Izak de Vries

Izak de Vries het ’n honneurs in skeppende skryfwerk gedoen en toe ’n MA-verhandeling oor André P Brink se Inteendeel. Hy het egter ewe veel geleer by die Universiteit van die Lewe. Op vyftienjarige ouderdom begin hy reeds as joernalis sy kamera- en woordvaardighede kombineer om sakgeld te verdien. Skaamteloos erken hy deesdae die invloed wat talle subredakteurs van verskeie koerante en tydskrifte op hom gehad het. Om dié rede probeer hy deesdae terugploeg deur werkswinkels aan te bied waar ander weer uit sy praktiese ondervinding kan leer. Sy eerste bundel kortverhale, Kom slag ’n bees, verskyn in 1996 en die tweede, Byna liefde, in 2006. Talle kortverhale en verskeie van sy gedigte is reeds gepubliseer in versamelbundels, veral dié wat op die skolemark gerig is. In sy vrye tyd skryf hy graag die goed wat hý wil skryf, neem hy die foto’s wat hý wil neem en spandeer hy tyd met sy gesin. Hy is ook mal oor lees en spandeer soveel tyd as moontlik in die natuur – veral daar waar selfone nie werk nie en kragpunte nie eens ’n gedagte is nie. Om fiks te bly, draf hy. Foto: Theodore Rossouw

Roslynne Toerien in Gqebera

Izak de Vries Boeke en skrywers 2025-09-10

"’n Saal vol kinders jok nie. Selfs die klein outjies wat ek dopgehou het, sou rondskuif, maar hulle het beslis die storie gevolg en wou baie graag die vrae beantwoord wat sy elke nou en dan gevra het."

Madelein Rust deur my lens

Izak de Vries In memoriam 2025-08-06

"Uiteindelik, toe sy voel mense reken haar as ’n skrywer, het sy gesê nóú mag ons oor kanker praat. En toe gebruik sy haar bekende gesig om mense aan te moedig in hulle eie stryd teen kanker – dit het allermins oor haar gegaan."

Die LitNet25-skrywersberaad en die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 in ’n aantal kiekies verbeeld

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-31

Die Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad het van 25 tot 27 Julie 2025 plaasgevind in Nxuba, die Karoodorp wat beter bekend is as Cradock. Die ATKV-skryfskool was weer deel van die geleentheid.

Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai

Izak de Vries Teater 2025-07-16

"Waar PG du Plessis ons na die Afrikaner-adel se voorkamer geneem het, neem Louis  de Villiers se stuk ons na die sit- en eetkamer van die Afrikaner-middelklas. En dis die punt. Ons kén die mense op die verhoog."

The Schreiner Karoo Writers Festival of 2025

Izak de Vries Books and writers 2025-07-02

"Where better to hold an annual literary festival than in the gorgeously, dare one say courageously, restored story street in that remarkable little Karoo town and in the very hotel in which both Schreiner and Mark Twain spent time?"

Tippie, die klein grys olifantjie wat kinders help lees

Izak de Vries Kinderboeke 2025-06-05

"Talle is na haar verwys omdat hulle nie kan lees nie. Toets sy hulle, dan toon die kinders gemiddelde intelligensie, wat beteken dat hulle veronderstel is om te kan lees."

Elise Bishop se nuwe boek bekendgestel

Izak de Vries Boeke en skrywers 2025-06-03

"Ná Elise se werk op LitNet begin verskyn het, kon selfs meer mense kennis neem van die heerlike staaltjies en die eiesoortige manier waarop sy haar taal gebruik."

Kleure: Nádine se stem ’n geskakeerde palet saam met Johan Heystek

Izak de Vries Musiek 2025-06-02

"En wragtie, daar blaas haar optrede my vooroordele heeltemal uit my harsings uit. Ek is nou ’n fên."

Historiography and art investigated during a double launch of Mandela University Press

Izak de Vries Books and writers 2025-06-02

"The first book to be launched was Winged words, a short collection of poetry on bird mythology, written by John Samuel and beautifully illustrated by Vulindlela Nyoni. The second was Tested by fire, a biography on Neville Alexander, written by Doreen Musson."

In conversation with Alan Kirkaldy, author of Everyday communists in South Africa’s liberation struggle

Izak de Vries, Alan Kirkaldy Books and writers 2025-06-02

Alan Kirkaldy, recently retired from Rhodes University in Makhanda, was awarded the Vice-Chancellor’s Book Award at the 2025 graduation ceremony for his work Everyday communists in South Africa's liberation struggle. The lives of Ivan and Lesley Schermbrucker.

Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-05-30

"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."

Op soek na Nojoli en ’n samekoms in die Karoo

Izak de Vries Menings 2025-05-27

"Die ongelukkigheid en die verwarring rondom die naamsverandering het die Jakes Gerwel Stigting genoop om saam met die plaaslike museum ’n navorsingsprojek oor Nojoli van stapel te stuur."

Notes from the dream kingdom and a celebration of poetry

Izak de Vries Books and writers 2025-05-19

"Instead of one person speaking, many did. Instead of long speeches, we heard numerous poets reading for ten minutes each."

Afrikaans se amptelike status in Oudtshoorn gevier

Izak de Vries Menings 2025-05-12

Afrikaans het op 8 Mei 1925 ’n amptelike taal geword.  Op Donderdag 8 Mei 2025 is “Nkosi sikelel’ iAfrika” gespeel terwyl ons landsvlag voor Arbeidsgenot, CJ Langenhoven se woning, gehys is. Later die aand is ’n viering van Afrikaans gehou in die Neelsie, ’n teater wat op Arbeidsgenot se gronde staan.

Die veelrassige storie van Afrikaans

Izak de Vries Menings 2025-05-09

"Die storie van Afrikaans het begin kort na 1500 toe Westerse skepe om die Kaap begin vaar het na die speserye in die Ooste. Die Khoi het só mense ontmoet wat Nederlands, Engels, Frans en Portugees gepraat het."

Top