Also Sprach Dirk Rigter

  • 1

Dirk antwoord nie maklik vrae nie want hy wil nie inligting hê nie, hy verdoesel sy stellings as vrae en die wat daarop antwoord stel vir hom net hulle onnoselheid ten toon. Mens kan dit retogoriese (nog nie in die woordeboek nie) stellings noem; hy stel iets kategories deur ‘n retoriese vraag.

Vat nou maar sy eerste paragraaf van sy antwoord aan George op 26 deser. Hy stel dit dat die ‘min of meer tradisionele Afrikaner’ (vir George aangehaal) dink dat apartheid goed was. Ongeldige stelling; die apartheid wat Dirk in sy kop het is dat by uitstek die Afrikaner mense wreed onderdruk het en daar was nooit so iets gewees nie. Dit geld miskien wat die Engelsman deur die geskiedenis betref maar beslis nie die Afrikaner nie.

Verder stel hy dit dat die tradisionele Afrikaner dink dat swartmense sleg is. Waar kom hy daaraan? Hoekom nou juis die Afrikaner? Dis ‘n wilde, onverantwoordelike en onregverdige stelling wat net polarisasie aan die hand kan werk. Ook reken hy dat daardie tipe Afrikaner dink dat die ou SA beter as die nuwe een is, so asof dit verkeerd is om so te dink (want hy kan tog regtig nie so naïef wees om te dink die ou SA was nié beter as die nuwe ene nie).

Hy vertel ‘n halwe waarheid wanneer hy sê dat daardie soort Afrikaner na die ou bedeling verlang want die volle waarheid is dat die oorgrote meerderheid van die swartes ook dieselfde verlange het. Dieselfde geld vir sy bewering dat ‘daardie soort’ Afrikaner hunker na ‘n tuisland want daar is nie ‘n nasie op aarde wat nie hunker na ‘n gebied waar sy eie taal die amptelike taal is nie (en dis maar onder andere).

Hy neem Helmine kwalik oor haar stelling dat blankes uitgemoor is ten noorde van ons ten spyte van die feit dat daar nie apartheid was nie, sy sou beweer, ‘tussen die lyne’, dat swartes blankes sonder rede doodmaak. Dit is sy vertolking. Wat Helmine sê is dat apartheid (‘sogenaamde’ apartheid sou ek sê) nie die skuld vir die huidige sirkus kan kry nie; hierdie soort sirkus is aan die orde van die dag regdeur Afrika, selfs ook daar waar kolonisasie nooit plaasgevind het nie. Om nou Dirk se gunstelingfrase te gebruik, dit weet almal. Terloops, wat beweer Dirk tussen die lyne; dat kolonisasie regverdiging vir die doodmaak van blankes is?

Dirk se bewering dat Helmine se stelling bog is dat die kamtige dwarstrekkerigheid onder ons mense bog is, is pure bog. Mense wat so dwarstrekkerig is sou nie twee demokratiese republieke tot stand kon bring wat die Engelse en hulle geallieerdes drie jaar in ‘n oorlog kon besig hou nie. Dit weet Almal.

Dirk beweer dis welbekend wat Vewoerd se standpunt oor swart geleerdheid was. Dit is ‘n stelling wat dikwels onder die sogenaamde verligtes rondgegooi word maar niemand hier kon nog sê wat hierdie standpunt, of beleid, van Verwoerd nou eintlik was nie. Sover ek weet was daar niks met die destydse Bantoe-onderwys verkeerd nie (en ‘n swart kollega van my het dit ook bevestig, volgens hom is al wat daarmee verkeerd was die gebrek aan toegewydheid van swart onderwysers). Ek sal graag van Dirk (of Dirk-hulle) wil hoor wat hierdie gewaande bose standpunt van Verwoerd was.

Ek sien nêrens die bewering van Helmien dat in ’94 ons nie ‘n “groot keuse” gehad het nie. Hoe dit ook aal sy, Dirk se bewering dat De Klerk en die NP se tyd bloot uitgeloop het is snert. De Klerk, met die aanvaarding van PFP-beleid, het die oorgang na swart regering stukrag gegee. Die blanke regering se tyd het nie ‘uitgeloop’ nie; die blanke regering het uiteindelik verloor teen die binnelandse en buitelandse pers, Britse popgroepe en die vyfde kolonne (op die manier het die NP al in 1969 reeds eintlik die Nuwe NP geword).

Een ding moet ek Dirk toegee, hy het nie ‘n gebrek aan selfvertroue nie; hy vertel openlik dat hy meer ‘genuanseerd’ as Helmine aan die land se geskiedenis dink.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Beste Jan Rap, (en hierdie keer maak ek seker dis Jan Rap wat ek aanspreek)

    Of apartheid 'n goeie of 'n slegte ding is, sou ek nie kon sê nie maar dat dit evolusionêr deur natuurlike seleksie 'n voldonge feit is, is waar. Waar die ganse mensdom op die oomblik tot die spesie Homo sapiens behoort, sal rasse uitmekaar dryf en uiteindelik na miljoene jare, aparte spesies wees. Onverdraagsaamheid tussen groepe bewerkstellig wegdrywing van mekaar, en die uiteinde is nuwe spesies.

    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top