Inligting verlang: Morning Glory, kortverhale en Hofmeyr

  • 0
  1. Kan iemand my vertel wie die gedig Morning Glory geskryf het? In die gedig praat die digter van die Meksikaanse golf van ereksies wat oor die aardbol so saam met sonsopkoms beweeg.
  2. Wie is die skryfster van die bundel kortverhale wat handel oor die stories wat deur die huishulp vertel word. Twee verhaaltjies was nou die dag op RSG se kunsrubriek voorgelees. Terloops, 10 uit 10 vir RSG se paasnaweekprogram Fokus op Jerusalem. Die advertensies veral was kostelik.
  3. Ek lees, skandeer eintlik, Etienne Viviers se resensie van Steve Hofmeyr se Die Verste Uur om te kyk of ek darem ’n sin kry wat ek kan verstaan. Ek kry toe twee sulkes, die laaste twee waar hy sê "Die Verste Uur slaag nie daarin om hierdie historiese dilemma oortuigend te fiksionaliseer en só ander insigte te bewerkstellig nie. Die tyd het miskien aangebreek om pogings tot ’n Boere-Arkadië finaal te groet." Nou wonder ek hoekom sê hy so? Volgens hom slaag Steve se storie (’om oortuigend te fiksionaliseer’) nie en dit oortuig hom dat die tyd aangebreek het om pogings tot ’n Boere-Arkadië finaal te groet. Maak nie sin nie; ’n storie, enige storie, het niks met die haalbaarheid van ’n Arkadia te doen nie. Hierdie storie van Steve egter, lyk dit my (ek het nog nie die boek gelees nie maar ek gaan hom nou dadelik koop), weerspieël ’n versugting, ’n droom en sonder drome word niks ooit verwesenlik nie. Ons moet op een of ander manier uit hierdie gemors kom en ’n Boere-Arkadia lyk vir my na die antwoord, of hoe?

    Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top