Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Hanna Hopkins (101) gaan nou koek eet in die hemel

Izak de Vries In memoriam 2025-12-22

"Sy het verskeie reise na die Ooste en Europa onderneem en het ook Tafelberg 'male sonder tal' uitgeklim. As 100-jarige het sy nog elke dag gestap, gereeld geswem en met genoegdoening vertel dat sy deel was van ’n studiekring wat, onder andere, 'vroue van die wêreld' bespreek het."

All the saints deur Wesley Roodt: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-12-09

"Daar is baie Izzy-karakters in ons skole. Nou nog. Hulle het ons hulp nodig. Wesley Roodt het gekies om ’n fiktiewe karakter te skep wat uitpraat. Ek salueer Izzy dus as ’n fluitjieblaser!"

IziNdlovu deur Div de Villiers en Adrienne Carlisle in die Baai bekendgestel

Izak de Vries Boeke en skrywers 2025-12-08

"De Villiers het tydens die verhoor van die Ndlovu-bende aan haar genoem dat hierdie saak uniek is en dat die manier waarop die vervolging die bewyse moes benader, nog nie tevore beskryf is nie. Dis waar hulle begin gesels het oor die idee om hierdie unieke saak te boekstaaf."

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries LitNet-skrywersberaad 2025-12-03

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

 

’n Aand van lag met Koebaai ou Koba in die Baai

Izak de Vries Teater 2025-11-21

"Ek moes terugdink aan my jeug vanaand. Koebaai ou Koba is ’n klug, en hierdie ensemble het alles uitgehaal om ’n klug daarvan te maak."

Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."

Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-11-19

"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."

Dinge wat ons kan doen om boeke te bemark

Stefaans Coetzee, Izak de Vries LitNet-skrywersberaad 2025-11-12

"Moderne oorlogvoering span tegnologie in om met die druk van ’n knoppie grootskaalse verwoesting te saai. Die skaam IT-tegnikus word selfs in spesmagte se operasies ingespan om oorwinning te verseker en lewensverlies te beperk. Hoekom nie dieselfde beginsels in die boekwêreld toepas nie?"

Fotoverslag: Marianne Thamm lewer die jaarlikse PEN Afrikaans-lesing oor media- en uitdrukkingsvryheid

Naomi Meyer, Izak de Vries Menings 2025-11-04

"Begin om dinge te doen wat gedoen moet word. Begin lees wat jy dink die samelewing moet lees. Glo jy in vryheid van spraak? Praat dan vry. Glo jy in ’n menslike samelewing? Gedra jou dan menslik. Lewe binne die waarheid. Weier om deel te neem aan leuens. Moenie geïntimideer word deur leuens van leuenaars nie."

Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-10-28

"Veral jongmense sal dit interessant vind dat telefone in daardie dae met drade aan mure gekoppel is en dat gewone skoolgaande jongmense in 1996 nie selfone gehad het nie."

In gesprek met Vickie de Beer oor Kombuistaal

Izak de Vries, Vickie de Beer Skrywersonderhoude 2025-10-10

"As ons kinders van kleins af by die kookproses betrek en hulle leer hoe om kos te maak, gaan hulle gesonder volwassenes word wat eendag vir hulleself kan kook. Kosmaak het sy eie taal."

Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-10-08

"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."

Wanneer ’n pitbull ’n dief jag

Izak de Vries Menings 2025-09-24

"Soms is ’n gedeelde, maar valse erfenis van vrees nuttig. Dis hartseer, maar dis waar."

Xolisa Ngubelanga’s Flamebook: Community theatre in Gqeberha

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2025-09-17

"Should a student be expelled from a college, a page is torn from that book. That page loses its place, but the entire book loses part of its story. It was a wonderful metaphor that needs to be explored even more."

In conversation with Darryl David regarding Wordfest 2025

Izak de Vries, Darryl David Books and writers 2025-09-11

"I have to admit it was really easy. The name Wordfest is such an iconic brand, and there exists so much goodwill towards the festival."

Top