Hennie Fritz

Ek neem die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself. Dit mag dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees. Dit is goed so. © Aangesien dit myne is, behou ek die regte op die inhoud van my skryfgoeters. Alhoewel, kritiek en leiding sal ek waardeer.

Twintig-sestien

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-12-15

"Die plek waar ek my dagtaak volvoer se deure het Vrydag reeds vir die vakansie gesluit."

Mieta

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-12-04

"Dis al tien-oor-agt. Mieta sal seker nou-nou hier wees."

November

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-11-13

Hierdie tyd van die jaar is ’n nare tyd van die jaar ...

Lekker lag ou grote

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-11-09

Goeie komedie en lekkerlagstories was nog altyd op die meeste van ons  se lysie van voorkeure ...

So gesels die prent teen my muur

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-10-29

Dit is ’n valerige prent met ’n ewe vaal raam ...

Waaraan sou jy dink?

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-10-09 By ’n verkeerslig, by die uitdraai na Kalksteenfontein, hardloop troppies klein seuntjies agter ’n sokkerbal aan. Die een klonkie skop die bal woer-woer hier tussen die motors in en met die grondvat, hier skuins voor my, spring ’n jongerige meisie met ’n baba aan die bors op en sy trap die bierkrat waarop sy gesit […]

Drogdrome, hormone en klanke

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-10-06 My regterarm buig voor my linkerbors verby en met ’n ballende vuis aan die voorpunt van ’n mensgemaakte wapen, swaai ek die punt van my elmboog met spoed en met elke stukkie krag uit my skouer opwaarts, diep uit die wil van onreg in my binneste. Tot waar dit verby en deur die smalende uitdrukking […]

Daar is doel in die tekens

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-09-25

Moeder het altyd gesê dat ek nie ligsinnig moet wees nie ...

Voorspoedige Nuwejaar – dankie, maar wanneer?

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-09-15

Moenie verbaas wees indien jy vir iemand 'n Voorspoedige Nuwejaar toewens en hulle jou met 'n paar verwarrende ogies aankyk en vra: "Watter een?"

Vrae en vlugtelinge

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-09-09 Sedert ’n bedrewe fotograaf en joernalis die fotoverhaal van ’n lewelose kinderlyfie op ’n Turkse strand die wêreld ingestuur het, het die ganse geloofsgemeenskap weer hul gebedsmatjies nader gepluk om vir hierdie gestorwe gesin en ander soos hulle in te tree. Die heiligstes tussen ons het lysies met selfopgelegde genot weerhoudings opgestel en die sosiale […]

Bekentenis van 'n verraaier

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-09-02

Die slim mense sê dat versoening en wedersydse aanvaarding die plaveistene vir die pad na volksgeluk moet wees ...

Daar's waarheid in die wind

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-08-27 Die bus van Siniesfontein loop vandag weer deur die laagte duskant wantroue en oor die bulte van goeie bedoelings, knersend op sy sukkelpad na die strydende inwoners van Skeptiesville. Soms kan ’n mens met ’n glimlag by enige bushalte wag en die beste uit die rit verwag, maar ander kere, is die blote gedagte daaraan […]

Die mense by die kruisings

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-08-18

Dit is nou al maande wat dieselfde mense by dieselfde padkruising elke dag volgens 'n oënskynlike skofrooster by die motors 'n geldjie vra.

Mnr Louw was toe reg ...

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-08-13

Sommige dae neem dit moeite om my deurmekaar te maak, maar vir die meeste ander dae, is dit eintlik heel eenvoudig ...

Rooiwyn en room

Hennie Fritz SêNet-briewe 2015-08-06 Die vlamme klap rusteloos teen die agterkant van die vuurherd in ons huisie en op die mat voor die bank lê ons hond haar en strek. Die stadsraad het al weer ons beurt om krag te hê kortgeknip en met ’n vlammegloed en ’n paar kerse, sit ek en die skoonlief in my lewe en […]
Top