Daa’s ’n roering

  • 0

Dis vannie treins wat miskien een vannie dae amal gecancel gat wôt, met Metro "Fail" wat miskien hulle pemit gat veloo om mense innie ronte te trein. Dan is dittie dagga-situasie wat ’n paa mense die dinges in het regoo Suid-Afrika. En dan is daa die gemeenskappe wat opstan tien oorie geweld wat hulle elke dag moet tien staan.

Ek is te bly om te sien dattie Rail Safety Regulator gat iets doen oo PRASA en hoe hulle die hele mense wattie treine gebruik vir ’n "ride" vat. Miskien doen hulle dit, miskien nie, maa ek is bly dat daa nou gekyk wôt na dit. En soes gewoontlik moet daa mos eeste iets groots gebee voo daa iets gedoen wôt annie saak. Maa wat sal gebee as PRASA sy pemit moet veloo? Dissie ’n storie om te imagine nie. Dis sieke maa goed dat dagga of dachab nou halfpad legal is. Op soe ’n manier kan ôs amal mos maa net ’n paa puffs vat voo ôssie strate moet anvat om byrrie wêk te kôm.

Die mense se borste is warm, hoo! En hulle is reg vi ’n ding. Baie mense is bang vi ’n nog ’n Zimbabwe, ek dink die gat lieleker lyk dan Zimbabwe se situasie, in daai tyd toerie wit mense uit Zim uit weg gedjaag was. Die is die mense en communities wat opstan tienie gawement, nie tien ’n anner rassie. Maa imagine djy vi jou om te bly in ’n oorlogsone elke liewe dag van jou liewe. Dink jou in om op elke hoekie en draaitjie oo jou skouers moet te kyk, wan assitie ’n tik-kop issie, dan issit ’n bullet, of ’n siek man wat jou wil anval. En mense gat an ommat Dachab gelegalise was vi persoonlike gebruik. Dachab moet gelegalise wôt vi publieke gebruik. Dit moet somme innie water gesit wôt, wan at least gannie crimes veminner. Het djy al ’n dik geroekde mens gesien? Ek praatie vannie drugs wat in ’n lêb gemaak wôttie. Ek praat van saadjies en plantjies wat vannie groot God af kô. Ek dink rêrig ôs hettie Jirre nodig, en innie plant sal jou nader bring. Vra maa net my vooouers, hoe rustig hulle geliewe het, en hulle het somme lekke die Dachab gebruik.

En ja, ek wiet. Amal is mos nou nie vir die gebruik vannie plantie. En ek vestaan dit, wan van kleins af wôt djy gelee innie skole offie kêkke dat dagga is die gateway drug virrie res. Ek is jamme, but Dachab het my nie gelee van heroine of coke of tik doenie. Dachab het my oekie gelee van wyn drink of somme lekke kan chain smokie. Nee, dit wassie Dachab nie, wan onthou sigarette en drank is een vannie grootste dwelms in Suid Afrika en dis heeltemal legal, en hulle het my die pad gewys na dwelm-middels toe.

Maa dit sal goed wies as ôs net amal kan asem haal. Wan niemand hou dan vi ôs optogte soes hulle dit doen vi Syria of daa innie anne lande waa die bomme vallie. Hie vallie bomme nie, maa mense val elke dag van bullets wat wie wiet van waa af kô. Ennie Minister vannie polisie, eish! Hy stuur aire meraan trokke in ommie community mense wat betoog te kô mishandel dan ommie gang violence te stop. Djy moet dan jouself vra maa het die man dannie oek sy hand in die koekie. Die violence tussen gangs gannie oo wattie, maa oo wie kan waa drugs en goed vekoep. Ek praat nou van dwelms wat mens gemaak is. ’n Mens moet beginte question waa kry die laaities ennie gangs hulle guns, en bullets. Wil djy my sê alles wôt gesteel, en wanne dit gesteel wôt investigate die polisie maa hulle kry niks? Ha ah! Daai hoedjie van daai minister ... Daa is ietsie lekke daa nie.

En miskien is dit dom om te dink dat iets soes Dachab vi ôs kan help. Maa nou moet mens sieke uitie boks uit beginte dink wan die gawement sit met hulle hanne in hulle hare, of ôs se broeksakke, ennie Rand, wel die Rand, wel, sy’s op ’n vakansie oord naby die maan nie gewarried oo ôssie. Ek willie sien hoe ôs dan gat suffer wanne PRASA sy permit veloorie. Wan die miljoene mense wat elke dag die ekonomie moet lat wêk kannie by die wêk kommie, en hulle kannie geld maak om wee in die geld masjien te druk soedat dit wêkkie.

PANIC! PANIC! PANIC!

Uncle Ramaphosa se hare raak elke dag al hoe meedere gryser. Hulle sê wanne ’n skip sink dan vlug die rats. Soe, ôs sieke dâm nog okay, wan daa is noggie ’n geskarrel innie gawementie. Of is daa? Ôs kyk maa hoe lykkit oorie neks ses maande, hoepenlik sallie Rand wee trug kô aarde toe en miskien kan mens dan ’n bietjie van ’n breather kry, wan shoo. Ek’s glat bang om innie winkels in te loep, te skaam dattie honnert rand in my hand gat te min wies vi dit wat ek nodig het.

Ek is Livy vannie Rive. Dankie virrie onnersteuning.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top