Spoonerismes, bv: "Vet mooi nokkol"

  • 3

Reusedwerg het onlangs geskryf: "Die mense sit en doen vet mooi nokkol" (SêNet, 18 deser). Vir sodanige omruiling van letters (en begrippe) word 'n spesiale term gebruik. Reusedwerg het met 'n spoonerisme vorendag gekom. Hierdie term verwys na William Archibald Spooner (1844-1930), 'n dosent aan die Universiteit Oxford, wat met sy unieke hebbelikheid heelwat onbedoelde vermaak aan sy studente en kollegas verskaf het. Spooner het geen behae in sy gewildheid gehad nie. Hy het gemeen dat hy om die verkeerde rede algemeen bekend geword het.

Ek het vroeër vanjaar na Spooner as 'n klassieke voorbeeld van die verstrooide professor verwys. "His affability was legendary, if occasionally qualified by absent-mindedness, as in welcoming a colleague: 'Do come to dinner tonight. We have the new Fellow, Casson, coming.' 'But, Warden, I am Casson.' 'Oh, well. Never mind. Come anyway.' On another occasion he is said to have hailed a familiar face: 'Now, let me see. Was it you or your brother who was killed in the war?'" (SêNet, 4 April). Dit is moontlik egte voorbeelde. Deur die jare is talle ander bygevoeg. Sommige van hulle kan outentiek wees, maar baie is sekerlik apokriewe skeppings. Hier volg voorbeelde van woord- en begripomruiling:

"The Lord is a shoving leopard" (... loving shepherd).

"It is kisstomary to cuss the bride" (... customary to kiss the bride).

"Mardon me, padam, this pie is occupewed. Can I sew you to another sheet?" (Pardon me, madam, this pew is occupied. Can I show you to another seat?)

"Young man, you have tasted two worms, hissed all my mystery lectures, and were caught fighting a liar in the quad. You will leave Oxford by the town drain" (... you have wasted two terms, missed all my history lectures, and were caught lighting a fire in the quad. You will leave Oxford by the down train).

"Let us glaze our rasses/asses to the queer old Dean" (... raise our glasses to the dear old queen).

"We'll have the hags flung out" (... flags hung out).

"A half-warmed fish" (A half-formed wish).

"Is the bean dizzy?" (Is the Dean busy?)

"Go and shake a tower" (Go and take a shower).

"A well-boiled icicle" (A well-oiled bicycle).

"This vast display of cattleships and bruisers" (... display of battleships and cruisers).

"Such Bulgarians should be vanished" (Such vulgarians should be banished).

"He was killed by a blushing crow" (...killed by a crushing blow).

Oubaas in 7de Laan ly aan dieselfde kwaal. Met die voorafgaande as agtergrond kan SêNetters nou hulle eie spoonerismes skep, asook die volgende voorbeelde ontrafel: Plaster man. Sale of two titties. Flock of bats. Chewing the doors. A lack of pies. It's roaring with pain. Nosey little cook.

Johannes Comestor

 

 

  • 3

Kommentaar

  • Master plan.Tale of two cities.Block of flats.Doing the chores.A pack of lies.It's poaring with rain.Cosy little nook.

     

    Pry ek 'n krys as rek eg is?

     

    Roetgnis

     

    Erdepytjie.

  • Dankie vir die inset Johannes. Ek het een aand 'n effense foutjie met 'n spoonerisme gemaak. Ek gebruik dit nogal baie. Ek en 'n pel was by 'n watergat in Pietoria. Ons kuier toe vir die "man of the match" toekenning. Daar stap toe so vier of vyf sag op die oog lede van die publiek verby ons tafel. Ek hak toe af met, Hoert julle hiere, gaatheen waar julle? Die een juffrou steek toe vas en berispe my briendelik dog ferm. Sy het gelukkig 'n sin vir humor gehad. Een wat ek geniet is "Rindecella slopped her dripper" (Cinderella dropped her slipper) Een wat ek en 'n weermag pel van my gebruik het was " ek gaan biekesoeg toe om te gaan riek sapprteer" (ek gaan siekeboeg toe om te gaan siek rapporteer)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top