Cornelius Henn

Ek leef meestal op my boot op die oop see saam met my kat Dawnie en gaan net af en toe by Waiheke-eiland, naby Auckland, aan wal om voorraad aan te vul. My diepste wortels bly in Afrika – Boer en katoliek gebore. In ons Skepper se genade sal ek dit altyd wees. Vanuit hierdie wortels en my lewe op die water skryf ek my gedagtes oor vaderskap, geestelikheid en die reis saam met ander harte op verskillende paaie. Ek is dankbaar dat ek jare gelede al bydraes op LitNet kon lewer en dat ek nou weer stukkies van my reis kan deel.

Identiteit afsonderlik van seksuele oriëntasie?

Cornelius Henn 2013-08-08 Geslag is 'n erflikheidsfaktor en 'n oordraagbare EIENSKAP, en daarom is dit iets wat juis jou identiteit sal bepaal!

JA of NEE

Cornelius Henn 2013-08-07 Vir geruime tyd reeds ontduik die werf se sogenaamde ware gelowiges en Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk, Dolf van Loggerenberg en Trienie Mahne, my eenvoudige vrae rakende hul antiklerikale dwepery op die werf.

Tao, spiritualiteit , en om in wese te wees ... (vir almal met harte)

Cornelius Henn 2013-08-06 CJ Langenhoven het geseg: Dieselfde water wat 'n wyse man se meul draai, verspoel die dwaas se lande ...

Ter wille van die Evangelie

Cornelius Henn 2013-08-05 Ek vind dit werklik hardvogtig dat my belydenis en aanbidding van Jesus Christus as ons almagtige God, nie genoeg is vir die werf se Bybelaanbidders is nie, maar dat ek hul farisese drogma nog daarmee saam moet sluk en my hart afwater dat Jesus Christus net 'n bemiddelaar tussen God, en fundamentele "ware gelowiges" is ...

Naomi Meyer se besonderse onderhoud met Mervyn Eloff

Cornelius Henn 2013-07-30 Die punt wat ek egter hiermee wil uitsonder, is Naomi se laaste twee vrae, en Vader Mervyn se antwoord daarop.

Kobus de Klerk se New Age Spirituele Intelligensie herbesoek

Cornelius Henn 2013-07-30 Al wat mens nodig het om te doen, is om van tyd tot tyd publisiteit te verleen aan die Bybelaanbidders se bedrog, veral soos dit deur die "Spirituele Intelligente" Kobus de Klerk opgedis word.

Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, en die Bybel

Cornelius Henn 2013-07-29 Vir baie lank beskou ek onse afgetrede Aartsbiskop Tutu, as die grootste geestelike die afgelope eeu.

Dis gewis natuurlik ...

Cornelius Henn 2013-07-25 Prentjies spreek boekdele...

Pedofilie: George, Jaco Fourie, Wouter Ferns en die Katoliek

Cornelius Henn 2013-07-19 Die opsetlik en onredelik verkeerde voorstelling van kindermolestering, en om dit as 'n uitsonderlike Katolieke probleem te wil voorhou deur George, Jaco Fourie en Wouter Ferns, het my inderdaad verontrus.

Wouter Ferns se Afrikanerhaat en Ingelse aktivisme

Cornelius Henn 2013-07-08 Die Boere-Afrikanervolk is besig om uit te sterf ...

1913

Cornelius Henn 2013-07-04 Enigeen wat selfs net effe die Suid Afrikaanse geskiedenis ken, weet dat die Britte bewind in 1910 reeds geneem het, en hul groteske monument - die Uniegebou - ter herdenking daarvan in Pretoria opgerig het.

Vir Angus, Chris, Panda ... (en almal wat glo)

Cornelius Henn 2013-06-27 Hierdie advertensie vir 'n motorhandelaar is in Brittanje geskiet.

Oor 'n enige katolieke Kerk

Cornelius Henn 2013-06-24 Nietemin, die Roomses, Anglikane, Kopte, Helleenses, Ortodokses, Protestante, Apostolate, Baptiste, Evangeliese... en vele ander, is so deel aan die liggaam van Jesus Christus onse God; 'n enige katolieke Kerk in onse Skepper se liefde en genade.

Midrash en die sinkretiese uitdra van die Evangelie

Cornelius Henn 2013-06-21 Die Protestante dogma sola scriptura, word lank reeds in onkunde omtrent die gebruik van midrash in die Bybel deur sogenaamd ware gelowiges en ware ongelowiges, tot uiterstes gevoer.

Angus, ons gesig

Cornelius Henn 2013-06-18 Ek het werklik vrede met enigeen se gesig, doopnaam, en/of skuilnaam.
Top