Hennie Fritz

Ek neem die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself. Dit mag dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees. Dit is goed so. © Aangesien dit myne is, behou ek die regte op die inhoud van my skryfgoeters. Alhoewel, kritiek en leiding sal ek waardeer.

Gee, gee, gee

Hennie Fritz 2013-07-16 "Vandag moet ek egter verskoning aanbied en amptelik kennis indien en laat weet dat ek nie die 67-minute-ding gaan ondersteun nie."

Gelukvoos (Tanka-gedig)

Hennie Fritz 2013-07-09 'n Tanka-gedig is 'n tradisionele Japanese poësievorm wat uit 31 lettergrepe bestaan. Hennie Fritz probeer.

Voeding meer as kos

Hennie Fritz 2013-07-02 Die ander dag môre toe die kinders soos gewoonlik vra “wat maak ons vanaand?” (die eintlike vraag is: wat eet ons vanaand?), toe besef ek net weer dat die waarde van kosmaak baie vêr bokant die voedingswaarde van die kos lê.

Wat maak jy hier?

Hennie Fritz 2013-06-12 Hoewel Elia as profeet ’n gerekende man van God was, het hy die profesie laat wag en daar in die Horebberg in ’n grot gaan oornag. Tot die Here hom daar kom roep het ... "Wat maak jy hier?"

Geroep is julle

Hennie Fritz 2013-05-28 Gelukkig is dit verseker God se Wil dat dit moet gebeur; en hopelik hier-en-daar, een van ons kerkgroepe se wil om daarna te luister.

Grensoorlogstorie: Gesteelde tyd

Hennie Fritz 2013-05-21 Terwyl hulle ’n koffietjie geniet, vertel die sersant my tussendeur waar ek oortree het en dat ek binne 24-uur vir diensplig sal moet aanmeld. Anders sal hulle my in hegtenis moet neem. “Absent without leave.”

Kry jou vir koffie

Hennie Fritz 2013-05-10 “Kry jou vir koffie” ... dit is een van die mees gesegde uitnodigings, groete en beloftes tot weersiens, wat ek kan onthou.

Verandering van geluk

Hennie Fritz 2013-05-08 Oor verandering en die gedagtes op pad ...

Kwaad word en slaap

Hennie Fritz 2013-04-22 Baie aande, so kort voor insluimering, het ek lê en dink aan die een persoon wat ek nog graag aan die strot sal wil gryp.

Genade deur dankbaarheid gevind

Hennie Fritz 2013-03-21 Riaan Cruywagen het met sy vele openbare afskeidsboodskappe vroeër, bykans altyd met een sinsnede afgesluit: ..”dit was net genade”. Toe dink ek en weer en weer kon ek hierdie skryfstuk nie keer ...

’n Fees soos ’n fees moet wees

Hennie Fritz 2013-03-21 By vanjaar se fees was ek nie meisieloos nie en my eie tienerseuns (jongmanne) het die fees op hul gesonde manier geniet. Ek verlang lankal nie meer na die Kaapse Skou nie, maar ek sien wel uit na die volgende fees saam met my mense. 

Die waarheid onder Oupa se hoed

Hennie Fritz 2012-11-06 “Op dees aarde is daar min dinge wat my nog sal verbaas”. So hoor ek Oupa eenkeer oor ’n saak of gebeurtenis sê.

Die groene bewaringsding

Hennie Fritz 2012-09-13 "Nie almal se moderne denke is altyd reg nie."

Sien die verandering

Hennie Fritz 2012-08-23 Sien die verandering

Rykdom

Hennie Fritz 2012-08-17 "Deur lyding en verlies, kry ons dikwels die moed om te ontdek wie ons is, eerder as om die onvermydelike uit te stel of in vrees weg te kruip."
Top