Louise Viljoen (JBay)

Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

Soen my, cowboy deur CM Christians: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-08-12

"Ek kon nie anders as om ’n sug van innerlike genoegdoening te slaag toe ek die laaste sin lees nie."

Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2025-07-23

"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."

’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-23

"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."

Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."

Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."

Fanie os oppie jas: ’n onderhoud met Fanie van der Merwe

Louise Viljoen (JBay), Fanie van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-05-02

"Wat ’n terneerdrukkende gedagte – om my paspoorte vir altyd te moet ingee. Ek skat daar is net een plek waar ek gediend sal wees met só ’n maatreël, en dis in die hiernamaals!"

Stefaans Coetzee gesels met Louise Viljoen oor Toevlug

Stefaans Coetzee, Louise Viljoen (JBay) Skrywersonderhoude 2025-04-22

"Ek dink elke karakter in Toevlug verdien ’n boek van hulle eie. Elkeen se lewensverhaal het die potensiaal om verder ontwikkel te word. Dalk omdat ek hulle as gewone, kwesbare persone uitgebeeld het – mense wat lief en leed deurgemaak het en ook foute begaan het."

Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-04-22

"Die 'gaan hy?' en 'sal sy?'-momente word heerlik uitgerek en skep verwagting, afwagting en spanning."

Kaalvoet sielsgedagtes: ’n onderhoud met Milanie Vosloo

Louise Viljoen (JBay), Milanie Vosloo Skrywersonderhoude 2025-02-12

Milanie Vosloo gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Dagstukboeke het ’n spesiale, baie persoonlike en spesifieke plek in mense se harte. Dis nie net ’n middel tot ’n doel nie. Mense lees dit oor en oor en jaar na jaar en vind – soos hulle deur hul eie reis leef – moed, krag, troos en raad."

Kom saam: ’n onderhoud met Sonja Goldberg oor haar dagstukkieboeke

Louise Viljoen (JBay), Sonja Goldberg Skrywersonderhoude 2025-02-12

"Omdat die dagstukkieboek ’n kort opsomming van ’n onderwerp is wat toegelig word met ’n Bybelvers, is hierdie dan ’n ideale medium om mense (oud en jonk) by die Bybel uit te bring."

’n Kersfeeskomplikasie deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-12-10

"Dina Botha is nie verniet die onbetwiste koningin van Romanzas nie."

Belle, met die hart vol blomme deur René van Zyl: ’n resensie van ’n waardige Romanza-wenner

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-15

"Ek het gou vergeet dat ek besig is om ’n storieboek wat binne ’n resepmatige raamwerk geskryf is en ’n voorspelbare einde móét hê, te lees. Dié lekkerleesverhaal speel af in Potchefstroom en is propvol heerlike draaie en kinkels."

Word ryk, bly ryk deur PJ en Geo Botha, ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2024-11-12

"Hulle kombineer hulle ondersoek na suksesvolle mense met hulle eie insigte as adviseurs om die verskillende fases van die welvaartsiklus te bestudeer."

’n Onderhoud met Wendy Maartens oor Sankind lees die wind

Louise Viljoen (JBay), Wendy Maartens Skrywersonderhoude 2024-07-03

"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."

Muse deur Jacques le Roux: ’n lesersindruk deur Louise Viljoen van Jeffreysbaai

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2024-01-31

"Emille vra vir Heidi om te poseer vir ’n figuurstudie en sy stem in. Daar ontstaan ’n sekere geneentheid tussen hulle. Maar kan dit tot iets diepers lei wanneer daar so ’n groot ouderdomsverskil tussen hulle is en hulle boonop elkeen voor baie moeilike uitdagings en keuses in hulle lewens te staan kom?"

Top