Bybel in Kaaps: Die skrif tienie muur

  • 2

Erkenning: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Belshazzars_feast_by_Rembrandt.jpg

Daniël 5

Die skrif tienie muur

5 Koning Belsasar het ʼn groot iete gegie vi duisende van sy hoofamptenare en hy’t saamit hulle wyn gedrink. 2 Toe hy beginte dronk raak toe gie hy die opdrag dattie goue en silwebiekers wat sy pa Nebukadnesar uittie tempel van Jerusalem gevat het, moet gelat haal wôd soedattie koning, en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy houvrouens daauit mag drink.

3 Soe het hulle toe die goue biekers wat uitie tempel van God in Jerusalem gevat was gebring, ennie koning, en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy houvrouens het daauit gedrink. 4 Soes hulle die wyn gedrink het, het hulle die gode van goud en silwe, van brons, yste, hout en stieen geprys. 5 Skielik toe veskyn daa toe ʼn mensehand wat toe beginte skryf het tienie gepleistede muu vannie paleis reg ookantie kersligstand. Die koning hettie hand dop gehou soesit geskryf het. 6 Sy gesig het spiewit geraak en hy’t soe bang geraak dat sy biene beginne lam raak het en hy’t soe gebiewe dat sy knieë tien mekaa beginte kap het.

7 Die koning het kliphad geskrie lattie towenaars, die sterrekykers ennie voospellers ingebring moes wôd. Toe sê hy vi hulle, “Wie oekal van julle wat kan lies wat hie geskryf staan en vi my kan sê wat dit bedoel sal in koninklike klere angetrek wôd en ʼn goue ketting sal om sy nek gehang wôd en hy sallie dêre hoegste wies wat innie koninkryk regeer.”

8 Toe het allie wyse manne ingekô, maa hulle konnie die skrif tienie muur liesie of virrie koning sê wat dit betiekenie. 9 Dit het net vi koning Belsasar banger gemaak en sy gesig het al hoe witter geraak van bang wies. Die grootkoppe wat vi hom wêk was net soe vebaas.

10 Die koningin het gehoorie stemme vannie koning en sy hoofamptenare, en het toe die ietsaal binnegestap. “Maggie koning ve’iewig liewe!” het sy gesê. “Moenie soe bang wies en bliek lykie. 11 Daa is ʼn man in u koninkryk wattie gies vannie heilige gode in hom het. Innie tyd van jou pa was daa gesien dat hy ʼn slimkop was, dat hy insig en wysheid gehad het, net soesie gode. Jou pa, koning Nebukadnesar, het hom self angestel as hoof vannie towenaars, die voospellers, die sterrekykers ennie sieners. 12 Die man Daniël, vi wie die koning die naam Beltsasar gegie het, het ʼn skêp gedagte gehad, en kennis en ʼn vestandhouding oo dinge, en hy kon oek droeme veduidelik, en hy kon proebleme oplos en raaisels uitwêk. Lat roep vi Daniël, en hy sal vi u kan sê wattie skrif betieken.”

13 En soe was Daniël toe voorie koning gebring, ennie koning het vi hom gesê. “Is djy Daniël, een vannie kinners van gevangenes wat my pa, die koning, uit Juda uit gebring het? 14 Soes ek gehoorit issie gies vannie gode in jou en dat djy insig het, en baie slim is, en buitegewone wysheid het. 15 Die wyse manne ennie towenaars was tot voo my gebring ommie skrif te lies wat geskryf is en dan moes hulle vi my sê wat dit betieken, maa hulle kon dittie an my veduidelikie. 16 Nou, ek het gehoo dat djy kan dinge uitlê en moeilike proebleme oplos. As djy kan lies wat hie geskrywe staan en vi my sê wat dit bedoel, dan sal djy in koninklike klere angetrek wôd en ʼn goue ketting sal om jou nek gehang wôd, en djy sallie dêrre hoegste innie koninkryk wies wat sal regeer.”

17 Toe sê Daniël virrie koning, “U kan maa u geskenke hou en gie u beloning maa vi iemand anners. Maa moenie warrie nie, ek sal nog steeds virrie koning lies wat hie staan en ek sal oek vi hom sê wat dit betieken. 18 Die allehoegste God het an u pa, Nebukadnesar, koningskap en mag, roem en eer gegie. 19 Ommat Hy an hom die mag gegie het, het allie nasies ennie mense van elke taalgroep gebiewe vi hom, en was hulle bang vi hom. As hy iemand wou doodmaak het hy doodgemaak; as hy iemand se liewe wou spaar het hy dit gespaar; as hy wou iemand vehoeg dan het hy soe gemaak, en as hy iemand wou veneder dan het hy dit gedoen. 20 Maa sy hart het hoegmoedig en vewaand geraak, hy’t sy koningskap veloo en hy’t sy roem veloo. 21 Hy was weggejaag vannie mense se sameliewing af en het soes ʼn wille dier geraak; hy’t saamitie wille donkies gebly en hy’t gras ge-iet soesie bieste; en sy liggaam was deurie nag se dou nat gemaak. Dit het soe angegan totdat hy erken het dattie allehoegste God allienlik mag het oo allie koninkryke oppie aarde en daaoo anstel vi wie-ever oek hy wil anstel.

 22 “Maa u, Belsasar, sy seun, u het noggie uself gehumbelie, al het u al die goed gewiet. 23 U het eeder vewaand opgetrie tienie God vannie hiemel. U hettie biekers van Sy tempel na u toe gebring, en u en u hoofamptenare, en u vrouens en houvrouens het wyn uittie biekers uit gedrink. U hettie gode van silwe en goud, van brons, hout en stieen, wattie kan sien, of hoo, of vestaanie geprys. Maa u gie nie eer annie God wat u liewe in sy hanne hou en agter dit kykie.

24 Dis hoekô hy die hand gestuurit om die skrif tienie muur te skryf.

Die skrif tienie muur

25 “Dit issie woorde wat geskrywe was:

MENE, MENE, TEKEL, UPHARSIN.

26 Dit is wat die woorde betieken:

 Mene: Got hettie dae van u koningskap getel en ʼn einde daa-an gemaak.

27 Tekel: u is geweeg en te lig gevind.

28 Peres: u koninkryk is vedeel en annie Mediërs ennie Perse gegie.”

29 Toe gie Belsasar die opdrag dat Daniël in koninklike klere angetrek wôd, en dat ʼn goue ketting om sy nek moet gesit wôd, en hy was uitgeroep assie dêre hoegste regeerder innie koninkryk.

30 Daai selle aand toe wôd Belsasar, die koning vannie Galdeërs doodgemaak, 31 en Darius, die Mediër, het oppie ouderdom van twie en sestag die koninkryk oogevat.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top