Die daaglikse opsomming van reaksies is ’n wonderlike idee. Dit is nog werk vir u, maar dit help SêNetters om nie onnodig aan die einde van briewe vir reaksies te gaan soek nie, dit moedig verdere reaksies aan en so ’n opsomming verskaf ’n duidelike skeiding tussen die bydraes van een dag en die volgende.
Groete,
Johannes Comestor


Kommentaar
Ek stem saam.Nou kan 'n mens selfs teruglees en nog steeds kommentaar op ouer briewe lewer.Dankie vir die stukkie maklikermaak!
Groetnis
Perdebytjie
Nee dit is nie 'n goeie ding nie; dit lyk vir my na 'n soort van doen-dit-self tydelike oplossing. Die advies vir kommentaar is veronderstel om per epos na jou toe te kom maar dit lyk of ie IT-ou sy goed gevat en geloop het want aan die begin was dit so. Dit het egter al hoe yler geword en heeltemal verdwyn sodat, lyk dit my, die arme redaksie nou met groot moeite ekstra werk het. Het julle nie 'n kontrak met die IT-mense nie? Kry hulle om hulle job te kom klaarmaak; daar is nog baie fout met die webwerf. Hierdie daaglikse advieskolom is uiters lomp.