Johannes Comestor2012-07-03Die ontwikkeling van riglyne vir Afrikaans, veral as joernalistieke taal, het ’n lang geskiedenis in die groep Media24; veral by Die Burger as die oudste Afrikaanse dagblad.
Johannes Comestor2012-06-27Marlene van Niekerk het onlangs gesê: "Ek besef ... wel deeglik dat min Afrikaanssprekendes tussen 18 en 25 jaar enigsins begryp wat ek skryf ... Dit het te doen met die globale terugval na ’n laer mensagtige staat via die slimfone en ander elektroniese apparaat, en die voorkeur wat Facebook-statusveranderings geniet bo ’n gedig of ’n kortverhaal" (Die Burger, 18 Junie, p 10).
Johannes Comestor2012-06-21In die nuwe Suid-Afrika is ’n mens verplig om jou oor klein gelukkies te verbly, soos toe die gedagte by my opgekom het dat tweedehandse boekwinkels sedert 1994 darem nog nie merkbaar agteruitgegaan het nie.
Johannes Comestor2012-06-18Rika Vermeulen (SêNet, 11 deser) het dit tereg teen die gehalte van die meeste Afrikaanse musiek, terwyl dit een van die terreine is wat dikwels uitgesonder word as bewys van hoeveel lewe daar (nog) in Afrikaans is. Ek het nie genoeg deskundige kennis om my oor die komposisies uit te spreek nie, maar die lirieke is meesal pateties-herhalende rymelary. Om die rym te laat "slaag" word Engelse woorde, soos in die res van die liriek, dikwels gewetenloos bygehaal.
Johannes Comestor2012-06-13"Albert Venter het onlangs as politieke wetenskaplike afgetree, maar hy wil blykbaar nou sy ekstra tyd gebruik om politiek-korrek sy posisie as openbare intellektueel te bestendig."
Johannes Comestor2012-06-12 Die afgelope tyd het baie skrywers van koerantrubrieke hulle oor die Zuma-skildery uitgelaat. Almal van hulle moet kort-kort iets kry om oor te skryf en sommige van hulle oorleef deur verfraaiend verder te hekel aan wat in die mode is. In min gevalle word iets van werklike belang gesê.
Johannes Comestor2012-06-07“Amerika, of't wel die VSA, is ’n enorme land met baie kenmerke. Die groot invloed wat die rolprentbedryf en televisie het, is een van daardie kenmerke. As ’n mens daar woon, val dit gou op dat Amerikaners geneig is om sosiaal op te tree asof hulle op televisie is. ”
Johannes Comestor2012-06-04Dit is dus uiters misleidend om te beweer, soos telkens deur bv aktiviste en politici, dat swartes op 13% van Suid-Afrika se oppervlak saamgehok is.
Johannes Comestor2012-05-29Ek beskou universiteite as ’n belangrike maatstaf vir beskawing. Op ’n kontinuum van onbeskaaf tot beskaaf hoort geweld (bv vandalisme, sabotasie en terrorisme) naby eersgenoemde pool en geleerdheid en universiteite naby laasgenoemde pool.
Johannes Comestor2012-05-22Wanneer 'n Nobel-prys aan iemand toegeken word, kan die ontvanger normaalweg een persoon as gas na die seremonie bring. Dit beteken gewoonlik dat die vereerde sy ma of vrou saamneem.