'n Geveglose bakleiery
2015-07-30 Die saailinge van my tyd, middel tot laat negentien sestigs se geboortes, is seker die laaste om sinvol herinnering aan die spel en persoon van Clive Rice te herroep. Ek en my wulpse wederhelf het elk ons eie terugflitse; ek onthou Clive se astrante en soms omstrede manier van doen en sy onthou hoe ’n […]
Dis vis en tjips
2015-07-16 Die afgelope naweek het ’n vriend vir ’n kulturele braaihoender en groente by ons kom aansit. Ons mense probeer tog deesdae om meer gereeld die gesondheidstrein se stasies te besoek en om die verleiding van wegneemetes en hul aanverwante onhebbelike eetgoed, te vermy. Ons gelese vriend merk toe juis op hoe duur die mees algemene […]
Net twee woorde
2015-07-08 Vandag het ek twee, nee, vier woorde wat genadeloos bly vassteek: waan sin en min ag. Grammaties of semanties kan hierdie ooglopende spelfoute iemand êrens so pas die hoenders ingejaag het, maar, kom my agbare onbekende pluimveejagter, laat ons ontspan. Hierdie twee, nee, vier woorde het onlangs vir my weer waarde aan denke toegevoeg; meer […]
Erfenis duurder as grond
2015-06-25 Dit mag dalk net moontlik wees dat my nalatenskap groter waarde as die lees van my testament sal inhou. Êrens sal iemand tog iets erf en ander, moontlik niks. Ons gesinsvriend en my braaimaatjie is ’n klompie dae gelede saam met haar nooi veearts toe. Haar nooi het die middag egter alleen huis toe gekom. […]
Toepassings en mistastings
2015-06-09 “So wals my my lieflaat my in angels believeEk het gesê jy is die son in Breyten se briefwant hy maak ons huilmaar jy maak my sien.”“So vlug vlug my kind” ͣ....na die ewige wysheid, My kind.In die woorde van ’n sondaar se lirieke, skuil daar soms die steurende waarheid van ’n bestaan se meriete... […]
Afrika se dag
2015-05-26 Die draadloos en die kalender in my dagboek vertel ons dat dit Afrika-dag is. Die wekroep en soms noodkrete van stemme uit die kulturele wildernis van mense en organisasies soos Dan Roodt, AfriForum, Steve Hofmeyr en selfs die Noordwes se gunsteling Mulder-gesin, bepleit die soewereine reg van een van Afrika se jongelinge; die regte van […]
Alleen
2015-05-22 “Ek wil nie so dubbelkajuitvoertuig ͣ hê nie; selfs al het dit ’n outomaties ratkas ...” “Daai Nissan se agterlig werk nie; ek wonder hoekom is daar deesdae so baie karre wat ’n 'oog' voor of agter verloor het?” “Ek hoop Hendri’tjie het ’n lekker dag; dit gaan ’n lang dag wees”.... En weer tref […]
Wanneer word genoeg te veel?
2015-05-12 Daar is ’n klomp mites en vooropgestelde gedagtes en vooroordele wat die werksmark beïnvloed. Sommige kleinsake-eienaars sal die standpunt huldig dat hulle nie ouens wat gholf speel sal aanstel nie. Ander base, sal weer die ou wat met sy gholfkarretjie in die kattebak saamry, juis aanstel. Dieselfde legendariese benadering geld vir die aanstelling van uitgetrede […]
Los my, laat ek huis toe gaan
2015-04-24 Dit was seker nog altyd maklik gewees om die kwessies van die dag as grondslag te neem en dan ’n hele gedoente daaroor te skryf. Sommige mense sal daarmee saamstem en ander sal verskil; sommige sal hul kommer oor die inhoud van die waagstuk van ’n mening met vreemde mense deel, en ander sal die […]
Stefanus Kleinsmit gesels kerk
2015-04-21 Ek het vandag ’n nuwe vriendskap bevestig. Sy naam is Stefanus Kleinsmit, maar die gemeente noem hom broer Steven. Hy is 89-jaar oud en hy werk nog elke dag van 09:00 tot 16:30, netjies geklee en altyd in 'n pak klere of ten minste met ’n onderbaadjie, as dit te warm is. En elke dag […]
Gedagtes oor geluk, uitgebrei
2015-04-14 Die boodskappe en wyshede oor die belangrikheid vir die sinvolle versorging van ons denke in hierdie varse humanitêre wêreld van ons, lê gelap, soos die wingerde in die De Doorns-vallei, op al wat ’n groetekaartjie, traktaaitjie en sosiale webblad is. Gedagtes oor positiewe dink-dinge trek duisende “likes” op ieder en elke prediker van goeie boodskappe […]
Beelde en brûe
2015-04-10 Ek wonder of die medeburgers wat tans so warmbloedig oor bewaring van monumente en beelde raak, ooit ’n ware besef het van wat die dooie klippe en brons, wat nou óf bewaar óf beweeg moet word, werklik behels?
