Bybel in Kaaps: Johannes 6, deel 1

  • 2

"Christ walking on the sea" deur Amédée Varint

Johannes 6

Lees hier deel 2 van Johannes 6.

Die vemeedering vannie brood

Na al die dinge het Jesus oo die Sie van Galilea gegan, wat oekie Sie van Tiberias genome wôt.

2 ʼn Groot klompie mense het hom gevolg, wan hulle het die miriekels gesien wat hy annie siekes gedoenit.

3 Jesus het toe die berg op gegan, en daa gan sit met sy dissiepels.

4 Die Paasfees vannie Jode was naby.

5 Toe Jesus opkyk, toe sien hy die groot klompie mense wat op pad is na hom toe, hy sê toe vi Filippus, “Waa kan ôs brood gan koep lat die mense kan iet?”

6 Hy’t net soe gesê om hom te toets, wan hy’t self gewiet wat hy gan doen.

7 Filippus het toe geantwoord, “Twie honnerd rand se brood issie ees genoeg om elke een van hulle ʼn stukkie te gie nie.

8 Een vannie anner dissiepels, Andreas, die broe van Simon Petrus, sê toe vi Hom, 9 “Hie is ʼn laaitie met vyf garsbrode en twie vissies, maa wat is dit vi soe baie mense?”

10 Toe sê Jesus, “Laat die mense gan sit.” Daa was baie gras op daai plek ennie mense het gan sit. Die mans allien was ampe vyf duisend.

11 Daana het Jesusie brood geniem, Got daavoo dankie gesê ennit beginne uitdeel annie mense wa daa gesit het, en net soe oek soeveel vannie vis as wat hulle wou hê.

12 Nadatie mense amal vol ge-eet was, het hy vi sy dissiepels gesê, “Maak allie stukke bymekaa wat oogebly het, soedat daa niks velore kan gan nie.”

13 Hulle het dit toe bymekaa gemaak, ennie ooskietels vannie vyf garsbrode het twaalf mandjies volgemaak nadat die mense kla geïet het.

14 Toe die mense sien die miriekels wat Jesus gedoenit, het hulle gesê, “Hy is mos rêrig die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes gekommit.”

15 Toe Jesus sien dat hulle hom met geweld wil kô vat om hom Koning te maak, toe maak hy lat hy uitie pad uit kom en gan toe vêder die berg op, Hy allien.

Jesus loep oppie sie

16 Toe dit aand wôt, toe het Jesus se dissiepels sie toe gegan, 17 en in ʼn bootjie gan klim en hulle het toe oorie sie gegan na Kapernaum toe. Dit was mos al donker en Jesus was nog steedsie trug by hulle nie.

18 Soe hettie sie beginne onstuimig raak, ommat daa ʼn stêk wind beginne waai het.

19 Toe hulle soe vyf of ses kilometers ver geroei het, sien hulle toe vi Jesus wat oppie sie loep en na die boot angekom, en hulle het toe bang gewôt.

20 Toe sê hy vi hulle, “Dis Ek, hoekô raak julle bang.”

21 Hulle het Hom toe met oepe arms oppie boot ontvang, en toe hettie boot by die land angekom waanatoe hulle op pad was.

Die Brood uitie Hiemel

22 Die volgenne dag toe die mense, wat nog annie anner kant vannie sie was, sien dat daa net een bootjie was, het hulle gewiet dat Jesus nie saamit sy dissiepels gegan hettie, maa dat hulle allien gegan het.

23 Daa het toe anne bote van Tiberias af gekom, naby die plek waa hulle die brood geïet het nadat die Jirre daavoo dankie gesê het.

24 Toe die mense sien dat Jesus nie daa issie, en oekie sy dissiepelsie, het hulle innie bootjies geklim en na Kapernaum toe gegan, om vi Jesus te gan soek.

… Vevolg volgenne wiek

  • 2

Kommentaar

  • Ek sal graag wil weet op wie hierdie werk gemik is. Ek begryp Bybelvertalings in inheemse tale, maar kan nie die kloutjie by die oor bring oor een in gewone spreektaal nie. Kaapsafrikaans is vir my logies en prettig as dialoog, maar as teks misluk dit myns insiens. 'n Roman, byvoorbeeld, in hierdie Afrikaans dink ek nie sal veel inslag vind nie, nie by die, veronderstelde, teikenmark van bruin Afrikaanssprekendes nie. Hulle is immers almal Standaardafrikaans magtig, soos die Engelse Cockneys en die Europese dialeksprekers hul eie onderskeie standaardtale kan lees, skryf en praat; trouens, soos ek dit sien slaan 'n groot deel volwasse bruin mense oor na Engels en stuur hul kinders na Engelse skole. Selfs Adam Small het ingesien dat dit nie kunsmatig opgehef kan word nie. Dit sou wees soos om die taal van Jakes in Du Plessis se Siener te erken as 'n eie taal.
    Veg ons dan nie vir die behoud van Afrikaans nie? Moet dit nie verbrokkel en verswak nie.

  • Avatar
    Lynette Steen

    Me Sadler, ongelukkig moet ek van jou verskil. Hierdie Volksafrikaanse vorm is net so kosbaar soos die suiwer vorm. Dis so kosbaar soos die verskillende dialekte in Engels. Wil jy vir my kom vertel die Irish moet nou pure British praat? Nee, hierdie is pragtig! Ek verlustig my daarin en lees dit hardop. Dis musiek in my ore. Dis ‘n musikale taal. Ek is jammer as dit nie jou hartsnare roer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top