybelvertaling.
    Kan jy my asb help met informasie? Groot asseblief.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top