’n Teenstrydigheid

  • 1

Ek kyk nou die dag na Rian se geselsprogram waar hy Pik Botha en Pieter-Dirk Uys, in Evita-gewaad, as gaste het. Beide Pik en Pieter betreur die treurige toestand waarin die huidige bedeling die land gedompel het maar, in dieselfde asem, klop hulle mekaar op die skouer vir hulle aandeel in die daarstel van die huidige bestel. Hoe werk dit, dis mos een helse teenstrydigheid, is dit nie?

Ou Rian kry so lekker as hulle besonderhede uitlig oor hoe hulle die teenswoordige bedeling sien kom en aanhelp het, hy sê sommer ’n Engelse woord terwyl sy tone krul van lekkerkry. Watse soort programleier is dit; kon hy nie vir hulle vra hoe hulle die kloutjie by die oor bring nie?

Ook het Pieter weer met sy storie uitgekom van watter seën dit nie is dat Mandela nie kwaad uit die tronk gekom het nie; hy sou glo in die tronk gestop gewees het vir sy idees. Wat gaan aan met Van Heerden? Kon hy nie vir Pieter-Dirk Uys reghelp nie? Ek meen, daar was miljoene wat dieselfde geglo het as Mandela maar net die wat die wet oortree het was tronk toe gestuur. Die Gedanken sind frei en al daai solank jy binne die landswette bly.

Ek dink Rian doen nie sy huiswerk nie; die man is oningelig.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Ek het in 'n  vorige brief dit op die forum probeer bring dat die twee niggies, Pieterjan en Rian se "sell by dates" reeds verstreke is. Hulle was  snaakserig gewees op 'n tydstip, maar is beslis nie meer nie. In albei se gevalle, as hulle skrik, skrik tog net wakker.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top