Johannes Comestor2012-05-15Na die algemene opmerkings in my vorige skrywe (SêNet, 14 deser) kom ek nou by die kern van die sake wat deur Willie Esterhuyse in sy boek, Eindstryd: Geheime Gesprekke en die Einde van Apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012), aangeroer word.
Johannes Comestor2012-05-14Willie Esterhuyse se boek, Eindstryd: Geheime Gesprekke en die Einde van Apartheid (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 367p, R225; daar is ook ’n Engelse weergawe, Endgame), het verlede maand verskyn, maar het min reaksie ontlok.
Johannes Comestor2012-05-10Roald Dahl (1916-1990) se naam wek ’n Noorweegse indruk, wat korrek is, want sy pa het vandaar na Frankryk en later na Wallis verhuis. Roald is in Cardiff gebore en het veral as Britse kinderboekskrywer bekendheid verwerf.
Johannes Comestor2012-05-08In die ou Suid-Afrika was Laurens van der Post (1906-1996) bekend vanweë sy kritiek, veral in die buiteland, op apartheid en Afrikaners.
Johannes Comestor2012-04-26 Daar is twee dosente wat dikwels uitgesonder word as kenmerkend van die na-oorlogse Oxford University, naamlik Maurice Bowra (1898-1971) en Isaiah Berlin (1909-1997).
Johannes Comestor2012-04-25Christopher Hitchens (13.04.1949-15.12.2011) se laaste boek, Hitch-22: a Memoir (London: Atlantic Books, 2011, 435p), bied interessante leesstof.
Johannes Comestor2012-04-11Die verskyning van George Claassen en Frits Gaum se boek oor religieuse geloof en ongeloof (SêNet, 20 tot 27 Maart) is voorafgegaan deur 'n soortgelyke publikasie, naamlik Hier staan ek ... (Kaapstad: Griffel Media, 2011, 288p, R220), onder redaksie van Diek van Wyk, Coenie Nolte en Leon Atterbury.
Johannes Comestor2012-04-05In Parys het ek met ontsag die katedraal Notre Dame besoek omdat ek in die voetspore van bv Petrus Comestor (oorlede in 1178) kon trap.
Johannes Comestor2012-04-04Wat die dosente betref is ’n universiteit ’n gemeenskap van geleerdes wat studeer en navorsing doen en op ’n naskoolse vlak onderrig aan studente verskaf.
Johannes Comestor2012-04-02Daar was 'n tyd toe die onderrigtaal aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) oorwegend Afrikaans was. Die studente het toe studeer in die taal wat hulle die beste verstaan en nie in die taal wat hulle om politieke redes verkies of voorgee om te verstaan nie. Adam Small en later Jakes Gerwel was dosente daar. In daardie milieu het Small se bekende drama en sy ander skryfwerk ontstaan.