Hennie Fritz

Ek neem die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself. Dit mag dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees. Dit is goed so. © Aangesien dit myne is, behou ek die regte op die inhoud van my skryfgoeters. Alhoewel, kritiek en leiding sal ek waardeer.

Twee-uur se afspraak half vier

Hennie Fritz 2012-07-13 Ek stel haar gerus dat ons nie meer druk sal plaas nie. Sy moet ontspan; gaan kry die karre in en hou aan werk. Binnekort is hulle weer aan-die-gang. Ons sal help.

Geld

Hennie Fritz 2012-07-05 Mens mag steier en kommer, dit hou jou soekend, want met elke Godsgenade oefening verbeter jou fiksheidvlak en groei die gestel se weerstand teen die aanslae. En, kort-voor-lank, wen jy meer van geld se veldslae as wat jy verloor.

In misdaad se blik

Hennie Fritz 2012-06-26 In meer as een gesprek op ‘n dag, word die onderwerp van ‘n opbouende dialoog verskuif na die werklikheid en kommer wat misdaad meebring.

Padwaardigheidstoets

Hennie Fritz 2012-06-26 Vanoggend met die kraai van die vierde haan, neem ek ons woonwa vir haar * padwaardigheidstoets. Iets waarsonder haar verkoop transaksie nie voltooi kan word nie. Vir ‘n ieder mag dit na niks vreemd klink nie, behalwe natuurlik dat ek nog nooit so iets gedoen het nie! Daar was dus so ‘n mate van ‘n gemoedskonsternasie te bespeur.

Volwasse ervaring

Hennie Fritz 2012-06-22 Die stoeiende gedagtes van die afgelope klompie uur, wat hulle as ’n skryfding nou gestalte wil gee, is moontlik nie net gevorm in die uitvoering van ’n dagtaak nie, maar was moontlik ook die resultaat van ’n stuk nuuskierigheid. Daarom, en seker ook om my sogenaamde heilige onskuld te beskerm, moet ek noem dat die ondervinding van gister in werksverband was – suiwer aldan nie.

Wintervakansie

Hennie Fritz 2012-06-21 "Ons elkeen het so ‘n pak vakansiefoto’s êrens. Party se pakke is voller as ander en die albums beter saamgestel, maar op die een of ander manier is dit daar."

Fornikering op ’n afstand bekyk

Hennie Fritz 2012-06-20 Seks, seks en nog meer seks ...

Noag in Brackenfell

Hennie Fritz 2012-05-16 In Maart 2012 het die Here aan Noag, wat nou in Brackenfell woon gesê: "Weereens, is Ek teleurgesteld in hierdie goddelose aarde en jul oorbevolktheid.

Om oor die depressie en die seer te praat

Hennie Fritz 2012-05-15 Die afgelope tyd was die gemeenskap weer geskok deur die onverstaanbare dood van Annake de Villiers. Gister in die sondagsmart- en sensasie blad kon mens die hartseer en stukkendgeit in Lize Beekman se aangehaalde woorde voel.

Duskant valentynsdag

Hennie Fritz Academic research 2012-02-16

'n Gedagte-ding wat ek voor die grote Valentynsdag geskryf het ...

Hereniging van vreemdelinge

Hennie Fritz 2012-02-16 Matriekklashereniging.

Rede genoeg?

Hennie Fritz 2012-02-16 Geskenk by die werk.
Top