Con Joubert oor Johannes Comestor

  • 0

Con Joubert spreek Johannes Comestor aan oor dié uitvaar teen Hitchens se beskrywing van apartheid, naamlik "the most hateful dictatorship of the twentieth century ... the vile system of apartheid ..." Volgens Con kan Johannes vir Hitchens nie as 'dogmaties' uitkryt nie omdat " ... min of meer 99.9999% van die bevolking ... van die planeet .." hierdie mening oor apartheid huldig.

Daar die bevolking van Suid-Afrika min of meer 0.000571% van die totale bevolking op hierdie planeet is (met ander woorde die wat eerstehandse ondervinding van apartheid behoort te hê), beteken dit dat min of meer 99.999329% van die planeet se bevolking, insluitend Hitchens, hulle inligting oor apartheid tweedehands gekry het, hoofsaaklik televisie en koerante.

Eintlik is laasgenoemde persentasie nog groter want ek het die huidige bevolking op so 40 miljoen geskat. Sedert die afskaffing van apartheid hier in die 80's rond het duisende der duisende Somaliërs, Kongolese, Zambiërs, Mosambiekers, Zimbabwiërs, Malawiërs, Senegalese en dies meer die land binnegekom. Maar dit nou daar gelaat; ek gee Con maar die voordeel van die twyfel.

Nou wonder ek of Con in ag geneem het dat mens inligting verskaf deur die koerante en televisie maar meestal met 'n knippie sout moet neem.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top