Bybel in Kaaps: Priedeke 3 en 4

  • 0

Priedeke 3

3 Vi alles is daa ’n seisoen, en ’n tyd vi alles onnerie hiemel:

2 ’n Tyd om gebore to wôt, en ’n tyd om dood te gan, en ’n tyd om te pluk dít wat geplant was,

3 ’n Tyd om dood te maak, en ’n tyd om gesond te raak, ’n tyd om af te briek, en ’n tyd om op te bou,

4 ’n Tyd om te huil, en ’n tyd om te lag, ’n tyd om te rou, en ’n tyd om te dans,

5 ’n Tyd ommie klippe weg te smyt, en ’n tyd ommie klippe bymekaa te maak, ’n tyd om te omhels, en ’n tyd om weg te bly van omhelsing,

6 ’n Tyd om te kry, en ’n tyd om te veloo, ’n tyd om te hou, en ’n tyd om weg te smyt,

7 ’n Tyd om te skeu, en ’n tyd om vas te wêk, ’n tyd om stil te bly, en ’n tyd om te praat,

8 ’n Tyd om lief te hê, en ’n tyd om te haat, ’n tyd van oolog, en ’n tyd van vriede.

9 Wat kryrie wêkers af van hulle wêk? 10 Ek het gesien dat Got oppie mens die swaa taak gelê het. 11 Hy’t alles mooi gemaak op daai ding se tyd. Hy’t oek annie mens die gedagte gegie lat hulle vestaan wat veiewig is, maa nog steeds kannie een vestaan wat Got gemaak het van begin na einde toe nie. 12 Ek sien dat daa is niks bieter vi mense as om hêppie te wies en om goed te doen tewyl hulle liewendig issie. 13 Dat elke ene van hulle mag iet en drinkie, en oek plesier kan kry in allie wêkke wat hulle doen, dis oek ’n geskenk van Got af. 14 Ek wiet dat alles wat Got doen sal vi iewig staan, niks kan bygesit wôt of weggevat wôttie. Got doenit soe soedat mense bang kan wies vi Hom.

15 Wat hie is was klaa hie,
en wat nog moet kô was oek al klaa hie,
en dis Got wat lat gebee wat kla gebeerit.

16 En ek het iets anners in die wêreld gesien.
Waa daa moet reg geskied is daa onreg,
innie plek van geregtigheid is daa ootrieding.

17 Ekkit vi myself gesê: “Got sal reg uitgie oo hulle wat reg en vekeert is,
wan daa is ’n tyd vi alles, en soe oek ’n tyd om oodeel oo elke ding.”

18  Ek het vi myself gesê: “Dis self deurie mense dat Got hulle toets, soedat hulle kan sien hulle is maa net soesie diere. 19 Die mense se lot is dannie selle soesie lot vannie diere, dieselle lot wag vi altwie. Soesie een doodgan, moetie anner een oek doodgan. Hulle asemie selle asem, mense issie bieter af dannie diere nie. Alles kô tot niks. 20 Amal gan narrie selle plek toe, amal kô van stof af, en soe sal amal wee stof raak. 21 Wie wiet offie gies van mense opstyg boentoe en offie gies van diere afsak onner toe?”

22 Soe het ek dit gesien dat daa niks bieter is vi ’n mens om hom of haa wêk te genietie, wan dis hulle lot. Wan wie kan vi hulle vat om te wys wat na hulle sal gebee?

Priedeke 4

Vi wie wêk ek my soe klaa?

4 Ek het toe wee gekyk en gesien allie vedrukking wat angan innie wêreld.
Ek hettie trane van hulle gesien wat afgedruk is,
en hulle hettie iemand wat hulle troosie,
wannie krag en mag was annie kant vannie verdrukkes,
en hulle het niemand wat hulle helpie.

2 Toe het ek besluit dattie dooies, hulle wat al kla dood is,
is hêppier as hulle wat nog liewe.

3 Maa bieter af dan altwie issie een wat noggie gebore issie,
wat noggie die vullis vannie wêreld gesien hettie.

4 En ek het gesien dat allie moeite wat mense maak om sukses te kry is ommat hulle jaloers is op ’n anner. Dit kô oek tot niks, ’n gehaloepery agterie wind an.

5 Die dwase vou hulle hanne en soe bewêk hulle hulle eie onnergang.

6 Hulle sien een hand vol rus bieter dan twie hanne vol wêk. Oek dit is ’n gehaloep agterie wind an.

7  En weëens het ek in die wêreld gesien nog mee wat tot niks kô.

8 Daa was ’n man stoksie allien, hy’tie ’n seun of ’n broe gehattie. Hy’t nooit ophou wêkkie, maa al sy rykdom het hommie hêppie gemaakie. “Vi wie wêk ek,” het hy gevra, “en vi wat hou ek myself weg van plesier af?” Van dit kô daa oek niks, dit bly net ’n donke saak!

9 Twie is bieter dan een, wan hulle kry meedere uit hulle wêk.

10 Assie een val, dan kannie anner een hom optel. Maa kry daai een jamme wat allien is en val en daa is niemand wat kan helpie.

11 Soe oek, as daa twie is wat saam gan slaap, dan kan hulle mekaa warm hou. Maa hoe sal een wat allien is warm wôt?

12 Soe oek kan een ooval wôt, maa twie kan mekaa bystaan en trug baklei. ’n Tou gemaak van drie toue sallie somme gou briekie.

Lees oek:

Bybel in Kaaps: Priedeke 1 en 2

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top