Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf Izak. Hy het reeds die Comrades Marathon agt keer voltooi.

#feesmustfall: Betogersgids 101

Izak de Vries Seminare en essays 2015-10-23

"Julle kán universiteite onherroeplik, en ten goede, verander as julle slim dink. Ek het nie die antwoorde nie. Gaan vind die antwoorde."

Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2015

Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-10-20

Altesaam 180 toneelstukke het vanjaar aan die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem, met ongeveer 3 000 hoërskoolleerders wat die verhoë warm gespeel het.

ATKV-Muziq: The astonishing journey of Junnan Sun

Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-10-13

"This is why the ATKV’s competition is so important. Every year I would go online to see who had won and I would listen to that person and decide what I would still need to learn to get better, so that I too could win."

Van ’n arm kleintyd na internasionale roem

Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-10-08

"Onthou die naam Noluvuyiso Mpofu. Onthou haar as die meisie wat, sonder enige hulp, vir haarself geleer opera sing het."

Onderhoud: Peet Venter

Peet Venter, Izak de Vries, Carla van der Spuy Skrywersonderhoude 2015-10-02

Peet Venter op 75: "Om ’n meganiese stelsel te kan ontwerp moet ek dit eers in my geestesoog kan sien. Dieselfde met karakters en hulle handelinge. Ek moet hulle kan sien, hoor, voel."

IBBY Honours List for 2015 and 2016

Izak de Vries Boeke en skrywers 2015-09-21

On 17 September 2015 IBBY SA announced the six South African books nominated to represent our country at the IBBY World Congress that will take place in Auckland, New Zealand, during 2016. Read more about and see photos of the announcement.

Foto's: ATKV-Woordveertjies 2015

Naomi Bruwer, Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-09-14

Sewentien ATKV-Woordveertjies is Vrydagaand toegeken by 'n spoggeleentheid by D’Aria in Durbanville. Vanjaar spog ook LitNet met 'n spesiale veertjie in die LitNet-hoed.

Boekresensie: Huisies van papier deur Dalena Theron

Izak de Vries Resensies 2015-09-14

"Huisies van papier vertel die verhaal van 'n jong vrou wat haarself moet los maak van haar pa se rokspante."

Leer ’n gemeenskap lees en skep ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrika

LitNet, Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-09-09

Die ATKV se aktiwiteite en projekte is daarop gerig om Afrikaanse geletterdheid op ’n inklusiewe en kreatiewe wyse te bevorder.

Foto's: Boekbekendstelling van Split deur Debbie Loots

Izak de Vries Boeke en skrywers 2015-09-04

Split se onlangse Kaapse boekbekendstelling was in Clarke’s Bookshop, die oudste boekwinkel in Kaapstad. Izak de Vries was daar.

Foto's en oorsig: South African Book Fair 2015

Izak de Vries Boeke en skrywers 2015-08-19

Die South African Book Fair van 2015 is in Johannesburg se Turbinesaal aangebied. Izak de Vries was daar.

Wie se Afrikaans? Ommietafel by die Afrikaanse Taalmuseum

Jean Oosthuizen, Izak de Vries Portale 2015-08-18

"Baie van daardie mure wat Afrikaanse mense dekades lank in kampe verdeel het, is Vrydagaand afgebreek toe daar prontuit om die tafel gepraat is oor wie se Afrikaans."

Foto's: Ommietafel – wie se Afrikaans?

Izak de Vries Portale 2015-08-17

Izak de Vries deel sy foto's van dié feesviering.

ATKV-Applous: Administratiewe rompslomp keer nie dié koor se goud nie

Izak de Vries ATKV-Portaal 2015-08-11

"Hulle het die gehoor op hulle voete gehad en is formeel met 'n goue sertifikaat vereer, wat beteken dat hulle meer as 80% behaal het."

Onderhoud met Floris Smith, die goue rieldansers se bestuurder

Floris Smith, Izak de Vries Leefstyl 2015-07-22

Floris Smith, bestuurder van die Nuwe Graskoue Trappers, vertel vir Izak de Vries hoe sy groep die wêreld stof in die oë geskop het met hulle optrede by die 18de Internasionale Wêreldkampioenskap vir die Uitvoerende Kunste in Los Angeles in die VSA.

Top