Johannes Comestor2012-03-27In hierdie vyfde en hopelik laaste skrywe oor George Claassen en Frits Gaum se boek, God? Gesprekke oor die Oorsprong en Uiteinde van Alles (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 384p), gaan dit om ’n gelowige en daarna om ’n ongelowige wat ideologie-gepreokkupeerd is.
Johannes Comestor2012-03-26In hierdie vierde skrywe oor George Claassen en Frits Gaum se boek, God? Gesprekke oor die Oorsprong en Uiteinde van Alles (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 384p), word aandag gegee aan die bydraes van vier politiek-gepreokkupeerde medewerkers; twee ongelowiges, gevolg deur twee gelowiges. Al vier word ook sterk deur ander modegiere beïnvloed.
Johannes Comestor2012-03-23In hierdie derde skrywe oor George Claassen en Fritz Gaum se boek, God? Gesprekke oor die Oorsprong en Uiteinde van Alles (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 384p), bepaal ek die aandag by die bydraes van teologie-dosente.
Johannes Comestor2012-03-22Na my inleidende opmerkings (SêNet, 20 deser) oor George Claassen en Frits Gaum se boek, God? Gesprekke oor die Oorsprong en Uiteinde van Alles (Kaapstad: Tafelberg, 2012, 384p), word in hierdie skrywe aandag aan die standpunt van sommige van die ongelowige medewerkers gegee.
Johannes Comestor2012-03-20Gaum maak asof ongelowiges, anders as gelowiges, nie die ontstaan van iets uit niks kan verklaar nie. Die waarheid is dat albei groepe nie die begin van alles kan verduidelik nie.
Johannes Comestor2012-03-14In die nuwe Suid-Afrika het dit gewoonte geword om te sê dat lede van terreurbendes wat in die vorige politieke bedeling deur die veiligheidsmagte gedood is, "vermoor" is.
Johannes Comestor2012-03-08In antropologie (of volkekunde/etnologie) kan fisiese en sosiale aspekte onderskei word. Fisiese antropologie is dikwels darwinisties vertolk, terwyl sosiale antropologie die beginfase van sosiologiese kennis kan weerspieël.
Johannes Comestor2012-03-01’n Britse oud-premier, John Major, het ’n boek oor krieket gepubliseer, naamlik More than a game (London: Harper Perennial, 2008, 433p).
Johannes Comestor2012-02-28John Major, die Britse eerste minister van 1990 tot 1997, het altyd ’n netjiese indruk gewek en soos ’n krieketspeler gelyk.
Johannes Comestor2012-02-23JM Coetzee se derde outobiografiese boek, anders as die vorige twee, is gepubliseer nadat hy die Nobel-prys ontvang het. Die titel is Summertime: Scenes from Provincial Life (London: Harvill Secker, 2009, 266p).
Johannes Comestor2012-02-22JM Coetzee se Youth (London: Secker & Warburg, 2002, 169p) handel oor sy studentejare aan die Universiteit Kaapstad en sy verblyf in Londen as programmeerder.
Johannes Comestor2012-02-21Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2003 aan J(ohn) M(ichael) Coetzee (gebore in 1940) toegeken. Hy het onder andere drie boeke gepubliseer wat eksplisiet outobiografies is.
Johannes Comestor2012-02-16My persepsie is dat daar plaaslik nie net oor Rhodesië/Zimbabwe 'n skreiende onkunde heers nie, maar ook oor Suidwes-Afrika/Namibië.