Pieter-Dirk Uys

  • 1

Ek blaai nou die dag so deur die TV-kanale en kom af op Pieter-Dirk Uys waar hy ’n toespraak lewer en die mense maan om bietjie van politiek te vergeet, om politiek so bietjie opsy te skuif. Kan jy dit nou oorvertel. Dít nou van iemand wat sy lewe gemaak het, bekend geword het, deur op politiek te fokus.

Hierdie aanbeveling van hom is natuurlik omdat, sou mens net tersluiks na politiek kyk, mens nie anders as om die gemors te sien wat nou aan die gang is nie, ’n gemors waaraan hy as strugglemeedoener ’n aansienlike aandeel het.

Natuurlik, soos met vele ander verkramptes (hulle noem hulself ’verligtes’) moet hy ons vertel hoe goed dinge nou is. Dink net, reken hy, wat sou gebeur het as Mandela kwaad uit die tronk gekom het; hy sê nie hoekom Mandela kwaad kon gewees het nie.

Enigeen wat uit die tronk (selfs koshuis of weermag) kom is bly; hoekom moes Mandela nou kwaad gewees het? Ek sal bly wees as Pieter-Dirk Uys, of een van sy aanhangers, ons kan vertel.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan Rap. Dankie tog vir jou nugtere siening. Sy "sell by date" is lankal verby. Hy was op 'n stadium snaaks, maar is nie meer nie. Hy  moet maar sy borsrok en pruike ophang en aanhou HIV-opleiding aan die volk gee. Toevallig jong volk, die ander het al deur hom gesien. Sterkte antie Evita.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top