Louise Viljoen (JBay)

Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutskrywer en taalversorger van Jeffreysbaai. Sy werk heeldag met stories, haar eie en ook dié van ander. Louise skryf, redigeer, proeflees en vertaal teks om die pot aan die kook te hou. Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning. Louise vertel graag van die wonderlike boeke op haar boekrak wat haar hart vinniger laat klop. Haar boekresensies verskyn gereeld in verskeie publikasies en kan ook oor die radio gehoor word.

Sigeunerliefde deur René van Zyl: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-09-21

"Die boek is ’n sintuiglike aanslag. Deurentydse verwysings na en belewenisse van die ou stad, historiese geboue en intieme eetplekke, musiek en tradisionele Spaanse danse en frases het my byna laat vergeet ek lees ’n boek en is nie self daar nie."

Liefdesdroom deur Bets Smith: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-09-16

"Krimiskrywers én -lesers gaan hierdie mooi Romanza geniet. Lees die boek om te sien waarom ek so sê."

Hoe ver is eendag? deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-09-16

"Maar ek moet ongelukkig erken dat ek baie stadig opgewarm het teenoor die manlike hoofkarakter. Keenan Luyt kom aanvanklik net té koud, bombasties, dreigend, manipulerend en onbeskof voor."

Belowe my deur El Bester: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-08-12

"In hedendaagse Romanzas is die vrouekarakters gewoonlik sterk, onafhanklike vroue wat soms baie veeleisende en uitdagende beroepe beklee. Ek het dit geniet om ’n kykie in ’n paramedikus se werksdag te kry."

In ’n oomblik deur Elsa Winckler: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-08-12

"In ’n oomblik is ’n sexy, emosionele wipwarit."

Wanneer jy sing deur Louise van der Merwe: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-08-12

"Ek beveel die boek heelhartig aan. Dit doen die Inspirasie-klassifikasie waaronder dit gepubliseer word, gestand."

Van Oekraïne tot Iran: ’n onderhoud met Evert Buurman

Louise Viljoen (JBay), Evert Buurman Skrywersonderhoude 2026-08-06

"Met ’n hele aantal stories oor plekke wat vandag in die nuus is, sentraal staan in wêreldgebeure en tans nie eens besoekbaar is nie, het ek gedink dat dit dalk ’n goeie tyd is om van hierdie stories te publiseer. Ek het ’n bundel met ’n keur van 50 stories uit hierdie omstreke saamgestel."

Kortpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-07-16

"Die storie is goed geskryf en daar is heelwat verrassingselemente in wat dit allesbehalwe voorspelbaar maak."

Harte in harmonie deur Felicia Snyman: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-07-16

"Die storie word perfek saamgebind met verwysings na twee bekende liedjies waarna die lesers kan gaan luister en só hul emosionele belewenis selfs nog ’n rukkie langer kan uitrek."

Hoe lank is vir altyd? deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-05-20

"Die storie is slim uitgedink en die karakters geloofwaardig. Daar vind veral opvallende karakterontwikkeling by Andreas plaas – ’n emosionele reis wat die leser laat sug van tevredenheid."

Raaiselman deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-05-19

"Raaiselman is ’n teer, onopgesmukte en skoon liefdesverhaal – die tipe storie waar die leser van meet af aan duim vashou dat die held en heldin by mekaar sal uitkom."

Updated Financial freedom through property by Laurens Boel: a review

Louise Viljoen (JBay) Books and writers 2026-05-12

"Boel gives 'clear steps for raising capital, analysing and securing high-yield deals, structuring investments for maximum tax benefits, and manage property profitably'. He has even coached mentees who have come from townships and started out with absolutely nothing."

Skattejag en skadukante deur Malene Breytenbach

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-04-13

"Die gedagte dat daar in ons hedendaagse tyd nog skeepswrakke gevind word waarop fabelagtige skatte is, het my omtrént gefassineer. Dit is duidelik dat Malene haar huiswerk deeglik gedoen het om die wetlike prosesse waaronder hierdie tipe operasies geskied, weer te gee."

Langpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-04-13

"Die verhaal omarm ook hoop, herstel, aanvaarding en vergifnis. En dit is in hierdie pad van die een uiterste na die ander waarin die sukses van die storie lê en maak dat die leser nie die boek wil neersit nie."

Liefde uit die puin deur Naretha Franken: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-03-16

"Ek het, terwyl ek Naretha se Romanza lees, bloot aangeneem dat sy ’n mediese agtergrond het, omdat sy die tonele in die trauma-eenheid so oortuigend weergee."

Top