Tao, spiritualiteit , en om in wese te wees ... (vir almal met harte)

  • 5

Heil die leser.

"Tao in woorde weergee, is nie die Ewige Tao nie. 'n Naam genoem, is nie die Ewige Naam nie ... "Onnoembaar" is die Skepper van Hemel en Aarde. "Noembaar" is die Moeder van alles wat bestaan. Beide uit dieselfde Oorsprong - hul verskil net in naam. In hul enigheid die misterie. Die geheim in die geheim, 'n poort na wonders ..."
Dis my vrye vertaling uit die inleiding van die Tao Te Ching, die leer van die Sjinese wysgeer Laotsze (± 600 vC) Dis ook die oudste beskrywing van die woord Tao na my wete.

Ek deel hierdie baie spesiaal met jou - jy die leser hier - en al die ander harte op die werf. Dis 'n besondere opname van dr Bevan Morris, president van Maharishi University of Management, wat handel oor die spiritualiteit in elkeen van ons. Met dié wat ek die skakel vir myself getoets het, het my gedagtes weer in rus en vrede weggevoer geraak in die geesvervulde stem van dr Morris.

Al is die woord "spiritualiteit", dalk 'n onlangse skepping uit Frans na Ingels (en toe weer Afrikaans), bestaan begrip daaraan reeds vanaf die mens se eerste bewustheid. Nes "braaivleis" dalk wel miskien 'n besonderse woord in ons jonge taal Afrikaans is, kom die gebruik om vleis op warm kole gaar te maak reeds lank voor ons taal.

So kom die begrip Tao (Dao), millennia reeds saam in elke mens se hart.

CJ Langenhoven het geseg: Dieselfde water wat 'n wyse man se meul draai, verspoel die dwaas se lande ...

As jy ’n Bybel dra kry die Duiwel kopseer; as jy dit oopmaak, val hy; as hy jou dit sien lees raak hy flou; as hy jou die Evangelie sien uitleef (foute en al), wel, dan tik hy dat die vonke spat, die rook dwarrel en "copy en paste" op die werf ...

Ene Wouter Ferns, se teatrale en dramaties uitgesproke woordevloed van afkeuring en kritiek onderhoofde "Boeknotas: The Study of Spirituality, Cheslyn Jones, Geoffrey Wainwright et al", lees soos die verspoelde lande waarna CJ Langenhoven verwys. Daarin beskryf Wouter "spiritualiteit", as iets besonder byvoorbeeld aan Kobus de Klerk en Dolf se "Spirituele Intelligensie", en doen hy terselfdertyd moeite om ander se spiritualiteit te misken - hetsy dit gelowiges of ongelowiges se sielelewe.

Wouter se tirades , "copy&paste" (spoeg en plak), sal wel infernale Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk en Dolf se narsisme bevredig, want nes Wouter dit ook aanhits, glo Kobus self ook dat net hy en diegene wat hom eer, oor "Spirituele Intelligensie" beskik.

Al lyk die mensdom soos 'n swerm sprinkane op trek iewers deur die Karoo, het 'n ieder hul eie asem van God ontvang. Dis God se Alomteenwoordige Gees wat die krag in elkeen se menswees is. Hierin leef elkeen die geskenk van hul eie werklikheid uit die hand van God, in God. Dit gaan nie oor ons bewustheid van God nie; dis ons ingebore band (Tao) met ons Skepper en ons verlange daarom na God wat soveel verheerliking van God oral op ons aarde meebring. 

Nie een is oor 'n ander in spiritualiteit verhewe nie!

Dis ook hoegenaamd nie moontlik vir enige dweepsieke in hul demoniese Bybelaanbidding, of hul kruiperige slimjannie-boewe, om te kan "weet" wat ander se wesenlike bedoeling, spiritualiteit, in hul verhouding met God is nie. 

Net God ken ons harte. 

Dis met hierdie agting vir die Heiligheid in elkeen se hart waarin ek my medemens - gelowig of ongelowig - se spiritualiteit eerbiedig en waar God se genade dit wil; ek soos Paulus, die Goeie Nuus by hul Godsdiens voeg.

Fundamentele Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk, is in die reël vyandig teenoor die verkondiging van die Evangelie en dat Jesus Christus, ons Almagtige Lewende Skepper is. Hy fabriseer allerlei dogma waarin Jesus Christus as ’n soort martelaar deur GOD daargestel is, maar nie ons Hemelse Vader self is nie. Vandaar Kobus de Klerk se vyandigheid ook jeens my belydenis dat Jesus Christus, God is, en daarom dat die Bybel nie die Woord van God (Jesus Christus) is nie.  Daarmee saam bied sy sikofant Wouter Ferns, sy eie slimjannie-boef oplossing deur gedurig elkeen na sy hoekie, en met sy eie god te probeer stuur.

Ja, beide Kobus en Wouter, is totaal verwyderd van die algemene spiritualiteit in gelowige en ongelowige harte, en die aanbidding van ons almal se Skepper, in die ganse mensdom heen.

Mag Jesus Christus onse Tao, self deel van elkeen se ingebore spiritualiteit op aarde word.

Namaste (ek buig nederig voor die spiritualiteit - Tao - in jou)!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, en katolieke groete,

Cornelius Henn

  • 5

Kommentaar

  • Cornelius

    Noudat jy weer hierbo getik het dat die vonke spat, die rook dwarrel en “ge-copy en ge-paste” het op die werf…..wil ek jou graag net vra: Bely hindoes, boediste, jode, moslems, en dies meer, Jesus as die Christus? Siende dat jy dikwels aandring op ‘n eenvoudige Ja of Nee, sal ek ook graag die een of die ander as antwoord wil hê.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

     

    In 'n tipies eensame "please call me" aan myself hier gerig, deel ek ook die volgende aanhaling uit 'n heel onlangse berig:  

    Last week, Pope Francis received a collection of world religious leaders in his first ecumenical and interreligious event. His address to them contained diplomatic niceties and specific expressions of good will aimed at Orthodox, Protestants, Jews, and Muslims. His remarks to the latter recognized that Muslims “worship the one living and merciful God, and call upon him in prayer.” ...  

    Lees dit hier: http://www.catholic.com/blog/todd-aglialoro/christians-muslims-and-the-one-god

    Die Apostels en eerste Christene, was almal Jode wat Jesus, as die Christus bely het. Vandag is daar in byna elke Godsdiens op aarde sulke Christene.  

    Christen, is nie 'n nuwe Godsdiens nie; dis 'n vervulling in, en aanvulling tot, enige bestaande Godsdiens.

    Die Evangelie sluit by alle ander Godsdienste aan wat ons Skepper dien en eer. Die kulturele aspek van elke Godsdiens bly egter dieselfde. Daarom is daar ook soveel "pagan"gebruike en ritusse wat deur katolieke - hetsy Joods, Hindoe, Moslem, Boeddhis..., geleef word.

    "Life of Pi", is ook 'n besonders realistiese verhaal van iemand wat meer as een Godsdiens in sy hart uitleef. 

    Cornelius Henn

     

     

  • Cornelius,

    Ek sien nie Christenskap as aanvullend tot alle godsdienste nie. Ek weet vir ‘n feit dat die hindoes, boediste, jode, muslims, en dies meer, NIE Jesus as die Christus bely NIE. God se genadeversoening in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus en daarmee tesaam, Sy (Jesus) se verdienste aan die kruis en Sy opstanding, beteken vir diesulkes NIKS nie. Jy kan nie daaraan verander nie al probeer jy ook hoe hard. Nog minder kan jy dít probeer verdoesel , kamofleer en kompromiseer om meer aanvaarbaar te wees en om alle godsdienste daardeur te probeer akkomodeer…. Jy sien, Cornelius, daar is net EEN evangelie en GEEN ander nie en dit is die evangelie van Jesus Christus soos vervat in die Bybel, die Woord van God, en soos verkondig is deur die apostels wat oog en oor getuies was en die refamotore.

    Jy beweer in een van jou vorige skrywes dat ek met minagting praat van jou mengelmoes-kardoes godsdiens en jy is reg. Nie net minag ek dit nie, ek verwerp dit dan ook as erge kettery.

    En daarmee volstaan ek dan. Ek dink jy en al die lesers is onder geen wanindruk oor die ware christen geloof wat ek bely nie.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

     

    Na jare se ervaring met Bybelaanbidders en ander slimjannies se sieklike selfliefde, verstaan ek jou streng voorstaan van dit wat jy as die grondslae van die sogenaamde ware Christelike godsdiens beskou, en daarmee ook jou oordrewe selfingenomenheid in jou verwerping van alle afwykende interpretasies daarvan.

     

    Patologiese narsimse dryf juis jou gedagte dat jy absoluut reg is en alles wat jy weergee - FEITE is - ongeag enige werklikheid buite jou eie verwysingsraamwerk!

     

    As 'n eenvoudige kind in die onverdiende liefde en genade van onse HERE, respekteer ek nog altyd alles wat jy, of enige ander in hul hart vind om te glo, of nie te glo nie.  

     

    Dis okei.

     

    Al is dit wat ek hier deel ook ten koste van myself, is ek dankbaar om te weet dat dit wel ter wille van die Evangelie is - hoe gering ookal!  

     

    Mag Jesus Christus onse HERE, self jou van jou farisese selfvergoding genees en mag jy ook eendag God se almag in elke ander skepsel op aarde buite jouself, se spiritualiteit sien en saam beleef.  

     

    Namaste!  

     

    Cornelius Henn    

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top