Cobus, Max en Flip
2015-05-12 Ek luister nou die dag ’n besprekinkie raak op Monitor – Cobus Bester gesels met twee gaste naamlik Flip Buys en Max du Preez oor die krisisberaad van die Solidariteitsbeweging die vorige naweek. Cobus vertel in ’n stadium vir Flip dat ‘die mense sê’ (of was dit nou ‘van die luisteraars sê’, ‘n ou laai […]
Vir Angus oor politiek en linguistiek
2015-05-11 Beste AngusEk verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 5 deser. Jammer oor die skrik wat ek jou op die lyf gelaai het met ‘deser’. Ek het die brief geplaas einde April en een of ander elektroniese drukkersduiwel het dit so bewimpel dat net die eerste paragraaf toe gestuur is. Gelukkig het webvoet besef […]
Vir Angus oor ‘vervang’ en ‘uitbrei’
2015-05-05 Beste Angus Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief ’nuwe definisies en betekenisse’, 23 deser. Jy sê ek raak ‘ ... aan een van talle maniere waarop 'n lewende taal sy reikwydte vergroot, sy woordeskat uitbrei.’ Verkeerd. Inteendeel, ek wys op een van die talle maniere waarop ’n taal ten gronde gaan, naamlik, in […]
Nuwe definisies en betekenisse
2015-04-23 Met ‘n, vir my interessante, bespreking wat ek met Angus gehad het oor mengeltaal, het dit my weer eens getref hoe woorde se betekenis verander soos die tyd verloop. Die oorsaak is (meestal) verkeerde gebruik wat só algemeen word dat dit as korrek aanvaar word. ‘Sondebok’ is een so ’n woord. Die regte betekenis was […]
Oulike program op KykNet
2015-04-17 Ek sien nou die aand ’n uiters interessante program, eerste van ’n reeks genaamd Megaboere. Die boer was ’n ene mnr Karsten van die firma / plaas Kartsenboerdery en die programleier / onderhoudvoerder was prof Piet Croucamp. Natuurlik, met daardie prof in die omgewing moet politiek ingesleep word en dit was toe ook so; hier […]
Kommentaar op Angus se kommentaar tov Mengeltaal
2015-04-16Jy’s halfpad reg waar jy sê “dis die taalpatriotte wat namens die taal die stryd voer.” Heeltemal reg sou wees “dis sy sprekers wat namens die taal die stryd voer.”
Verskoning aan die Kapenaars
2015-04-14 In die bespreking oor mengeltaal hier het ek te kenne gegee dat, hoofsaaklik die Kapenaars, die belhamels is. Ek vra nederig om verskoning. Ek sien gisteraand ‘n opname van ‘n sangkompetisie, Afrivisie, en die enigste ou wat ordentlik Afrikaans gepraat het was ‘n bruinman, ene Leroy Vers. Die twee wit beoordelaars, ‘n Greeff en ‘n […]
Beelde, woede en wraak
2015-04-13 Max du Preez was skaars klaar met sy vergoeiliking van die UCT-studente se weersin in, en skending van Rhodes se standbeeld toe stroom die berigte in van ander soortgelyke skendings. Du Preez het probeer beklemtoon dat die SR-voorsitter, wat namens die studente praat, eintlik oulik is; hulle wil nie die beeld breek nie, hulle wil […]
Verduidelikings aan Angus tov mengeltaal
2015-04-13 Beste Angus Jou kommentaar onderaan my brief van 9 deser verwys. P1 Daar is Afrikaanssprekendes, ook Afrikaners, wat beteuterd ten opsigte van taalhandhawing is. Die kanse is nie uitgesluit dat mens ook sulke Engelse, Zoeloes, Duitsers en Armeniërs ten opsigte van húlle tale kry nie. Ook kry mens beteuterdes, van alle nasionaliteite, op allerhande ander […]
Nog steeds vir Angus oor mengeltaal
2015-04-09 Beste Angus Jou kommentaar onderaan my brief van 7 deser aan jou verwys. P1 Nee ek sê glad nie wat jy daar in jou eerste paragraaf beweer nie. Ek sê daar is nêrens beteuterde taaltjies soos jy beweer nie, maar wel beteuterde mense wat taalhandhawing (en ipso facto taalgebruik) betref. Verder beweer jy ek sê […]
Weer vir Angus steeds oor mengeltaal
2015-04-07 Beste Angus Ek verwys na jou kommentaar onderaan my laaste brief en skryf maar weer my kommentaar per paragraaf. Par1 Jy’t oorspronklik gepraat van beteuderde taaltjies en ek het gesê daar is nie so iets nie, net beteuterde mense. Dit het jou tot die gevolgtrekking gebring dat ek sê Afrikaners is beteuterde mense wat natuurlik […]
Vir Dirk Rigter or sy stelling
2015-04-07 Dirk, ek verwys na die volgende stelling in jou kommentaar onderaan Helmine se brief Holruggeryde goeters: “Die Afrikaners het in die staatsdiens of die spoorweë gaan werk. Natuurlik was daar Afrikaner-nyweraars wat 'n groot rol gespeel het, maar om die land se ontwikkeling aan hulle alleen toe te sê is net nie waar nie.” Die […]
Brief vir Angus oor mengeltaal
2015-04-02 Beste Angus (amper sê ek Dirk) Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief aan jou gister. Oor jou paragraaf 1 Jy't verkeerd gelees; ek het nooit gesê taal is net vir diepspoortrappers nie, ek het gesê daar is diepspoortrappers wat baie vlak spoortjies trap ten opsigte van taalhandhawing. Paragraaf 2 Het George Orwell se […]
Vir Jaco oor sy storie
2015-03-31 Jy’t nou baie verwysings goed gegee maar kom ek gee nou vir jou ‘n kort opsomming van jou storie oor Dan Roodt: Jy’t op ‘n stadium gal afgegaan oor Dan Roodt, vir ons selfs ‘n skakel na sy werf gegee laat ons kan sien watse onsin hy skryf volgens jou. Toe sê ek dis ‘n […]
