Vir Varkspek oor die moeilikheid

  • 3

Dis soos jy sê, die mense is kwaad. Maar laat ek jou sê, hulle is nie kwaad oor ek hulle sleggesê (ek het mos nie, het ek?) of vir hulle gelieg het nie; hulle is kwaad oor die land met rasse skrede agteruitgaan en ek dit durf sê. Mens sê nie sulke goed nie want dit is soos om van jou oom te praat wat in die tronk is.

Om so uit te praat plaas die ouens wat hulle vir hierdie bestel beywer het in 'n geweldige moeilike posisie: Hulle kan dit nie ignoreer nie en moet dus verskoning maak waarvan die mees populêre een is 'dis apartheid se skuld'.

Hierdie apartheidsverkoning raak nou geyk en die volgende strategie is dan om te vertel hoe verskriklik die verlede was; hulle moet 'n verskoning hê oor hoekom hulle deelgeneem het aan die sogenaamde struggle.

Enige verwysing na wat goed was in die verlede, soos veiligheid, sekerheid, gereelde onderhoud, 'n hoë groeikoers, skoon parke en strate, funksionerende hospitale en klinieke, Afrikaanse skole, kolleges en universiteite van akademies die hoogste standaarde, volop werksgeleenthede, 'n parate polisie- en weermag, effektiewe munisipaliteite en dat jy toegelaat was om jou eie taal te praat maak hulle natuurlik briesend. Hulle het dan net twee keuses naamlik 1) lê die morele moed aan die dag en erken die oorgawe was 'n fout of 2) raak beledigend, kryt die uitprater uit.

Maar, hulle is nie die enigste ouens wat kwaad is nie; omtrent die hele bevolking en veral die Afrikaner is kwaad oor ons nou mangel gaan aan wat goed was in die verlede; omtrent alles hierbo genoem is nou in die rooi kan jy maar sê. Die van ons wat ons nie beywer het vir hierdie bedeling nie is ook kwaad maar nie ontgogel nie.

Ek dink dis meestal die ontgogeldes wat uitverkoop voel en siedend van woede is maar nou projekteer hulle hul woede op die uitpraters. Hier en daar is daar wel die met die morele moed om te erken hulle was verkeerd maar die meeste kies opsie 2 hierbo genoem.

Daar is natuurlik die moontlikheid dat ek heeltemal verkeerd is en, sou ek die regte feite hê, ek dalk tot ander insigte kan kom. Ek het juis, omdat hierdie moontlikheid bestaan, by herhaling die briesendes uitgenooi om my van die, volgens hulle, relevante en korrekte feite te voorsien. Ek het tot dusver nog niks van die aard gekry nie behalwe beskuldigings dat ek in ontkenning lewe.

Groetnis

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • SkotDieEerste

    Probeer maarweer die politieke ongustige kommentaar, menigmaal nie die blog gehaal: Wouter, word groot en kyk om jou as jy hier bly: word wakker!

     
  • SkotDieEerste

    Die Wouterskim en sy verbintenis aan die werf is lagwekkend. Hoeveel ander mense se kommentaar word stilgemaak? Om soos hierbo te reageer op 'n ernstige uitdaging bewys die kinderagtigheid van die veelgodery van die plek se ondenker. Vertel 1 goeie ding oor "apaarthaaid" dan kan ek sien om met jou te werf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top