Ek hoor nou die dag oor die radio toe die stasiebestuurderes vir Martelize (’n baie oulike en sprankelende omroepster net jammer van haar nare gewoonte om name wat vir haar Engels lyk in Engels te probeer uitspreek terwyl sy Afrikaans praat. Hoekom doen ons mense dit? Jy sal nooit hoor dat ’n Engelssprekende Afrikaanse woorde op Afrikaans uitspreek as hy Engels praat nie want die twee tale is in verskillende sleutels en dan klink dit uiters ingat) gelukwens met haar veertjie maar maan haar toe om stadiger te praat.
Hoekom moet sy stadig praat? Kan Afrikaanssprekendes nie vinnig hoor nie? Fritz, wat partykeer die nuus lees, voer seker hierdie opdrag van die bestuurderes uit want hy praat partykeer so stadig jy verloor die draad van sy storie. Dit klink dom hierdie stadigpratery; laat ons Afrikaanssprekendes agterlik lyk.
Martelize, praat vinniger en Fritz, jy moet asseblief BAIE vinniger praat.
Jan Rap

