Volbloedliefde deur Marilé Cloete, ’n resensie
2026-01-28"Marilé is ’n ou hand wanneer dit oor die beskrywing van karakters se lyflike bewuswording van mekaar gaan."
Om ’n hart te tem deur Ciska Olivier: ’n resensie
2026-01-26"Om ’n hart te tem sal menige leser inspireer. Dis ’n teer liefdesverhaal en laat ’n mens glo dat nuwe beginne wel moontlik is en dat daar iets moois uit tragedies kan voortspruit."
The essence of success deur Greg Mills en Emanuele Pirro: ’n resensie
2026-01-13"Vir my is die kernboodskap van The essence of success: Mense kom altyd eerste, bo mag, roem en rykdom. Leiers wat dít besef, hou die sleutels van sukses in hulle hande."
Die stadsmeisie en die plaasjapie deur Beatrix de Villiers: ’n resensie
2025-12-09"Daar is nie enige dramas, geskiedenis en verlore liefdes of kanse wat gebruik word om hulle huidige optredes en sienswyses mee te motiveer nie. Dis net ’n ongekompliseerde storie tussen twee mense wat mekaar opnuut leer ken en waardeer."
The wealth ladder deur Nick Maggiulli: ’n resensie
2025-12-09"Ek beveel The wealth ladder aan as ’n nugtere beskouing oor rykdom wat elke persoon behoort te lees. Dit is leersaam en interessant en laat ’n mens na rykdom kyk op ’n holistiese, inklusiewe wyse. Daar is veralgemenings, maar die doel heilig die middele."
Die lysie-man deur Salma Swanepoel: ’n resensie
2025-11-20"Die milieu word baie goed beskryf – van die bibbernagte, die helder sterreprag en kampe waarin skaap aangehou word. Dit het vir my gevoel ek was daar op die plaas en het saam weggelê aan skaaptjoppies en Jan Ellis-poeding."
’n Lesersindruk: Wicked smart deur Douglas Kruger
2025-11-18"Juis daarom gaan steek ek graag kers op by individue wat hierdie beginsels en vaardighede op die oog af onder die knie het. Hulle wat die pad stap op ’n manier wat moeiteloos lyk, asof sukses na hulle toe aangetrek word."
Versamelaar van verlore drome deur Frenette van Wyk: ’n resensie
2025-11-17"Die held, ’n antikwariese versamelaar, bied aan om die heldin te help om ’n ou, waardevolle viool op te spoor. Deur die loop van die storie word familiegeheime, -vetes en -skandes opgediep."
Hart onder arres deur Judy Troskie: ’n resensie
2025-10-20"Hart onder arres is veel meer as net ’n liefdesverhaal. Dit is ook ’n spanningsverhaal propvol intrige en gevaar."
Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal
2025-10-16"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."
Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer
2025-10-15Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel."
Winterwens deur Lizelle von Wielligh: ’n resensie
2025-09-18"[Lizelle von Wielligh] skryf Winterwens uit beide die held, Paul, en die heldin, Lianca, se oogpunte. Sodoende kry haar lesers tot in hulle tone lekker, want hulle het voorste-ry-sitplekke om die ontvouing van die ontluikende verhouding waar te neem."
Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie
2025-09-17"Net toe ek dink alles tussen hulle is verby, gebeur daar iets met Douw wat my weer laat dink die verhouding sal hervat word, of Maya sal haarself verder in ’n situasie dompel waaruit sy nie sal kan wegstap nie. Dis hierdie fluktuasies, heel geloofwaardig ook, wat my die bladsye laat omblaai het om te lees wat volgende gebeur."
In gesprek met Antoinette Venter oor die Kinders van die gode-reeks
2025-08-20"Mitologie is nie net ou stories nie. Dis ’n spieël vir die menslike hart. Dit help ons verstaan hoe mense dwarsdeur die eeue heen sin probeer maak het van lyding, liefde, dood en hoop. Dis die soort dinge wat ek glo kinders regtig laat nadink, selfs tussen al die aksie en avontuur."
Om Karolien te beskerm deur Elsa Winckler: ’n resensie
2025-08-20"Elsa Winckler ken die Romanza-leser se hart. Sy weet wat vroue van innerlike genoegdoening laat sug wanneer die held en heldin mekaar uiteindelik vind."

