Antwoord vir Varkspek

  • 4

Hallo Varkspek

’n Geredekawel oor apartheid laat my altyd aan die gestry oor evolusie dink; daar is diepgaande besprekings sonder dat eintlik gedefinieer is presies waaroor gepraat word. Ek weet nou nog nie wat die bewoording van "Die Evolusieteorie" is nie (blykbaar is dit al ’n wet) net soos ek nie weet wat iemand presies bedoel as hy van ’apartheid’ praat nie.

As ’apartheid’ beteken die uitbuit en onderdrukking van mense op grond van velkleur en/of taal dan is dit ’n gruwel en moenie geduld word nie.  Dit is dan iets wat nooit beleid was van enige Afrikaneradministrasie nie maar wel beleid van die huidige bestel ten opsigte van Afrikaners spesifiek en in ’n groot mate ook ander Afrikaanssprekendes. 

Aan die ander kant, as ’apartheid’ beteken dat ’een ieder volk’ sy taal en land het is dit eintlik ’n natuurlike verskynsel soos jy kan sien aan die demokrasieë in res van die wêreld, veral Europa (Afrika natuurlik heeltemal uitgesonder).

Petty apartheid, stem ek saam met jou, was kwetsend en was nie noodsaaklik vir die destydse beleid nie.  Dit was in elk geval iets wat oorgehou was van Britse administrasie en sou uitfaseer word soos meer state onafhanklikheid gekry het.  Wie weet, dit was dalk die belangrike afkondiging wat Verwoerd sou maak die dag van sy dood. 

Terloops, die Engelse het nie net teen ras diskrimineer nie maar ook teen alles en almal wat nie-Anglo was.  Daar was byvoorbeeld nie Afrikaners in hulle Johannesburg Club (ek dink dit was die naam) toegelaat nie; nie dat enige Boer wat sy sout werd was ooit daar sou wou ingaan nie maar dis soos hulle werk, ’eksklusief’ is die wagwoord.

Waar die destydse Afrikanerregering wel ’n groot fout gemaak het was om die Bruines van die kiesersrol te skrap.  Dit was onnosel; die swartes was ’versorg’ kan jy maar sê want elke volk sou sy onafhanklikheid kry maar dit het die Bruines vervreem omdat hulle half in ’n vakuum gelaat was.  Bruin het dus nie eintlik ’n ander opsie gehad as om by Swart aan te sluit in ’n ’vryheidstryd’ nie. Teenswoordig, in hierdie sogenaamde demokrasie, kry die Bruines ’n koue skouer van die bewindhebbers; g’n wonder hulle voel bitter nie.  Ek sit ’vryheidstryd’ in hakies want die meeste swart volke was reeds vry.

Maar om terug te kom tot ’apartheid’, aparte parallelle ontwikkeling soos dit in Verwoerd se tyd bekend gestaan het, met ander woorde die skep van outonome demokrasieë vir elke kultuurgroep (soos byvoorbeeld Duitsland, Lesotho, Portugal, Swaziland, Denemarke, die soort van storie). 

Wat is jou beswaar hierteen?  Die feit dat volgens jou daar ’... geen heenkome...’ in die tuislande was nie?  Kan tog nie ’n rede wees nie want watter heenkome was daar gewees in die pre-koloniale tuislande, met ander woorde voor dit wit- en swartman mekaar raakgeloop het?  Jy wil tog nie beweer hulle kan nie vir hulself sorg nie; wat was dan die doel van die ’vryheidstryd’?

En wat is die alternatief vir die herstel van kultuurgrense (hoofsaaklik pre-koloniale grense)?  Dit is wat ons nou beleef; die saamgooi van 11 verskillende volke in ’n land met ’n kunsmatige,  –  en dus ’n onnatuurlike – grens.  En lyk dit vir jou of dit werk?  Kyk na die stadsrade wat ophou funksioneer het, die skoolsisteem wat omtrent ineengestort het, volksgesondheid en hospitale wat moer toe is.  Dink aan Selebi, Cele, Mdluli – en dis net die oortjies van die seekoei.

Hoe slegter dit gaan, hoe meer word geweeklaag oor ’apartheid’, die rooi haring wat die aandag van die huidige gemors moet aflei.  En hoe meer daar geweeklaag word, hoe meer word daar klere geskeur en askies gevra deur die kerke en voete gewas wat die idee versterk dat ons in die skuld is.  As ’n groep dra die Afrikaner aansienlik tot die staatskas by maar sy universiteite word weggeneem, so ook sy skole en kolleges, sy kinders word ten spyte van uitstekende prestasies beurse geweier en selfs sy taal word geminag; dorps- en straatname word ’getransformeer’, hy kan nie meer sy eie taal in publieke instansies praat nie, selfs nie eers die belastingkantoor waar hulle sy geld vat om die soustrein te voer nie.

Wat is die Afrikaner se reaksie op hierdie toedrag van sake?  Hy sê jammer, en doen boete en was voete om net die wraakveldtog verder te versterk.  Laat ek dit nou kategories aan jou stel Varkspek:  Jy of jou pa of oupa of oumagrootjie of kind of kleinkind het NIKS gedoen in vergelyking met die Engelsman, Kanadees, Xhosa, Duitser of Zoeloe, touens ENIGE nasie (behalwe miskien die Khoi- en Sanmense en Bruines) om jammer voor te sê nie. 

’n Laaste woordjie; as hierdie Anglo-Amerikaanse kolonie ’n demokrasie is, is my pankreas ’n pôpô.  Waar het jy gesien in ’n demokrasie, ’regering vir die volk deur die volk’, praat die staatshoof ’n vreemde taal met sy mense?

Groetnis

Jan Rap

  • 4

Kommentaar

  • Stephan Marcus

    Apartheid was die naam wat die Nasionale Party in die 1940's uitgedink het vir die beleid van segregasie en wit bevoorregting wat alle (koloniale, republikeinse en unie) regerings in die land gevolg het vandat die eerste Europeërs hulle hier gevestig het.

    Dit het bestaan uit die inperking van regte soos eienaarskap van grond en besighede, vryheid van beweging en woonplek, diskriminasie in arbeid, ongelykheid voor die reg, geen of swak infrastruktuur en sosiale dienste soos onderwys en gesondheidsorg in nie-wit woonbuurte en reservate.  

    Die idee van afsonderlike ontwikkeling in aparte state was doodgebore en die Nasionale Party het dit geweet. Die Tomlinson kommissie wat deur die NP in 1951 belê is se verslag van 1954 het aangedui dat massiewe belegging (104 miljoen pond in die eerste dekade nadat die program begin is en onbekende bedrae daarna) in die "Bantu" areas sou moes plaasvind sodat 'n geskatte 15 miljoen (!) mense teen die jaar 2000 in hierdie areas geakkommodeer kon word. Dit sou steeds 6.5 miljoen swart mense in die "Europese" area gelaat het (meer as wittes) en glad nie die status van "Kleurlinge" en "Asiërs" aangespreek nie.

    Verder het die verslag vereis dat die tradisionele gebruike van die hoofman sisteem en gemeenskaplike grondbesit vervang moes word met "Europese" vorme van administrasie, vrypag, industriële ontwikkeling en "Europese" onderwys en opleiding.

    Die Nasionale Party het geen poging aangewend om enige van die voorstelle van die kommissie uit te voer nie. In stede het hulle strenger beperkings teen swart mense ingestel en die reëls wat reeds waar was strenger toegepas. Die reservate het verder verarm, nie-wit mense is verder ekonomies en polities gemarginaliseer, maar rasse integrasie het (omdat swart mense geen ander heenkome gehad het nie) verdiep.  

    Ter afsluiting moet ek herhaal: Apartheid as ’n morele sisteem wat gelyke beregtiging vir alle rasse te weeg moes bring was propaganda, ’n susmiddel vir goedgelowiges. Die kern van die Nasionale Party leierskap het geweet dat dit onwerkbaar was en nooit probeer om volhoubare swart state daar te stel nie. In stede het hulle gewoon die beleid van onderdrukking en uitbuiting van eeue voortgesit en dit met meer en meer geweld afgedwing.

  • Patetiese Jan Rap ontkennings. 

    Waar kan dit ernstig opgeneem word dat die staatshoof in 'n vreemde taal praat en darom nie 'n demokrasie is. 
     
    Die land het 'n verskeidenheid van tale en dan Engels waarin die meeste kommunikasie plaasvind. 
     
    Watter ander "groep" is ongelukkig oor bogenoemde kwessie. 
     
    Hoe sal dit werk? 
     
    Net soos Jan Rap niks verkeerd sien met die verlede en heel dramaties dit kategories stel dat daar niks in die verlede was wat verkeerd was nie. 
     
    Die kategories, behoort alle twyfel uit die weg te ruim, dit word kategories gestel en 'n totale alternatiewe werklikheid word daar gestel op gronde van Jan Rap se uitspraak. 
     
    Net so pateties is die gebruik van Portugal en ander lande as motivering van een of ander staat wat Jan Rap hier droom oor, 'n verskeidenheid van state volgens taal. 
     
    Hoe jammerlik is dit nie dat die tuisland idee Jan Rap net nie kan laat gaan nie en daar nog steeds gedroom word oor tuislande wat dan kwansuis nasie state is. 
     
    Bogenoemde is 'n hersenskim van die eerste water en is Jan Rap in ernstige ontkenning. 
  • Jan Rap ; "Ek weet nou nog nie wat die bewoording van "Die Evolusieteorie" is nie (blykbaar is dit al ’n wet)..."

    Die bewoording vanm die Teorie van Evolusie is al uitgewys aan jou. Jy kan selfs gaan kyk daarna op  Wiki. As jy dit nie wil aanvaar nie, is dit jou probleem. Daardie definisie word oral deur alle erkende wetenskaplike organisasies, erkende universiteite, ens.  op hierdie aardbol gebruik.

    Die evolusieteorie is nie 'n wet nie. Net soos die selteorie en spesiale teorie van relatiwiteit en atoomteorie nie wette is nie.

    Wetenskaplike wette kan  verskynsels wiskundig beskryf; wetenskaplike teorie verskaf verduidelikings vir daardie verskynsels.

    'n Wetenskaplike wet kan nooit "verhoging" kry na iets anders nie, net soos 'n wetenskaplike teorie nooit "verhoging" kan kry na iets anders nie.

    Beide wette en teoriee kan wel verkeerd bewys word.

    Sommige wetenskaplike wette is al verkeerd bewys, nes sommige wetenskaplike teoriee al verkeerd bewys is. Die atoomteorie en selteorie en evolusieteorie is nog nooit verkeerd bewys nie, maak nie saak hoeveel keer dit al probeer verkeerd bewys is nie. As voorbeeld oor hoe om die selteorie verkeerd te bewys: vind 'n mens wat nie uit selle bestaan nie. 

    Al die bewyse tot op hede toon aan dat alle mense uit selle saamgestel is. Daardie teorie kan egter nooit bewys word nie.

    Kleinkoos

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top