Bekyk hierdie plasing op Instagram
Dit is nogal ironies dat ’n cisgender meisie van ’n konserwatiewe, godsdienstige agtergrond onlangs kolhoue geslaan het teen die antigenderbeweging se onlogiese haatspraak rakende minderhede.
Imane Khelif kom van Algerië, ’n land waar Islam die godsdiens is. Sou ’n mens die CIA glo, is 99% van die land se bevolking Moslem. Hoewel die land ’n demokrasie is met gereelde verkiesings, beskou die CIA die land se godsdiensleiers as ’n belangrike mag wat die regering en die gemeenskap in die agtergrond help vorm.
Algerië word gesien as ’n redelik tolerante samelewing, tog sien Amnestie Internasionaal vroueregte en genderkwessies steeds as problematies in daardie land. Die film Barbie is byvoorbeeld verban uit Algerynse teaters, aangesien dit morele standaarde sou in gevaar stel.
Ook, belangrik, volgens dieselfde verslag:
The Penal Code continued to criminalize consensual adult same-sex sexual relations, punishable by up to two years in prison and a fine.
In January, the trade ministry announced a campaign against all products that contained “colours and symbols contrary to the morals”, referring to the rainbow colours of the LGBTI movement.
Meer nog:
The Penal Code and Family Code continued to unlawfully discriminate against women in matters of inheritance, marriage, divorce, child custody and guardianship.
En:
The activist group Féminicides Algérie recorded at least 36 femicides. Women’s rights groups continued to ask for femicide to be recognized as a crime.
Daar het jy dit.
Imane Khelif is na Parys gestuur as vrou en Algerië staan breëbors agter haar. The Guardian berig Sondag:
In Paris on Saturday, Khelif entered the ring to deafening cheers from a large Algerian contingent. She dominated the fight but, afterwards, was in tears as she walked past a scrum of international journalists.
Waarom die trane?
Die publikasie them som Khelif se trane ten beste op:
After an Italian boxer forfeited her match against her Algerian opponent Imane Khelif at the Paris Olympics on Thursday, a loud chorus of conservatives, anti-trans activists, and right-wing celebrities fell over themselves to condemn Khelif’s participation in the games, claiming she was “male” and should not be allowed in boxing. But in truth, there is no evidence for these claims — only the ever-present specter of transphobia and anti-intersex hate in sports.
Die haat van die regses is verstommend. JD Vance, wat hoop om die VSA se nommer twee te word, sê:
This is where Kamala Harris’s ideas about gender lead: to a grown man pummeling a woman in a boxing match. This is disgusting, and all of our leaders should condemn it.

Ek het ’n skermgreep geneem, want hy mag dit dalk verwyder wanneer die prokureurs toeslaan.
JK Rowling het natuurlik ook nie op haar laat wag nie:
The smirk of a male who’s* knows he’s protected by a misogynist sporting establishment enjoying the distress of a woman he’s just punched in the head, and whose life’s ambition he’s just shattered.
[*sic]

Nog eens ’n skermgreep, want daar is prokureurs wat besef Khelif kan Rowling en Vance dagvaar omdat hulle haar lewe in gevaar stel deur sulke goed kwyt te raak. ’n Mens sou hoop iemand begin ’n klasaksie namens haar.
Maar hoe het ons hier gekom?
Waarom word ’n meisie met soveel haat vanuit die regse kringe bejeën?
Reductio ad absurdum
Vance is natuurlik weer verkeerd. Gender het niks te doen met Khelif se oorwinning teen Angela Carini nie.
Khelif is ’n vrou en die konserwatiewe, Islamitiese staat Algerië het haar na Parys gestuur as vrou. Algerië staan daarom bankvas agter hulle klein vegtertjie.
Die Algerynse Olimpiese komitee het, volgens CNN, die leuens wat oor Khelif versprei word, uitgedaag en hulself uitgespreek teen “unethical targeting and maligning of our esteemed athlete, Imane Khelif, with baseless propaganda from certain foreign media outlets”.
Op ’n vreemde manier bewys Rowling en Vance egter die genderbeweging ’n guns met hulle gevaarlike, ondeurdagte opmerkings. Hoekom? Om dit te verstaan, sal ons die ou Griekse filosofietruuk, ’n reductio ad absurdum, inspan.
Voor ons dit doen, eers net enkele terme.
Seks is ’n biologiese merker. ’n Persoon met ’n vagina sal gewoonlik by geboorte as vroulik geklassifiseer word.
Gender is ’n sosiale konstruk. Gender verwys na die manier waarop die samelewing na ’n persoon kyk. Vroue word in baie lande nog onderdruk weens mans se dom idees. Gender maak dat mans hulself dikwels belangriker ag as vroue. Genderstudies is dus ’n belangrike wapen in die stryd teen patriargie, want dit bevraagteken die tradisionele rolle wat mans en vroue aan hulself en ander toeken.
Daarom is dit lekker om te sien dat Omar Khelif, die pa van die Olimpiese bokser, hom min steur aan die tradisionele genderrolle van onderdanige vroue. Hy het aan Skysports gesê:
My child is a girl. She was raised as a girl. She’s a strong girl. I raised her to be hard-working and brave. She has a strong will to work and to train.
’n Mens mag jou hoed afhaal vir ’n man wat in ’n konserwatiewe land bly en steeds sy dogter respekteer vir wie sy is. In ’n land waar daar so onlangs as Mei 2023 ’n wet ingestel moes word om gedwonge huwelike te bekamp, was Omar Khelif nie bang om ’n dogter groot te maak wat haar eie mens is nie.
Omar Khelif verstaan iets wat JK Rowling nie verstaan nie.
Die manlike magsposisie is die rede waarom soveel regses, waaronder JK Rowling, teen transgender individue diskrimineer. Die joernalis, Michèle Meyer, het byvoorbeeld in Maart vanjaar vertel hoe haar seun gerebelleer het teen alles wat vroulik is in die skooluniforms wat hy moes dra. Michael, haar oudste seun, is met ’n vagina gebore, maar hy is ’n man. En hy identifiseer so. Talle regses kan egter nie aanvaar dat Michael ’n man is nie, sy snor en sy baard ten spyt. Sy gender maak dat mans hom as ’n gelyke moet aanvaar. Hulle wil nie.
Dis waar ons nou die reductio ad absurdum sal kan toepas: As JK Rowling ’n cisgender vrou as “male” uitskel, al is sy ’n vrou en al identifiseer sy as vrou, gaan dit moeilik wees om iemand anders, soos Michael, van daardie reg te ontneem as hulle uit eie vrye wil as manlik identifiseer.
Ongelukkig is sulke slim argumente nie iets waarna die regses luister nie.
God maak mos nie foute nie...
In ’n besonder interessante argument teen gender, skryf die konserwatiewe groep Focus on the Family, dat God nie androgeen is nie, maar:
God, of course, is neither male nor female. He transcends all such categories. Indeed, the concept of an “androgynous” God is not only foreign but actually offensive to orthodox Christian theology. It is not God but we who are marked and set apart from one another in terms of sex.
En dan:
Heterosexual marriage, then, is the “locus” par excellence of the image of God in man. This is why it is so important to maintain the distinction between male and female as originally designed and implemented by the Creator.
Daar is dit.
Die oomblik wanneer iemand buite die streng genderidees van die godsdiens dink, dan is dit ’n probleem. ’n Vrou moet trou en aan haar man onderdanig wees, anders maak sy die konserwatiewe Christene bang.
Vroue moenie soos ’n man kan slaan in ’n bokskryt nie.
Die Fellowship Bible Church stel dit baie duidelik:
The cultural redefinition of gender identity and expression is progressing at a breathtaking speed. This redefinition follows our culture’s and government’s rejection of biblical marriage and biblical sexuality that has unfolded in recent decades. The cultural redefinition of gender identity is a natural consequence of denying God’s plan for human flourishing through His created design for men and women.
As dit waar is, hoe kan Rowling en Vance dan sê Khelif is ’n man? Khelif is dan “designed and implemented by the Creator”, nie waar nie?
As ons weer die reductio ad absurdum sal kan toepas, het God mos ’n fout gemaak met Khelif in die oë van Rowling en Vance?
Of: Was God dalk al die pad oukei? Dalk is Rowling en Vance verkeerd?
Maar kom ons gebruik weer die Fellowship Bible Church se eie woorde.
Why should we care about a person’s choice about their identity? Isn’t it really their own personal business? No, it is not. A person’s gender identity affects how others interact with that person because for thousands of years that is how societies have rationally functioned.
Oukei. As dit so is, waarom kies Rowling en Vance om nie Khelif te respekteer nie?
Die hartseer antwoord is natuurlik dat “God’s plan for human flourishing through His created design for men and women” skynbaar nie geld wanneer iemand nie in ons samelewing se boksies inpas nie; dit is boksies wat deur mense gemaak is.
Dieselfde haat waarmee regse groepe trans mense veroordeel, word nou teen ’n cisgender meisie ingespan.
Imane Khelif het nie gekies om te lyk soos sy lyk nie. Sy het wel dônners hard gewerk om so sterk te word. Maar sy pas nie in by mense se konstrukte van hoe ’n “mooi” vrou moet lyk nie, daarom word sy verguis.
Het God se “design” dus ’n fout gehad? Of is ons menslike boksies verkeerd?
Is die Olimpiese komitee “a misogynist sporting establishment”?
Rowling beweer die Olimpiese komitee is “a misogynist sporting establishment”.
Ek dink sy is verkeerd.
Marwa Abdelhady en Doaa Elghobashy, twee Moslems wat Egipte verteenwoordig, het byvoorbeeld strandvlugbal gespeel in hulle hijabs, al het hulle opponente bitter klein bikini’s gedra. Daarteenoor is Sounkamba Sylla, die Franse 400 m-atleet, verbied om ’n hijab te dra – nie deur die Olimpiese Spele nie, maar wel deur haar eie land.
Dit wil dus voorkom of die Olimpiese komitee nie vrouehaters is nie.
Maar wat van gender? En wat maak die Olimpiese komitee met mense wat skynbaar nie inpas in “God’s plan for human flourishing through His created design for men and women” nie? Suid-Afrika se eie Caster Semenya is by die Olimpiese Spele toegelaat, al het talle, ook in Suid-Afrika, haar verguis.
Reeds op 16 November 2021 het die Olimpiese komitee aangekondig:
Following a two-year consultation process with more than 250 athletes and concerned stakeholders, the International Olympic Committee (IOC) today released its new “IOC Framework on Fairness, Inclusion and Non-Discrimination on the Basis of Gender Identity and Sex Variations”.
Die raamwerk is die moeite werd om te lees en is sonder skrome daar om vroue te beskerm.
Through this Framework, the IOC seeks to promote a safe and welcoming environment for everyone involved in elite-level competition, consistent with the principles enshrined in the Olympic Charter. The Framework also acknowledges the central role that eligibility criteria play in ensuring fairness, particularly in high-level organised sport in the women’s category.
Hulle sê ook:
This Framework recognises both the need to ensure that everyone, irrespective of their gender identity or sex variations, can practise sport in a safe, harassment-free environment that recognises and respects their needs and identities, and the interest of everyone – particularly athletes at elite level – to participate in fair competitions where no participant has an unfair and disproportionate advantage over the rest.
Die probleem is natuurlik dat party mense gewoon beter is as ander. ’n Baie goeie vriendin van my se seun was in die Suid-Afrikaanse oefenkamp om te gaan roei in die Olimpiese Spele. Hy is ’n moerse groot ou en het geweldig hard gewerk. Hy is oorgeslaan, want hy is ’n rapsie korter as die ander.
Deksels.
Khanyiso Tshwaku het Vrydagaand vir News24 met my lewensgenoot oor Imane Khelif gesels. Ek het hierdie deel op Facebook gedeel:
Dr Elma de Vries, a professor at Nelson Mandela University in Gqeberha and a family physician by trade, said unfair genetic advantages like Lin’s and Khelif’s could be equated to those of celebrated Olympic swimmer Michael Phelps, who was known to have distinct genetic advantages, like a bigger wingspan, that made him a better swimmer. “However, there are genetic variations and Michael Phelps is the example because he has muscles that make him better than the others.”
De Vries said the likes of Lin and Khelif didn’t choose to be born and develop the way they did as human beings and that needs to be respected. “It is difficult with DSD athletes because other women athletes argue that there are unfair advantages,” De Vries said. “But, in that case, male athletes must argue that Phelps also has an unfair advantage because of his genetic makeup.”
“It is very unfair and cruel to misgender someone,” De Vries said.
So, party mense is gewoon vinniger, langer of beter slaners as ander.
Die feit is dat die Olimpiese komitee duidelike riglyne het om atlete te beskerm:
Where eligibility criteria must be set in order to regulate the participation in the women’s and men’s categories, the establishment and implementation of such criteria should be carried out as part of a comprehensive approach grounded on respect for internationally recognised human rights, robust evidence and athlete consultation. In so doing, precautions should be taken to avoid causing harm to the health and well-being of athletes.
In die ware gees van die Olimpiese Spele sal die Olimpiese komitee egter nie bloot lukraak mense wegwys nie. Dit geld selfs vir transgender atlete en vir atlete wat nie gebore is met ’n eenvoudige antwoord of hulle manlik of vroulik is nie.
Lastly, the IOC notes that most high-level organised sports competitions are staged with men’s and women’s categories competing separately. In this context, the principles contained in the Framework are aimed at ensuring that competition in each of these categories is fair and safe, and that athletes are not excluded solely on the basis of their transgender identity or sex variations.
Ek het reeds tevore geskryf dat daar beslis gevalle is waar daar op die heel hoogste vlak teen trans atlete gediskrimineer mag word, ook dat dit in sommige gevalle moontlik nodig mag wees om sekere intervensies te vra van interseks atlete.
Die geval van Imane Khelif val egter buite enige norme wat maak dat daar teen haar gediskrimineer mag word.
Thomas Bach, president van die Olimpiese Komitee, se woorde is duidelik in hierdie plasing op X.
IOC President Thomas Bach responds to questions about the women's boxing competition and makes it very clear there was never any doubt on the athletes being women, and that the current online abuse is unacceptable. pic.twitter.com/Xvd6SvtmQ5
— IOC MEDIA (@iocmedia) August 3, 2024
Dus?
Die Olimpiese komitee het hul eie reëls nagekom en met reg vir Imane Khelif toegelaat om te boks. Sy is ’n Moslem meisie van Algerië wat ’n Olimpiese medalje na haar konserwatiewe land gaan terugneem. Daarmee sal sy ’n lansie breek vir al die vroue van daar.
As ek kon, sou ek vir Khelif wou sê: “Moer hulle meisiekind, laat jou vuiste geld in die kryt.” En ook: “As jy gelowig is, stem ons saam dat Allah geen fout gemaak het toe hy daardie twee armpies van jou ontwerp het nie!”
Lees ook:
Is diskriminasie teen transgender en interseksatlete veroorloof?

