Aangesien baie min van ons ooit die kennis en ervaring van die soeke na maniere om die leë bak van oënskynlike gebrek aan te vul, bemeester het; het ek nog altyd geglo, dat as toegewyde werk slim genoeg gedoen word, dit finansiële sekerheid sou verseker. Maar soos die slang van goedgeloof en kortsigtigheid oor die pad van waarheid seil, bars die borrel van sekerheids-illusie en tuimel die bankbare reserwes dramaties in duie.
Wanneer skielike grimmige verandering by mens opdaag, sal jy altyd die ergste moontlike vrees. Totdat mens gaan stop, wag en dink, om te begryp watter energie die wese van geld uit lewensgeluk druk, dat ons nodig het om dit te verander en so die bron van ware rykdom te ontdek.
As ’n jong volwassene, ek het ’n sterk werksetiek van my ouers geërf, natuurlik saam met ’n onbewuste oortuiging dat geld "moeilik was om te bekom." Alhoewel hulle in die skaarste van tye, steeds die hand van voorsienigheid oopgehou het. Iets wat my later jare angsbang vir ’n gebrek sou maak en selfs meer vreesbevange vir die verliese daarmee saam.
Ten spyte daarvan en dat hierdie ongesonde energie van die verlede ’n steen in my geestelike pad gerol het, het dit steeds gegroei en kon die struweling om die ingewortelde vrese die hoof te bied en aan te spreek, eenvoudig net nie meer geïgnoreer word nie.
So met verloop van tyd, onse Vader se genade en vele psigiese sweepslae, kon die ou oortuigingswortels uitgetrek word. Die waarheid is: Hy het in die vorm ’n “wyse man” wie se stem sterk, kragtig en gevul met kalmte was, my verplig om te luister.
Die boodskap was:
"Jy is uitgeput omdat jy negatiewe energie die oorhand oor die ware jý gee; gaan soek jou eie kreatiewe impuls en wat jou ware rykdom is."
Toe het ek deeglik bewus geword van twee keuses. Een daarvan was om af te daal in die alleenheid van inkrimping, paniek en wanhoop. Die ander was om te aanvaar wat ontvou en die werklikheid in ’n verhoogde perspektief te sien.
Die keuse van ’n verhoogde perspektief, het ek geweet, sal my dring om aksie te neem en die moed om my intuïtiewe gawes eerder te gebruik as om dit weg te steek, en mens so dus uit die kloue van vrees te red. Dit was beslis die tyd om te begin grawe aan wie, wat, waar en hoe. Ook om die reddingsboeie in meer as net randwaarde te gaan soek.
Met daardie bewustheid wat vorm aanneem, het ek ’n voorneme gemaak om die finansiële en kreatiewe deel van menswees te gaan genees. Ironies dat die eerste besef net ’n weerspieëling van die ander is, met die volgende kort op sy hakke:
- Eerstens: Ek aanvaar finansiële verlies as ’n geskenk en die pad van verlossing as ’n gegewe en omskep dit so in ’n positiewe, groot ervaring.
- Tweedens: Ek het bladsye, stukke en gedigte aan my self en wie ookal geskryf om so my gedagtes te verklaar, "Fine! As ons alles verloor het, laat dit ’n pragtige beginpunt wees. Ek belowe om die res van my lewe in ooreenstemming met my gawes, vaardighede en talente te verwyl. "
- Derde: Ek het begin om te werk aan denkdinge. Toe sit ek stil en vra: "Hoe het hierdie finansiële situasie in terme van ’n vrees-gebaseerde beeld homself openbaar?" Ek het ’n donker put gegrawe, dalend diep in die grond in; wat my dreineer van al my energie en hulpbronne. Kortom, ’n "afgrond".
- Vierde: "Wat kan gedoen word om die vrees te omskep in uitbreiding en oorvloed."
Vir maande en weke, elke keer as vrees toeslaan in reaksie op ’n gebrek of ’n geldkwessie, sou ek die afgrond en die vul van die gat met die grond van genade en geleentheid in my geestes oog sien, en met tydsverloop al hoe kleiner en kleiner sien word. Totdat dit eendag heeltemal weg sal wees.
Die gawe van verlies is ongelooflik. Dit verplig mens om vrese, angs en gebrek viervoetig en verantwoordelik aan te spreek en te verander in iets kreatief, waaruit die mooi geneem kan word.
Twee jaar later; ons finansiële situasie het ook ’n grasieuse beurt vir beterskap geneem. Ek het die groeiende gevoel vir ’n meer entoesiastiese lewe, met die doel om die voorheen onderdrukte goeie energie toe te laat om te vloei; onbeswaard.
As jy bereid is om betrokke te raak in hierdie selferkenningswerk, sal jy toegang tot die unieke skoonheid en groot rykdom van jou eie persoonlike skat kry. Met verloop van tyd, sal jy op ’n plek kom waar jy gelooflik dankbaar is vir enige finansiële uitdaging, net omdat jy dit kan omhels en op sy kop draai.
Deur lyding en verlies, kry ons dikwels die moed om te ontdek wie ons is, eerder as om die onvermydelike uit te stel of in vrees weg te kruip.
So raak ons die bron en die verpersoonliking van ons eie oorvloed.
Hennie Fritz


Kommentaar
Dankie Hennie...
Dit is dalk die mees waardevolle brief wat ooit hier verskyn het.
Dankie vir die kommentaar. Waardeer dit.