Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring
2026-03-30"Ná die tyd het iemand egter opgemerk dat die vertoning met die bekeerdes praat. Dis jammer. Veel meer mense moet Woordenaar kan hoor."
Please, don’t call me moffie by die KKNK
2026-03-30"Hoe kan ek ’n gelowige Moslem wees as sommige moellas beweer dis haram om te wees wie ek is? Waarom sou Allah my gay maak as hy nie gay mense liefhet nie?"
Lakoon, Lacoön, Laokoön, Laocoön en Lakōn
2026-03-16"Iewers tussen Lakōn en Laokoön lê ’n baie interessante stel mites. Paris van Troje het naamlik weggeloop met Helena, die koning van Sparta se mooi vrou. En so het die Trojaanse oorlog uitgebreek."
Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind
2026-03-12"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
Arbeidsgenot se miniboekefees
2026-03-10"CJ Langenhoven sou geglimlag het as hy op 28 Februarie 2026 weer in die tuin van Arbeidsgenot kon rondloop, of vanuit die ruimte daarna sou kon afkyk. Daar was mense wat onder bome op stoele gesit en lees het en talle ander wat tou gestaan het om kaartjies te koop vir die KKNK wat op 28 Maart 2026 begin."
Zubayr Charles se Haram is ’n waarskuwing aan almal, gelowig of nie: ’n lesersindruk
2026-03-09"Hierdie roman rig ’n baie onderduimse waarskuwing: As jy dink die storie raak glad nie jóú lewe of jóú regte nie, verstaan jy duidelik nie die einde nie."
Wake up dead man is ’n waardige film vir die Kersdae
2025-12-24"Wake up dead man is uiteindelik ’n sonderlinge film oor geloof – deels ook omdat een van die hoofkaraters openlik ateïsties is."
Hanna Hopkins (101) gaan nou koek eet in die hemel
2025-12-22"Sy het verskeie reise na die Ooste en Europa onderneem en het ook Tafelberg 'male sonder tal' uitgeklim. As 100-jarige het sy nog elke dag gestap, gereeld geswem en met genoegdoening vertel dat sy deel was van ’n studiekring wat, onder andere, 'vroue van die wêreld' bespreek het."
All the saints deur Wesley Roodt: ’n lesersindruk
2025-12-09"Daar is baie Izzy-karakters in ons skole. Nou nog. Hulle het ons hulp nodig. Wesley Roodt het gekies om ’n fiktiewe karakter te skep wat uitpraat. Ek salueer Izzy dus as ’n fluitjieblaser!"
IziNdlovu deur Div de Villiers en Adrienne Carlisle in die Baai bekendgestel
2025-12-08"De Villiers het tydens die verhoor van die Ndlovu-bende aan haar genoem dat hierdie saak uniek is en dat die manier waarop die vervolging die bewyse moes benader, nog nie tevore beskryf is nie. Dis waar hulle begin gesels het oor die idee om hierdie unieke saak te boekstaaf."
Audi alteram partem – hoor die ander party
2025-12-03Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.
’n Aand van lag met Koebaai ou Koba in die Baai
2025-11-21"Ek moes terugdink aan my jeug vanaand. Koebaai ou Koba is ’n klug, en hierdie ensemble het alles uitgehaal om ’n klug daarvan te maak."
Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk
2025-11-19"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."
Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk
2025-11-19"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."
Dinge wat ons kan doen om boeke te bemark
2025-11-12"Moderne oorlogvoering span tegnologie in om met die druk van ’n knoppie grootskaalse verwoesting te saai. Die skaam IT-tegnikus word selfs in spesmagte se operasies ingespan om oorwinning te verseker en lewensverlies te beperk. Hoekom nie dieselfde beginsels in die boekwêreld toepas nie?"

