Nou die dag vertel iemand vir my ‘n lekker egte Suid-Afrikaanse grappie. Dit gaan soos volg:
In ’n kroeg in Jeppestown, Johannesburg, sit drie mense en drink. Twee mans en ’n vrou. Die mans is onderskeidelik van Nigerië en Zimbabwe. Die vrou is van Suid-Afrika. Na ’n aantal drankies raak die geselsery heftig en diep patrioties. Die Nigeriër gooi sy glas in die lug op, skiet dit flenters en verklaar: “In Nigeria we have so much corrupt money, we don’t need to drink from the same glass twice!”
Die Zimbabwiër laat nie op hom wag nie en doen dieselfde. Na die skoot geklap het, laat hy die gehoor hoor: “ In Zim glas is so cheap, we don’t need to drink from the same glass either!”Smalend loer die twee selfvoldaan na die vrou – so asof hulle wil sê – “beat that!”
Sy haal haar 9mm uit; laai dit oor, skiet beide die mans en sluk rustig haar bier, terwyl sy hulle groet met: “Hier in Jo’burg is daar so baie onwettige immigrante, ons hoef nie saam met dieselfde twee ’n tweede keer te drink nie!”
En ek het omtrent lekker gelag en hopelik doen wie ook al nou hier lees, dieselfde ...
Die kommerverhaal wat egter agter hierdie afgestompte grappie vertel kan word, is nie een van xenofobie nie, dit is ook nie een van rassehaat of selfs vroueregte nie, nee, dit is die verhaal van hoe ons mense aan die beginsel van “aanvaarding” gewoond geraak het. Hoe passief ons in die beskerming van ons eie waardestelsel en grondreg geraak het. Let wel, nie die politieke sirkussery waaraan ons deur die eeu gewoond geraak het nie, maar wel in die weë van ons daaglikse bestaan...
Hier by ons in die Skiereiland het daar op elke hoek-en-draai ‘n winkel met kenmerkende swak naamborde, prehistoriese winkel-uitleg en mense met amper of geen Engelse taalvaardighede oopgemaak. Die inwoners van die dorp het hierdie nuwigheid met omhelsing begroet. As jy iets nodig het, gaan kyk by die R5-winkel, as jy iets wil koop wat jy voor jou siel weet jy nie nodig het nie, maar lyk of dit oulik kan werk, dan gaan koop jy dit by die R5-winkel. Wanneer die taxi ankers gooi en op die rooilyn reg voor jou gou-gou parkeer, dan kan dit wees omdat die dames haastig is om ’n nuwe haredos by die R5-winkel te gaan aanskaf.
Van die sogenaamde “selfoonwinkels” hoef ons nie eens te gesels nie. Agter elke toonbank staan ’n nefie uit die Midde-Ooste uit die nageslag van Esau en al die krieket-kroekkende lande. Die vraag en term “how’zit man, are you well” en “it’s no problem” het nie meer dieselfde betekenis, of ten minste die behoorlike verwagting wat die Britte destyds in hul taalklasse in gedagte gehad het nie!
Klink dit bekend?
Dit behoort, want elke dorp het so ’n winkel of drie. Citrusdal het twee. Velddrif het drie. Bellville het baie meer as wat dit verdien.(Dan praat ons nie eens van die trotse bastions van geboue in die middedorp nie. Kantore wat deur hul pennieryke eienaars en/of agente vervalle gelaat is totdat die uitkoms, wat uit der helle neergedaal het, die inkomste-krane weer aan die drup gesit het! Mag die kontantpakkies van die Somaliese “gastehuise” vir hulle berusting bring. )
Ek sit hier op my sitvlak, voor my rekenaar, op ’n stoel by my lessenaar, in my kantoor, op ‘n warme somersdag. Hier binne is dit egter heerlik koel. Die lugversorger hou my mikroklimaat al rondom die 20-grade. My sitvlak is bedek met denim – Jannas. My jannas het ek by ’n klerewinkel, wat deur Jodemense besit word, gekoop. Die mense in Lesotho het die broek aanmekaargesit. Dis gaaf van hulle.
My rekenaar, die stoel, die lugversorger, die bril op my neus en seker meeste van die goeters wat ek met ’n enkele oogopslag sou kon raaksien, kom nie van hier af nie. Dit kom ook nie uit die R5-winkel met sy breek-my-nou-gemorsies nie, maar dit kom wel ook uit Sjina. Alles.
Toe ek nog gereeld klere gekoop het, het ek altyd in die binnekant van die broek gekyk, nie vir die stikselkwaliteit nie, maar om vas te stel waar die affêre vandaan kom. Indien dit êrens anders was dan het ek dit op die rak gelos. Ek het altyd hoendervleis gekoop, wat nie met volksvreemde godsdienstekens beslaan was nie; ek het my altyd verstom aan die eienaardig geklede buitelanders en my kop geskud wanneer ’n oorlaaide ou Toyota met skrootmetaal voor my in die verkeer aansukkel, op pad om sy kosbare vrag na hul rusplek te bring. Einde ten laaste, diep in die smeltoonde van Sjina.
Ek het altyd my windskerm by die Suid-Afrikaanse trots laat vervang. Maar, ek doen dit óók nie meer nie...
Tog weet ek dat die derduisende ingevoerde, sogenaamd goedgekeurde windskerms, honderde onbekende vriende binnekort werkloos gaan laat. Selfs al weet ek dat goedkoop koop duur koop is, doen ek dit tog. As die groot winkels en die mense wat voos van die sorge soos slaggoed voor die kasregisters aantree om dit en dat te koop sonder om te dink, te vra en te vereis, hoekom sal ek dit nie ook doen nie?
Iemand anders het eenkeer gesê “Sagte rots word sommer in 'n ommesientjie weggebeitel. ..”
En kort voor lank is ons gemeenskap, ons markte, ons kaste en laaie met goeters, gevorm na die beeld van hierdie nie-meer-so-vreemde (kul-) kunstenaars vanuit verre lande, lande wat eens aan die ander kant van ons wêreldjie was, maar nou ons bure is.


Kommentaar
Beste Hennie Fritz,