Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer.
Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is.
In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy.

  • Foto: Theodore Rossouw

Die sprekers | The speakers: Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-09-27

Altesaam 32 sprekers het aan die 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée deelgeneem. | During the 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée 32 speakers participated.

In gesprek met RR Ryger oor Drank, seks en David Bowie

Izak de Vries, Michael Green (pseudoniem: RR Ryger) Skrywersonderhoude 2023-09-04

"Liefde is for sure gevaarlik. Luister maar net hoe klop jou hart as jy verlief is. Jy kan ’n hartaanval kry van opgewondenheid."

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke

Naomi Meyer, Izak de Vries, Albert de Vos Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-08-24

"Hennie Aucamp is vir my nie net ’n uitstekende skrywer nie, maar ook ’n filosoof. Sy kortverhale is baie meer as blote fiksie; dit is studies van die menslike psige ook."

Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl

Izak de Vries, René van Zyl Skrywersonderhoude 2023-08-23

"Ek moet byvoeg, my eie dogters het op skool altyd sulke interessante aksie-avontuurverhale van oorsese skrywers gelees. Dit het my frustreer dat hulle nie Afrikaans wil lees nie. Dit het half ’n missie van my geword om iets te skryf wat selfs hulle, met hul kreatiewe verbeelding, sou wou lees. Iets anders."

Bybels en die leeukuil van grondbesit: ’n gesprek met Jan Vermeulen

Izak de Vries, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2023-08-16

"’n Dosent aan die Teologiese Kweekskool het eendag vir ons gesê: 'Wanneer jou gebed jou nie laat opstaan en ’n beter mens gaan laat wees nie, het jy nie gebid nie, maar gevloek.'"

Uit die blou van onse Langenhoven, uit die diepte van ons Sontonga

Izak de Vries Boeke en skrywers 2023-08-10

"CJ Langenhoven is op 12 Augustus 1873 gebore; 150 jaar gelede. Enoch Sontonga is ook 150 jaar gelede gebore, waarskynlik in 1873. Ons sing nog steeds baie gereeld albei se woorde. Sontonga is die jin van Langenhoven se jang."

Klein, maar wonderlik: ’n lesersindruk van Claire Keegan se Small things like these

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-08-07

"Wanneer Furlong egter een snerpende oggend ’n meisie in die steenkoolhok ontdek, klop hy aan by die klooster en word dadelik vertel dat sy wegkruipertjie gespeel het. Hy kry warm tee en koekies, plus ’n Kerskaartjie met ’n allemintige 50 pond daarin."

Nicol Stassen 60, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-08-02

"In die bloemlesing is dit kenners wat vanuit hul eie veld praat oor sy bydraes tot soveel verskillende aspekte van ons land en sy mense. Van die pryse en toekennings wat hom al toegeval het, kom ook ter sprake."

Waarom skryf ek Afrikaans: Kaapse struggledigter gepubliseer

Izak de Vries Boeke en skrywers 2023-07-26

"Dit het hoegenaamd nie gesorg dat hy stilgebly het nie. Hy het aanhou skryf onder skuilname, en koeriers, onder wie Allan Zinn, een van die redakteurs van die bundel, het leeswerk vir hom gebring en sy skryfwerk uitgesmokkel."

Johan Jack Smith, die stil man wat ander laat skitter het

Izak de Vries In memoriam 2023-07-18

"As daar omstredenheid was, het Johan pa gestaan. As daar eer uitgedeel is, het Johan rojaal daardie eer op ander gesprinkel. In talle onderhoude prys hy die vryskutters en sy lojale span medewerkers."

Uit die argief: Waarom is Navo ’n vlieg in Poetin se salf?

Izak de Vries Menings 2023-07-13

"Hierdie artikel is oorspronklik op 21 April 2022 geplaas toe Finland en Swede aansoek gedoen het om toegelaat te word tot NAVO. Oekraïne wil ook deel word van NAVO. Tans is Artikel 5 van die NAVO-verdrag ’n rede waarom verskeie lande nie op hierdie stadium toelating steun nie."

Woza Albert! remains brilliant and sadly relevant

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2023-07-04

"One is supposed to see plays like Woza Albert! the way one does with Shakespeare, simply because they are brilliant. The scenes in this play ought not to be familiar anymore."

Should Paul from The bucket list be on yours?

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2023-07-03

"In a world where warmth and fuzziness à la Tuesdays with Morrie became our expectations of people living out their last in a stately way, it is important to be reminded that there are those, like Paul, who want to go kicking and screaming, dragging others with him."

Swartwater is amateurteater met ’n warm hartklop

Izak de Vries Teater 2023-07-03

"Swartwater handel oor die lewe van ’n nomadiese groep mense wat nooit behoort nie. Eers trek hulle agter hulle vee aan, dan word hulle deur wit base weggejaag van plase af en moet weer elders gaan bly."

Pieter Odendaal se Droomwerk bring postkoloniale denke na die hospitaal

Izak de Vries Teater 2023-07-03

"Tydens die era van modernisme en kolonisasie het Westerse medici geglo dat jy enige iets met ’n pil moet kan behandel. In die era van die postmodernisme en die bestuur van diskoerse om dekolonisering, word omgewingsfaktore deeglik in ag geneem."

Top