Jan Rap

Gebore op ’n baie vroeë ouderdom. Onlangs afgetree.

’n Reuse anomalie

Jan Rap 2012-05-14 ’Toerisme’ is die gonswoord deesdae; almal, vanaf gehuggies, deur dorpies tot by stede, konsentreer deesdae op toerisme vir ’n (ekstra) inkomste.

Inligting verlang: Morning Glory, kortverhale en Hofmeyr

Jan Rap 2012-05-10 Hierdie storie van Steve egter, lyk dit my (ek het nog nie die boek gelees nie maar ek gaan hom nou dadelik koop), weerspieël ’n versugting, ’n droom en sonder drome word niks ooit verwesenlik nie. Ons moet op een of ander manier uit hierdie gemors kom en ’n Boere-Arkadia lyk vir my na die antwoord, of hoe?

’n Teenstrydigheid

Jan Rap 2012-05-07 Ek kyk nou die dag na Rian se geselsprogram waar hy Pik Botha en Pieter-Dirk Uys, in Evita-gewaad, as gaste het. Beide Pik en Pieter betreur die treurige toestand waarin die huidige bedeling die land gedompel het maar, in dieselfde asem, klop hulle mekaar op die skouer vir hulle aandeel in die daarstel van die huidige bestel. Hoe werk dit, dis mos een helse teenstrydigheid, is dit nie?

Con Joubert oor Johannes Comestor

Jan Rap 2012-05-03 Nou wonder ek of Con in ag geneem het dat mens inligting verskaf deur die koerante en televisie maar meestal met 'n knippie sout moet neem.

Vryheidsdag

Jan Rap 2012-04-30 Vryheidsdag se voet!

Stadig praat op RSG

Jan Rap 2012-04-30 Martelize, praat vinniger en Fritz, jy moet asseblief BAIE vinniger praat.

Die mees irriterende goed op aarde

Jan Rap 2012-04-30 Stadige motors op die snelweg ...

Pieter-Dirk Uys

Jan Rap 2012-04-26 Ek blaai nou die dag so deur die TV-kanale en kom af op Pieter-Dirk Uys waar hy ’n toespraak lewer en die mense maan om bietjie van politiek te vergeet, om politiek so bietjie opsy te skuif.

Die stand van Afrikaans

Jan Rap 2012-04-25 Die mense praat snaaks deesdae, ek hoor oor die radio ...

Vir Varkspek oor die moeilikheid

Jan Rap 2012-04-23 Dis soos jy sê, die mense is kwaad ...

Vir Wouter Ferns en Stephan Marcus

Jan Rap 2012-04-20 Julle opmerkings onderaan my brief van 18 April verwys.

Vir Wouter Ferns

Jan Rap 2012-04-19 Ek stel voor jy besin voor jy weer skryf.

Vir Stephan Marcus II

Jan Rap 2012-04-18 Omtrent almal deesdae praat van "sondebok" wanneer hulle eintlik "belhamel" bedoel, of van "offer" wanneer hulle eintlik "aanbod" bedoel of "braaf" wanneer hulle "dapper" bedoel.

Antwoord vir Varkspek

Jan Rap 2012-04-17 ’n Geredekawel oor apartheid laat my altyd aan die gestry oor evolusie dink; daar is diepgaande besprekings sonder dat eintlik gedefinieer is presies waaroor gepraat word.

Vir Auntie Schwartz oor die Jode en die Afrikaners

Jan Rap 2012-04-16 Dit is inderdaad so dat daar goeie 'n goeie verhouding tussen baie van die Afrikaners en baie van die Jode bestaan het en, nie net voor 1914 (rebellie) nie, maar selfs na die tweede wêreldoorlog.
Top